Verslag oor George-gebou se ineenstorting moet vrygestel word - July 7, 2025
Die GOOD-party in die Wes-Kaap vra die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, om die Raad vir die Bou-Omgewing se finale verslag oor die instorting van ‘n gebou in George onmiddellik vry te stel. Vier-en-dertig mense is dood toe ‘n vyfverdieping-woonstelgebou in aanbou in Mei verlede jaar ingetuimel het. Chantelle Kyd van GOOD […]
Wêreldekonomie kan met 1,4% groei as jongmense landbou betree - July 7, 2025
‘n Nuwe VN-verslag sê jongmense regoor die wêreld kan kritieke agente van verandering wees vir die toekoms van voedselsekerheid, ekonomiese groei en klimaatsveerkragtigheid. Maar gekoördineerde globale optrede is nodig om hul potensiaal te ontsluit. Die oorbrugging van die werkloosheidsgaping vir die jeug in die landbou kan die wêreldekonomie met 1,4 persent verhoog. Die verslag merk […]
Vyf Afrika-presidente reis na VSA na sluiting van USAid - July 7, 2025
Vyf Afrika-leiers sal na Washington reis om kommersiële geleenthede met die Amerikaanse president Donald Trump te bespreek. Presidente van Guinee-Bissau, Senegal, Mauritanië, Liberië en Gaboen is na die Afrika-leiersberaad genooi, wat na verwagting sal handel oor belegging, veiligheid en handel. Die vergadering is geskeduleer vir 9 tot 11 Julie. Die aankondiging kom kort op die […]
Naweek se brande is pure nalatigheid - July 7, 2025
Verskeie brande het die afgelope naweek rondom Windhoek uitgebreek, met groot voorvalle wat by Daan Viljoen, Ongos, en langs die lughawepad aangemeld is. Kosmos 94.1 Nuus het met Fillipus Sikongo, senior stasiebeampte van die Stad Windhoek se Brandweer gepraat wat sê daar is strawwe vir mense wat doelbewus brande stig sowel as mense wat probeer […]
Handel moet pluimveestelsel oorhandig - July 7, 2025
Pluimveeprodusente in die land is ongelukkig omdat hulle heffings sedert 13 Januarie vanjaar aan die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad betaal maar, kry nie die nodige beskerming nie. Ingevolge die wet het die raad beheer oor die pluimveebedryf, saam met invoere, toe oorgeneem maar, die handelsministerie het nog nie sy onttrekkingsproses begin nie. Plaaslike media berig […]
Ontleder meen bateverklarings se egtheid belangriker as staatspensioenvoordeel - July 7, 2025
Reaksie word ontvang na visepresident Lucia Witbooi die staatspensioen van 1 600 Namibiese dollar gelys het onder haar voordele in haar bateverklaring. Daar is egter talle kabinetslede wat die oumens pensioen ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met Frederico Links van die ATI Action Coalition in Namibië gepraat.
Trump dreig BRICS-ondersteuners met ‘n verdere 10% - July 7, 2025
President Donald Trump sê die VSA sal ‘n bykomende 10 persent tarief hef op enige lande wat hom by die “anti-Amerikaanse beleide” van die BRICS-groep skaar. BRICS vergader tans in Brasilië. Met forums soos die G7- en G20-groepe van groot ekonomieë wat deur verdeeldheid en die ontwrigtende “Amerika Eerste”-benadering van Trump belemmer word, stel BRICS […]
Gesondheid ken 52 beurse toe - July 7, 2025
Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het 52 beurse toegeken om die tekort en vaardigheidsgaping in die gesondheidsektor aan te spreek, veral tussen landelike en stedelike gebiede. Die beurse dek velde soos tandheelkundige terapie, optometrie en mediese ingenieurswese. Luvindao sê dat die beurse onder Projek 2013 val, wat reeds 586 gegradueerdes opgelewer het, met 400 wat […]
EFF eis Mchunu skorsing na KZN-onthullings - July 7, 2025
Die EFF eis die onmiddellike skorsing van die minister van Polisie Senzo Mchunu en die adjunk-nasionale kommissaris vir Misdaadopsporing, Shadrakc Sibiya. Dit volg na die skokkende onthullings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, insluitend politieke inmenging in sake wat die polisie ondersoek. Die EFF se woordvoerder, Sinawo Thambo, sê die voorsitter van die Parlement se […]
Kagame glo nie vredesooreenkoms met DRK sal hou nie - July 7, 2025
Die Rwandese president Paul Kagame sê hy is onseker of ‘n vredesooreenkoms wat deur die VSA bemiddel is met die Demokratiese Republiek van die Kongo sal hou. Die ooreenkoms wat verlede week onderteken is, vereis dat Rwandese troepe binne 90 dae uit die oostelike DRK onttrek, waar die Verenigde Nasies sê hulle ondersteun M23-rebelle wat […]