Musk gaan eie party in Amerika stig  - July 6, 2025

Miljardêr Elon Musk het Saterdag gesê hy gaan ‘n nuwe politieke party, America Party, stig. Dit volg enkele weke ná sy dramatiese uitval met president Donald Trump oor die leier se ‘Big, Beautiful Bill”, wat Musk sê gaan Amerika bankrot maak. As gebore Suid-Afrikaner mag Musk nie aan ‘n presidensiële verkiesing in Amerika deelneem nie. Hy […]

Read More

Atletiek: Keniane skitter by diamantliga  - July 6, 2025

Kenia se Beatrice Chebet het Saterdag die wêreldrekord vir die 5 000 m vir vroue by die Eugene-diamantliga in Amerika gebreek. Die Olimpiese kampioen se tyd was 13 minute en 58,06 sekondes. Haar spanmaat, Faith Kipyegon, het haar eie rekord in die 1 500 m gebreek met ‘n tyd van 3 minute en 48,68 sekondes. […]

Read More

Niks verdag aan sekuriteitstender, sê Namdia  - July 6, 2025

Namdia sê die opgradering van veiligheid ná ‘n gewapende roof in Januarie het aan die vereistes van Namibië se verkrygingswet voldoen. Namdia het Saterdag in ‘n verklaring beweringe van ongeruimdhede met dié verkryging deur die parlementariër Job Amupanda ontken. Die SOE wou om veiligheidsredes nie besonderhede oor die opgraderingsmaatreëls verskaf nie, maar het gesê die […]

Read More

Ramaphosa moet menseregtekommissie ondersoek - July 6, 2025

Die Forum for South Africa het president Cyril Ramaphosa versoek om volledig ondersoek in te stel na die werksaamhede van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie voordat dinge handuit ruk. Forumleier Tebogo Mashilompane sê vir jare het baie gemeenskappe regoor die land geen drinkwater gehad nie. Dit is ‘n skending van menseregte, maar daar is geen bestendige poging […]

Read More

Australië belowe streng optrede ná anti-Semitiese aanvalle  - July 6, 2025

Australië se eerste minister, Anthony Albanese, het sterk optrede belowe ná ‘n voorval van oënskynlike brandstigting by ‘n sinagoge in Melbourne. Die polisie soek na ‘n man wat Vrydagaand vloeistof op die sinagoge se voordeur gegooi het voordat hy dit aan die brand gesteek het. Sowat 20 mense wat binne geëet het, is sonder enige […]

Read More

Kanovaart: McGregor, Nisbett wen Bergrivier-marathon  - July 6, 2025

Die 47-jarige Hank McGregor het gister sy sterk voorsprong van 10 minute behou en so sy ongelooflike 14de Bergrivier-kanomarathon gewen nadat hy die vierdaagse marathon in Velddrif voltooi het. Die 53-jarige Robbie Herreveld was tweede, wat die gekombineerde ouderdom van die twee top-roeiers ‘n verstommende 100 jaar maak. Die KwaZulu-Natalse roeier Jenna Nisbett het tweede […]

Read More

24 skape naby Uis gesteel, geslag  - July 6, 2025

Die polisie ondersoek ‘n saak van veediefstal ná 24 skape tussen Donderdag en Vrydag by die Otaveva-nedersetting naby Uis gesteel is. Die verdagtes het die skape geslag en die karkasse in die voertuig gelaai. Die waarde van die gesteelde skaap word op 48 000 Namibiese dollar beraam. Niemand is nog in verband met die voorval […]

Read More

Polisie by hospitale, klinieke in SA ontplooi  - July 6, 2025

Polisie en amptenare van binnelandse sake is by gesondheidsfasiliteite in Suid-Afrika ontplooi waar betogers weier dat buitelanders, veral onwettige immigrante, toegang tot dié geriewe het. Beeldmateriaal op sosiale media versprei wyd van verskeie voorvalle waar betogers, gefrustreerd deur swak gesondeheidsdienste, toegang tot fasiliteite versper en keer dat immigrante behandel word. ‘n Regeringswoordvoerder, Nomonde Mnukwa, het […]

Read More

Vloede in Texas eis minstens 50 lewens - July 6, 2025

Minstens 50 mense, insluitende 15 kinders, is dood in kitsvloede in Texas, en die oorstromings is as ‘n federale ramp in die staat verklaar. Grootskaalse skade aan paaie en brûe is aangerig en wydverspreide kragonderbrekings het voorgekom. Intussen soek reddingspanne onverpoos na nóg 27 mense wat by ‘n somerkamp vir meisies vermis word. Die goewerneur […]

Read More

Namibië spog met tien medaljes by jeugspele  - July 6, 2025

Namibië het tot dusver tien medaljes by die 11de uitgawe van die Afrika-unie Sportraad se Streek 5 Jeugspele in Windhoek en Swakopmund verower – vier silwer en ses brons. Teen Saterdagmiddag het Suid-Afrika die meeste medaljes ingepalm. Dié land het nege goue medaljes, nege silwer en ses brons medaljes gewen. Botswana lê in die tweede […]

Read More