IDF doen wat hulle wil in Gaza: Israelse soldaat - July 7, 2025

Die kwessie van oorlogsmisdade in Gaza bly in die nuus, veral met die daaglikse sterftes van Palestyne wat na voedselverspreidingspunte gaan. ‘n Soldaat in die Israeliese weermag het met SkyNews gepraat oor hulle optrede. Hy is drie keer na Gaza ontplooi en sê elke bevelvoerder maak sy eie reëls. Hy is ook anoniem.

Read More

Okahandja-gemeenskap staan ‘daggaboere’-borgtog teen - July 7, 2025

Die vermeende daggaboere van Hochveld, David van der Linden en Armand Schultz, en ‘n werker sal vanaf môre tot Donderdag ‘n formele borgaansoek in die laerhof op Okahandja bring. Gemeenskapslede sal môre ‘n vreedsame demonstrasie in Okahandja hou, waar hulle die hof versoek om borgtog te weier. Kosmos 94.1 Nuus het met gemeenskapaktivis Johannes Gaseb […]

Read More

Kenners prys 2025 SA wynoes, uitvoere styg - July 7, 2025

Landboukenners het Suid-Afrika se 2025 wynoes as een van die beste in dekades beskryf, met volumes wat met 11-persent tot 1,2-miljoen ton gestyg het. Die bedryfsorganisasie South African Wine sê uitvoere word versterk deur ideale weer en ‘n verskuiwing na premiumwyne, en bedien nou meer as 120 markte, op van net 60 af in 2019. […]

Read More

Brittanje herdenk 2005 Londense terreuraanvalle - July 7, 2025

Dit is vandag 20-jaar sedert die Londense selfdood-bomaanvalle op 7 Julie waarin 52 mense gesterf het. Koning Charles het tydens die Britste herdenkings die gees van eenheid geprys wat ná die gruweldaad getoon is. Eerste minister Keir Starmer en Londen se burgemeester, Sadiq Khan, het kranse gelê by die gedenkteken in Hyde Park op die […]

Read More

Banyana maak gereed vir Ghana by Afrikabeker vir Vroue - July 7, 2025

Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê hulle is slaggereed om vanaand hulle Afrikabekertitel vir Vroue te begin verdedig teen Ghana in Marokko. Suid-Afrika, wat tweede op Afrika se ranglys is, speel ook in Groep C teen Mali en Tanzanië. Die Ghanese is terug in die kompetisie na ‘n afwesigheid van sewe jaar. Ellis […]

Read More

Sinomine weier arbeidminister toegang tot Tsumeb-myn - July 7, 2025

Arbeidsminister Wise Immanuel sou vandag met Sinomine Resources beraadslaag oor vrywillige afleggings by die Tsumeb-smelter. Sinomine se bestuur het egter volgens die NBC die minister, sy afvaardiging en sekuriteitspersoneel toegang tot die myn geweier of hulle moet almal alkohol-toetse aflê. Hulle het ook daarop aangedring dat die sekuriteitspersoneel hul wapens inhandig. Immanuel het toe met […]

Read More

Action SA soek aksie oor polisie-krisis, inmenging - July 7, 2025

ActionSA het aan die Parlement se speaker, Thoko Didiza, geskryf en ʼn dringende debat gevra oor die krisis in die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die groter strafregstelsel. Die volg na verdoemende bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Hy beweer daar is politieke inmenging, insluitend deur die Polisieminister, Senzo Mchunu, in sommige hoëprofielsake. Dereleen James van […]

Read More

Trump ‘dink nie’ hy gaan weerkundiges heraanstel nie - July 7, 2025

Die oorstromings in Texas se dodetal styg steeds met die jongste syfers wat aandui 82 mense is dood. Intussen kom president Donald Trump se administrasie onder skoot omdat soveel as as 1 155 chemici, bioloë, toksikoloë en ander wetenskaplikes, omtrent 75 persent van die land se omgewingsagentskap afgedank is met ‘n verdere 800 wat by […]

Read More

Mulder, 367 nie uit nie, maak geskiedenis in Zim - July 7, 2025

Krieket: Die waarnemende kaptein, Wiaan Mulder, het die beste toetstelling vir ‘n Suid-Afrikaner oortref op die tweede oggend van die tweede toets teen Zimbabwe in Bulawayo. Hy het die rekord van ‘n onoorwonne 311 verbeter wat Hashim Amla in 2012 op die Oval teen Engeland aangeteken het. Hulle is die enigste Protea-kolwers wat nog ‘n […]

Read More

Namfisa vat finansiële geletterdheid een tree verder - July 7, 2025

Namfisa het ‘n gebruikersvriendelike, veeltalige webwerf bekendgestel om finansiële geletterdheid te bevorder en Namibiërs te bemagtig om ingeligte finansiële besluite te neem. Dit dek onderwerpe soos versekering, pensioene en beleggings, en sluit interaktiewe gereedskap en die digitale gelukbringer Tulonga in. Kosmos 94.1 Nuus het met Victoria Raimond, bestuurder van korporatiewe kommunikasie en verbruikersopvoeding by Namfisa […]

Read More