Hamas positief oor skietstilstand - July 5, 2025
Hamas het positief reageer op ‘n voorstel vir ‘n skietstilstand in die oorlog met Israel en is gereed om onderhandelinge in dié verband te begin, sê die beweging. Hamas se verklaring volg voor die besoek van die Israeliese premier Benjamin Netanyahu Maandag aan Washington, met president Donald Trump wat druk uitoefen vir ‘n einde aan die oorlog. […]
Kanovaart: Bergrivier-oorwinnings wink vir Hank en Jenna - July 5, 2025
Beide Jenna Nisbet en Hank McGregor gaan die laaste dag van die 2025 Bergrivier-kanomarathon tegemoet met ‘n groot voorsprong op hul naaste mededingers. Die 47-jarige McGregor het gister se 75 kilometer lange skof van Bridgetown na Zoutkloof gewen en loop nou met meer as 10 minute voor teen Robert Herreveld in die tweede plek. In […]
Arbeid, Sinomine praat oor Tsumeb-afleggings - July 5, 2025
Arbeidsminister Wise Immanuel sal Maandag met die Chinese groep Sinomine Resources beraadslag oor vrywillige afleggings by die Tsumeb-smelter. Immanuel het ‘n stokkie gesteek voor Sinomine se planne om 650 werkers vrywillig af te lê. Die groep verkeer onder druk weens onder meer groter smeltkapasiteit in koperproduserende lande. Ná hul samesmelting met Dundee Precious Metals verlede […]
Pasop vir masels, waarsku SA regering - July 5, 2025
Die regering doen ‘n beroep op alle ouers en versorgers om seker te maak dat kinders ten volle ingeënt is teen die gevaarlike en hoogs aansteeklike maselsvirus. Die regering sê vanjaar tot dusver is 379 laboratoriumbevestigde maselsgevalle en 409 rubellagevalle deur die Maselsverwysingslaboratorium by die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika aangemeld. ‘n Woordvoerder […]
Trump stuur tariefbriewe uit - July 5, 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Vrydag briewe gestuur om die handelsvennote in te lig oor hulle handelsheffings. Onderhandelings om hoër Amerikaanse heffings te vermy, is amper voltooi. Lande sal vanaf 1 Augustus die nuwe heffings betaal. Trump sê die heffings sal tussen 60 en 70 persent en tussen 10 en 20 persent wees. Sy kommentaar […]
Rugby: Junior Bokke klop Engeland - July 5, 2025
Die Junior Springbokke het ‘n vroeë agterstand van 14 punte ingehaal om ‘n bonuspuntoorwinning teen die verdedigende kampioen Engeland te behaal by die Wêreldrugby Onder 20-kampioenskap in Rovigo. Suid-Afrika is na gisteraand se oorwinning van 32-22 nou eerste in Groep A met 10 punte. Engeland is tweede met vyf punte, met Australië derde, nadat hulle […]
NHE beloof 2 000 huise binne ‘n jaar - July 5, 2025
Die Nasionale Behuisingsonderneming, die NHE, beplan om sowat 2 000 lae-inkomste behuisingseenhede teen April volgende jaar te voltooi. Die voorsitter van die NHE, Toska Sem, het Vrydag gesê hulle het reeds sowat 2 500 erwe vir dié doel bekom. Volgens Sem sal die maandelikse paaiemente vir dié huise wissel van 1 200 Namibiese dollar vir […]
Nasionale dialoog ‘n ‘politieke rookskerm’, sê Steenhuisen - July 5, 2025
Die DA-leier John Steenhuisen sê hy het nooit gevra om by die Interministeriële Komitee oor die Nasionale Dialoog aan te sluit nie. President Cyril Ramaphosa het die komitee aangestel. Steenhuisen, wat na verwagting as die minister van Landbou sal bywoon, het op ‘n nuuskonferensie gesê hy het enkele ure voor die eerste vergadering van sy […]
Texas-kitsvloede eis ministens 24 - July 5, 2025
Ten minste 24 mense is dood in kitsvloede in die Amerikaanse staat Texas. Owerhede het bevestig dat nog 25 mense, waaronder 20 kinders, steeds vermis word. Meer as 700 het die somerkamp bygewoon. Owerhede sê die meeste van die kampgangers is veilig, maar hulle kon nie onmiddellik ontruim word nie omdat hoë watervlakke plaaslike paaie […]
Rugby: Bulle reg vir toekoms, sê Strauss - July 5, 2025
Die president van die Blou Bulle, Willem Strauss, het ondersteuners verseker dat planne in plek is om die span se uitnemende vertoning voort te sit ná die vertrek van Jake White as afrigter en rugbydirekteur. Die Bulle het Vrydag aangekondig dat ‘n wedersydse besluit geneem is dat hul paaie onmiddellik met dié van White skei. […]