Smokkel uit Angola ‘n ‘alledaagse verskynsel’  - July 6, 2025

Die polisie in Ohangwena het sedert 2023 altesaam 234 mense vir die smokkel van onwettige brandstof en ander goedere inhegtenis geneem. Volgens die polisiehoof in die streek, kommissaris Ottilie Kashuupulwa, het smokkelary ‘n alledaagse verskynsel geword en is dit moeilik om te beheer. Smokkelaars vlug dikwels terug na die Angolese kant van die grens sodra […]

Read More

Kaapse vloede ontwrig duisende - July 6, 2025

Die Stad Kaapstad sê hy doen ‘n evaluering ná die naweer se swaar neerslae wat ‘n uitwerking gehad het op ‘n aantal gebiede, insluitend Mfuleni, Gugulethu en Khayelitsha. Die stad se woordvoerder vir ramprisikobestuur, Sonica Lategan, sê die Vygieskraal-kanaal het oorstroom, wat ‘n uitwerking gehad het op ‘n aantal paaie in die Athlone- en Belgravia-gebied. […]

Read More

Israel, Hamas praat vandag oor skietstilstand  - July 6, 2025

Israel het ingestem om vandag ‘n afvaardiging na Katar te stuur vir onderhandelinge met Hamas oor die jongste voorstel vir ‘n wapenstilstand- en gyselaarsvrystellingsooreenkoms in Gaza. Die kantoor van die Israeliese premier Benjamin Netanyahu sê dit is ondanks onaanvaarbare veranderinge waarop Hamas aandring in die plan wat deur bemiddelaars van Katar, die VSA en Egipte […]

Read More

Rugby: Springbokke draf Italië kaf  - July 6, 2025

Die Springbokke het Saterdag hul toetsseisoen met ‘n oorwinning van 42-24 teen Italië op Loftus Versfeld afgeskop. Senter Jesse Kriel, in sy eerste toets as Bok-kaptein, het vir ‘n drie gesorg, terwyl skrumskakel Morne van den Berg twee keer agter die doellyn gaan kuier het. Vleuel Kurt-Lee Arendse, stut Vincent Koch en losvoorspeler Marco van […]

Read More

NamPower versoek om rente te skrap - July 5, 2025

Plaaslike- en streeksowerhede se agterstallige skuld by NamPower neem gemiddeld met 10 miljoen Namibiese dollar elke maand toe, sê die Elektrisiteitsbeheerraad. In ‘n poging om dié owerhede te help om hul skuld te delg, het die ECB voorgestel dat NamPower sy rentebeleid hersien. NamPower behoort die skrap van rente op agterstallige skuld te oorweeg, sê […]

Read More

Polisie ondervra 19 oor skietery in Michells Plein - July 5, 2025

Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Thembisile Patekile, sê 19 mense word ondervra oor die bendeverwante skietery in Mitchells Plain, waarin vyf mense dood en verskeie ander beseer is. Drie van die arrestasies was vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie. Hy bevestig meer as 100 beamptes is intussen na die betrokke gebiede ontplooi. Hy versoek enigiemand […]

Read More

Brics-beraad sonder Xi, Putin - July 5, 2025

‘n Beraad vir Brics-nasies word Sondag in Rio de Janeiro gehou, met lede wat hoop om hul menings te lug oor wêreldwye krisisse, maar hulle is lugtig oor die Amerikaanse president Donald Trump se beleid. Die stad is gasheer vir leiers en diplomate van 11 opkomende ekonomieë, insluitend China, Indië, Rusland en Suid-Afrika, wat byna […]

Read More

Vingegaard, Pogacar trap in Tour de France - July 5, 2025

Die tweemalige-kampioen Jonas Vingegaard sê hy is vol vertroue dat hy weer eens die Tour de France kan wen. Fietsry se grootste wedren behels ook een van die sport se grootste persoonlike kompetisies, met die sagsprekende Vingegaard wat meeding met die verdedigende kampioen, Tadej Pogacar, wat ‘n meer flambojante styl handhaaf. Die Sloween, Pogacar val […]

Read More

Gesondheid ken tientalle beurse toe - July 5, 2025

Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het 52 beurse toegeken om die tekort en vaardigheidsgaping in die gesondheidsektor aan te spreek, veral tussen landelike en stedelike gebiede. Die beurse dek velde soos tandheelkundige terapie, optometrie en mediese ingenieurswese. Luvindao sê dat die beurse onder Projek 2013 val, wat reeds 586 gegradueerdes opgelewer het, met 400 wat […]

Read More

Strenger maatreëls beloof ná SA bedrogskandaal - July 5, 2025

Die Departement van Indiensneming en Arbeid beplan om strenger beheermaatreëls in te stel na ‘n groot polisie-operasie wat bedrog in die Werkloosheidsversekeringsfonds oopgevlek het. Minister Nomakhosazana Meth verwelkom die inhegtenisname van verskeie verdagtes in Gauteng en die Vrystaat, insluitende ‘n departementele beampte in Bloemfontein, in verband met bedrieglike eise teen die fonds wat valsmaatskappye en […]

Read More