Voetgangersterftes verdubbel in Namibië - July 6, 2025
Die veiligheid van voetgangers op Namibië se paaie is toenemend ‘n bron van kommer, sê die Motorvoertuig-ongelukkefonds, die MVAF. Altesaam 555 voetgangers was tot dusver vanjaar in padongelukke betrokke, 13,5 persent meer as die ooreenstemmende tydperk in 2024. Sterftes het met meer as die helfte gestyg – van 63 tot 96.
Oudit oor SA spookwerkers dringend nodig - July 6, 2025
‘n Deurwinterde arbeidsadvokaat, Michael Bagraim, het gevra vir ‘n deurtastende spookwerker-oudit in alle nasionale en provinsiale regeringsdepartemente. Hy sê in Mei vanjaar het die minister van finansies, Enoch Godongwana, ‘n uitgawe-oorsig vir opruiming van meer as 300 miljard rand sedert 2013 bekend gemaak om ondoeltreffende regering, insluitend spookwerknemers, uit te roei. Bagraim sê spookwerknemers in […]
Dalai Lama vier 90ste verjaardag - July 6, 2025
Duisende Tibettaanse Boeddhiste het vandag na Indië se Himalaja-dorp Dharamshala gestroom om die 90ste verjaardag van die Dalai Lama te vier. Die Dalai Lama het volgelinge van sy “goeie fisieke toestand” verseker en gesê dat hy nóg 40 jaar – tot 130 – gaan leef. Vroeër vandeesweek het dié godsdienstige leier gesê planne is in […]
Tour de France: Jasper Philipsen dra geel trui - July 6, 2025
Daar was gemengde gevoelens onder die duisende Belgiese ondersteuners wat gister oor die grens gestroom het vir die eerste skof van die Tour de France. Die Belg Jasper Philipsen was eerste, maar sy landgenoot Remco Evenepoel het waardevolle tyd verloor. Philipsen het die geel trui gewen in dolle snelrit in die noordelike stad Lille, terwyl […]
Kabeldiefstal kortwiek Nored - July 6, 2025
Koperkabeldiefstal bly ‘n reuse-uitdaging vir Nored, met veral Rundu, Oshikango, Okongo, Ondangwa, Choto en seker dele van Kunene wat kwaai deurloop. Volgens Nored se woordvoerder, Simon Lucas, moes Nored reeds sowat 2,7 miljoen Namibiese dollar aan die vervanging van kabels en toerusting bestee. Dit sluit nie die verliese in wat deur kragonderbrekings weens diefstal veroorsaak […]
SA minister wil lyfstraf in tronke hê - July 6, 2025
Die polisie- en gevangenisvakbond, Popcru, sê hulle verwerp ten sterkste die idee om geweld as ‘n instrument van regstelling by korrektiewe instellings te gebruik. Vakbondwoordvoerder, Richard Mamabolo, het gereageer op die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, se beroep vir die herinstelling van lyfstraf in korrektiewe sentrums. Mamabolo sê die voorstel is nie net ongrondwetlik […]
Veldbrande saai verwoesting in Griekeland - July 6, 2025
Veldbrande het uitgebreek op ‘n eiland en in dorpe naby Athene in Griekeland, met Turkye en Sirië wat ook deurloop. Twee dorpe op die eiland Evia is ontruim nadat ‘n brand laat Vrydag uitgebreek het. Meer as 160 brandbestryders, 46 brandweerwaens en vyf vliegtuie is na die eiland ontplooi. Evia is een van verskeie streke […]
Grand Prix: Verstappen spring voor weg - July 6, 2025
Max Verstappen van Red Bull spring eerste weg in die Britse Grand Prix na Saterdag se kwalifiserende ronde by Silverstone. Die kampioenskapsvoorloper, Oscar Piastri van McLaren, is langs die Nederlander in vandag se wedren. Piastri was op koers om voor te begin, maar Verstappen het dit met ‘n perfekte laaste ronde en slegs ‘n tiende […]
Visserye: Té min geld vir waarnemers - July 6, 2025
Namibië se visseryewaghond het tans net 121 waarnemers op bote en in fabrieke, omtrent die helfte minder as wat nodig is vir doeltreffende monitering. Volgens die waarnemersagentskap vir visserye, die FOA, het hulle nie genoeg geld om meer waarnemers aan te stel nie. Die agentskap is ook nie by magte om oortredings self te ondersoek […]
‘Rwanda sal nie met hom laat speel nie’ - July 6, 2025
Rwanda se president, Paul Kagame, het die VN-bemiddelde vredesooreenkoms met die DRK verwelkom, maar sê die land sal terugslaan indien die DRK nie daarby hou nie. Kagame het tydens ‘n nuuskonferensie gesê hy het sy bedenkinge oor die DRK se voornemens. Die vredesooreenkoms is verlede week gesluit en bepaal dat Rwanda se troepe binne 90 dae […]