Whk-onnie verskyn weer - July 7, 2025
Die Windhoek-onderwyser, die 27-jarige Rohan Bezuidenhout sal weer na verwagting vandag in die Windhoek-landdroshof verskyn. Hy is vas op twee aanklagte van verkragting waarby ‘n tienerseun na bewering betrokke was. Hy het sy eerste verskyning op 12 Mei gemaak voor Mutafela Muharukua. Die staat beweer dat Bezuidenhout ‘n 13-jarige seun verkrag het in ‘n koshuis […]
Slagoffers moet nie sake terugtrek nie - July 7, 2025
Die Gautengse portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het ‘n ernstige waarskuwing gerig aan misdaadslagoffers, veral slagoffers van geslagsgeweld, om nie strafregtelike sake teen oortreders terug te trek nie. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê dit kom te midde van groeiende kommer oor ‘n ontstellende tendens wat pogings om geslagsgeweld te bestry en oortreders aanspreeklik te hou, ondermyn. Hy […]
Indië verpletter Engeland met 336 lopies - July 7, 2025
Indië het Engeland met 336 lopies in die tweede toets op Edgbaston geklop om die reeks van vyf wedstryde een elk gelykop te maak. Die gashere het ‘n reusetaak gehad om 608 lopies te jaag, maar is vir 271 voor teetyd op die vyfde en laaste dag uitgehaal. Akash Deep van Indië het deurgaans met […]
Vrou, 20 vas vir verberging van geboorte - July 7, 2025
Die Namibiese polisie sê die liggaam van ‘n babaseun is Saterdagoggend in Okakwiyu in die Oshikoto-streek in ‘n balie gevind. Die mag sê die vonds is gemaak toe die verdagte deur die eienaar van die huis versoek is om haar kamer oop te sluit en oop te maak nadat sy die gehuil van ‘n baba […]
SA amptelik in routydperk vir Mabuza - July 7, 2025
President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat voormalige adjunkpresident, David Mabuza, Saterdag in Mpumalanga met ʼn Kategorie 2-staatsbegrafnis vereer sal word. Die 64-jarige Mabuza is verlede week na ʼn kort siekbed in Johannesburg dood. Die president het ook ʼn routydperk afgekondig wat van vandag tot Saterdagaand sal duur. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die landsvlag […]
Ruto al hoe meer ongewild - July 7, 2025
Skaars twee jaar na sy presidentskap is daar talle oproepe vir Kenia se William Ruto om uit te tree. Die veldtog, ‘Wantam’ of een termyn, word gekenmerk deur betogers wat hulle wysvingers in die lug hou en sê Ruto moet die presidentskap ontruim wanneer sy termyn in 2027 verstryk. Die vyfde president van Kenia het […]
Musk se party sal chaos skep – Trump - July 7, 2025
Amerika se president Donald Trump het Elon Musk se besluit om ʼn nuwe politieke party te stig, gekritiseer en sê ʼn derde party sal nooit werk nie. Die miljardêr het op sy sosialemediaplatform X aangekondig hy het die America Party gestig en beskryf dit as ʼn uitdaging vir die tweepartystelsel van Republikeine en Demokrate. Trump […]
Cirrus sê Wêreldbank verskuiwing is goeie ding - July 7, 2025
Cirrus het ‘n ontleding gedoen na Namibië vanaf die boonste middelinkomste band na die laer middelinkomste band geskuif is deur die Wêreldbank. Die Cirrus ekonoom Tannan Groenewald sê dis nie negatief nie.
Brent kan tot US$60 daal na Opul produksie verhoog - July 7, 2025
Opul het Saterdag besluit om olieproduksie in Augustus met 548 000 vate per dag te verhoog. Dit is hulle eerste vergadering sedert oliepryse gestyg en weer gedaal het ná die VSA en Israel se aanvalle op Iran. Die groep, wat helfte van die wêreld se olie lewer, het produksie sedert 2022 beperk, maar draai nou […]
Goeie pryse by Outjo se wildsveiling behaal - July 7, 2025
Die bekende en gewilde Outjo Wildsfees se wildsveiling aangebied deur Du Preez Wild was ‘n groot sukses. Gemiddelde pryse vir ‘n Swartwitpens-bul was 148 000 Namibiese dollar terwyl ‘n bastergemsbok-bul teen 110 000 dollar verkoop het. Ander bulle wat goeie pryse behaal het sluit in ‘n gemsbok wat teen 50 000 dollar verkoop het, sowel […]