Putin speel met Trump – kenner - October 22, 2025
Die ontmoeting van Amerikaanse president Donald Trump en Rusland se Vladimir Putin volgende week in Hongarye is van die tafel af. ‘n Withuis-amptenaar sê daar is geen planne vir ‘n ontmoeting in die nabye toekoms nie. ‘n Voorbereidende vergadering tussen die Amerikaanse buitelandse sake-minister Marco Rubio en sy Russiese eweknie Sergei Lavrov sou hierdie week […]
Begrotingstekort styg met 2% na 4% - October 21, 2025
Daar is ‘n begrotingstekort. Tydens haar middeltermyn-begroting het die finansminister Ericah Shafudah gesê die regering het 89,1 miljard Namibiese dollar verdien maar, 100,1 miljard dollar bestee. Die oorbesteding was veral aangedryf deur personeel onkostes en die begrotingstekort is op met 2 persent na 4 persent van BBP.
TLU-SA steun vervanging van SBE - October 21, 2025
Die landbouorganisasie TLU SA verwelkom die hernude openbare bespreking oor die ware gelykheid en inklusiewe ekonomiese groei. Dit volg na die DA begin het om druk uit te oefen vir die vervanging van die swartbemagtigingsbeleid deur die instelling van die Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal. Die party sê die wetsontwerp sal armoede teiken as […]
Japan se vroue-eerste minister het net 2 vroue in kabinet - October 21, 2025
Japan se nuwe eerste minister, Sanae Takaichi, het slegs twee ander vroue in haar kabinet van 19-lede ingesluit, al het sy Nordiese vlakke van verteenwoordiging beloof. Satsuki Katayama is die eerste vroue-minister van Finansies. Takaichi, ‘n bewonderaar van die voormalige Britse eerste minister, Margaret Thatcher, is vanoggend as die eerste vrou in die posisie aangewys. […]
Rassie voorsien uitdagende jaareind-toer - October 21, 2025
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle verwag ‘n taai en uitdagende jaareind-toer. Die voormalige Junior Springbok-stut en kaptein, Zachary Porthen, is die enigste nuweling wat in die groep van 36-speler ingesluit is vir volgende maand se toer. Die Bokke sal Japan op die eerste van volgende maand op die Wembley-stadion in Londen pak, gevolg deur […]
Bevrieste staatsdiensposte ‘n dilemma vir graduandi: Nanso - October 21, 2025
Reaksie kom steeds in oor die vul van die meeste staatsdiensposte wat bevries is weens begrotingsbeperkings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jessy Abraham van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, wat sê hulle is diep bekommerd oor waar graduandi nou werk gaan kry.
Nathan Chase wen RMB-velddriekamp enduro-titel - October 21, 2025
Die uitdagende jaarlikse RMB-velddriekamp by die Oanobdam naby Rehoboth se algehele manswedloop oor die enduro-afstand is deur die gunsteling, Nathan Chase gewen. Chase het die 1,1km swem, 28km fietsry en 8,4km hardloop in 1 uur, 55 minute en 13 sekondes voltooi. Die veteraan Mark Spath het tweede gekom, met Jan-Louis Mostert derde oor die wenstreep. […]
Min beweegruimte vir Shafudah in middeltermynbegroting - October 21, 2025
Die finansminister het laat begin met die voorlesing van die middeltermynbegroting en dit wil voorkom asof sy min beweegruimte het. Ericah Shafudah sê daar is ‘n verlangsaming in globale ekonomiese groei vooruitskattings, ook vir Afrika suid van die Sahara. Plaaslik is ekonomiese groei ook laer met verlaagde inkomste, befondsingsdruk en prioriteitsbesteding wat toegepas moet word.
Tweede M-pokke geval in Swakopmund aangemeld - October 21, 2025
Namibië het sy tweede geval van M-Pokke aangeteken. Beide gevalle is in Swakopmund aangemeld, terwyl ‘n ander persoon in Rundu vermoedelik die siekte onder lede het. Dit is deur die gesondheidminister, Esperance Luvindao, in die Nasionale Vergadering aangekondig.
Ons moet praat oor uitwissing van geringe kriminele rekords - October 21, 2025
Die regering word aangespoor om ‘n stelsel vir die uitwissing van geringe kriminele rekords in werking te stel, soos in Suid-Afrika en vele ander lande. Kommentators sê mense met rekords vir geringe misdade, dikwels gepleeg toe hulle baie jonk was of baie jare gelede, kan nie werk kry nie, omdat maatskappye en regeringsinstellings aandring op […]