Bibi en Trump ontmoet, gyselaars op die agenda - July 7, 2025
Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu sê sy ontmoeting vandag met president Donald Trump in Washington behoort by te dra tot ʼn ooreenkoms om nog gyselaars vry te laat en ʼn skietstilstand in Gaza te bereik. Dit volg nadat die jongste ronde samesprekings vir ʼn skietstilstand Sondag in Doha misluk het. Netanyahu sê 205 van […]
Regering het geen aansporings aan TotalEnergies gebied nie - July 7, 2025
Die Namibiese regering het, deur die Stroom-op Petroleumeenheid in die Presidensie, verduidelik dat hy geen aansporings aan TotalEnergies gebied het vir die ontwikkeling van die Venus-olieveld nie. Mining and Energy berig daar is nog geen gesprekke tussen die oliereus en die regering nie. Die eenheid sê verder dat die regering nooit bevestig het dat hy […]
BKS: Melk van kwarantyn-plase sal bemark kan word - July 7, 2025
Die Departement van Landbou sê met sommige provinsies wat sukkel met bek-en-klouseer, het hulle besluit om toe te laat dat melk van kwarantyn-plase in Limpopo en die Oos-Kaap op die plaaslike mark vrygestel word. Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het die opheffing van die siektebestuursgebiede aangekondig nadat verskerpte pogings deur die Veeartsenykundige Dienste suksesvol […]
Dooiepunt in Oekraïne vrede-gesprekke frustreer - July 7, 2025
Tymofiy Mylovanov, die president van Kiëf se Ekonomiese Skool en voormalige ekonomieminister in die Oekraïne, sê die stop van die besending van Patriot-missiele na sy land, sowel as die dooiepunt tussen presidente Putin en Trump is uiters frustrerend. Hy het in ‘n onderhoud met CNN gesê al wat gaan gebeur is nog mense sal sterf.
Erin Patterson skuldig aan sampioen moorde - July 7, 2025
ʼn Jurie van 12 lede het die Australiese vrou, Erin Patterson, skuldig bevind op drie aanklagte van moord. Sy het in Julie 2023 aan haar vervreemde man se ouers, Don en Gail Patterson, en sy tante, Heather Wilkinson, gebakte beessteak voorgesit wat giftige sampioene bevat het. Sy is ook skuldig bevind aan poging tot moord […]
N$300 000 in kontant by Chinatown-winkel gesteel in roof - July 7, 2025
Sowat 300 000 Namibiese dollar in kontant is Vrydagoggend tydens ‘n gewapende roof in ‘n tekstielwinkel in Chinatown in Windhoek gesteel. Vier verdagtes, twee met pistole, het by die winkel ingebreek en drie slagoffers met die wapens gedreig. Buiten vir die geld, het die rowers ook ‘n pistool, vier magasyne, ammunisie, ‘n diamantring en ander […]
Gemeenskap ruk op teen aspekte van Stad Windhoek se bestuur - July 7, 2025
Gemeenskapslede in die hoofstad word uitgenooi na ‘n perskonferensie vandag om half-11 by die Katutura-jeugkompleks. Gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat verskeie aspekte van Stad Windhoek se bestuur, insluitend sy rekeningstelsel, sal onder die loep kom.
Onwettige immigrante in SA mag mediese behandeling ontvang - July 7, 2025
Die Young Intelligent Minds of South Africa sê onwettige buitelandse burgers kan nie toegang tot gesondheidsorg as gevolg van hul status geweier word nie. Die YIMOSA-leier, Jeffrey Mabunda, sê dit volg nadat die Forum for South Africa en ActionSA die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie veroordeel het omdat hulle gesê het buitelandse burgers moet nie toegang geweier word […]
Brittanje herdenk 20 jaar sedert 7/7-aanvalle - July 7, 2025
Dit is vandag 20 jaar sedert die sogenaamde 7/7 terreuraanvalle in Londen. Premier Keir Starmer, koning Charles en die minister van binnelandse sake, Yvette Cooper, het dit gevier. Islamitiese selfmoordbomaanvallers het 52 mense gedood en meer as 770 beseer. Twee weke na die aanvalle in 2005 het vyf ander selfmoordbomaanvallers probeer om soortgelyke toestelle op […]
Ivoor-smokkelary, stropery,duur voort - July 7, 2025
Drie mans is Saterdagmiddag op Mariental in hegtenis geneem toe hulle na ‘n koper gesoek het vir ‘n olifanttand wat na bewering in hulle besit was. Een van die verdagtes is tydens die voorval geskiet. Hy is in ‘n stabiele toestand in ‘n hospitaal in Windhoek. Die waarde van die olifanttand is nog nie vasgestel […]