Namcor kort reddingsboei, N$1,3 miljard in die rooi - July 7, 2025

Namcor se finansiële penarie raak toenemend benard met dié nasionale petroleumkorporasie wat ‘n rekord netto verlies van bykans 1,3 miljard Namibiese dollar in sy 2022/23-boekjaar gely het. Namcor se syfers vir die afgelope finansiële jaar is nog nie bekend nie, aangesien dit tans geoudit word. Volgens Namcor se woordvoerder, Utaara Hoveka, dra verskeie faktore by […]

Read More

Emosionele koebaai aan Ozzy Osbourne - July 7, 2025

Ozzy Osbourne het met Black Sabbath herenig vir ‘n laaste optrede en emosionele ware metal-afskeid. Back To The Beginning by die Villa Park-stadion was die “laaste buiging” vir die man wat vereer word as ‘n stigter van heavy metal. Osbourne het jare reeds gesondheidsprobleme, insluitend Parkinson se siekte. Hard rock-bekendes soos Metallica en Steven Tyler […]

Read More

Bank Windhoek hersien ook fooie - July 7, 2025

Bank Windhoek het ‘n hersiene fooistruktuur bekendgestel in reaksie op ekonomiese druk en ‘n geprojekteerde inflasiekoers van 4,5 persent. Die aanpassings is daarop gemik om diensgehalte met bekostigbaarheid te balanseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Zenaune Kamberipa, die bank se hoof finansiële beampte gepraat.

Read More

Wetstoepassers ontplooi by hospitale in buurland - July 7, 2025

Die regering sê die Polisieministerie en die Departement van Gesondheid het openbare orde-polisiëring ontplooi om wet en orde by gesondheidsfasiliteite te handhaaf, aangesien Suid-Afrikaners buitelandse burgers verhoed om toegang te verkry. Die waarnemende regeringswoordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê wetstoepassers sal voortgaan om die wet toe te pas, en daadwerklike stappe doen teen diegene wat die reg […]

Read More

Texas dodetal styg tot 81 - July 7, 2025

Reddingspogings gaan voort ná oorstromings Vrydag in die Texas Hill County waarin minstens 81 mense dood is. Dit sluit minstens 28 kinders in die Kerr-distrik in waar tien meisies en een berader van Camp Mystic steeds vermis word. Meer as 800 mense is al gered. Texas-goewerneur Greg Abbott sê owerhede sal alles moontlik doen om […]

Read More

Norris vat Britse Grand Prix - July 7, 2025

Lando Norris van McLaren het die Britse Grand Prix gewen in sy eerste sege voor sy tuisskare. Sy spanmaat, Oscar Piastri, wat ʼn tien-sekonde-boete gekry het na omstredenheid met ʼn veiligheidsmotor, was tweede. Nico Hulkenberg van Sauber is derde. Hy het in die 19de plek weggespring en verskyn na 239 pogings die eerste keer op […]

Read More

Namibië nie meer in erge hongerkrisis, sê FAO  - July 6, 2025

Danksy gunstige weersomstandighede word Namibië nie meer beskou as een van die lande met die ergste voedselonsekerheid ter wêreld nie. Die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies se jongste Hunger Hotspot-verslag toon Namibië, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Zambië en Zimbabwe word nie langer krisislande geklassifiseer nie. Die FAO het egter gemaan dat moontlike klimaatsveranderings in die […]

Read More

Gure weer hou Wes-Kaap gevange - July 6, 2025

Die Wes-Kaapse Provinsiale Rampbestuursentrum bly op hoë gereedheidsgrondslag terwyl slegte weersomstandighede voortduur. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bevestig dat nog koue, nat en winderige weer op pad is, met reënval van tien tot 20 millimeter wat in verskeie gebiede verwag word, veral in bergagtige streke. Die woordvoerder van die departement van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, […]

Read More

Sterk standpunte van Brics verwag  - July 6, 2025

‘n Beraad vir Brics-lande begin vandag in Rio de Janeiro, waar hulle na verwagting sterk standpunt teen die konflik in die Midde-Ooste gaan inneem, asook kapsie maak teen president Donald Trump van Amerika se handelstariewe. Die stad is gasheer vir leiers en diplomate van 11 opkomende ekonomieë, insluitend China, Indië, Rusland en Suid-Afrika, wat byna […]

Read More

Tennis: Krejcikova se trane loop by Wimbledon  - July 6, 2025

Barbora Krejcikova se heerskappy as Wimbledon-kampioen het Saterdag tot ‘n tranerige einde gekom toe die Tsjeg ‘n nederlaag teen die Amerikaanse tiende gekeurde Emma Navarro gely het. Krejcikova het gesukkel met ‘n besering en het op die hoofbaan in trane uitgebars toe Navarro gewen het. Dit is die jongste skok in die vrouetoernooi waar vyf van […]

Read More