Twee brande woed om Windhoek  - July 5, 2025

Die Windhoekse brandweer bestry tans twee groot brande wat naby die hoofstad woed – een by die Daan Viljoen-oord en die ander by Ongos Valley. Die brandweer-spanne het reeds brandstroke gemaak om te keer dat die brande na huise en nabygeleë lodges versprei. Volgens die brandweer is dit in die stadium onbekend of enige eiendom […]

Read More

Reuse-ontploffing ruk gemeenskap in Springs - July 5, 2025

‘n Reuse-ontploffing in ‘n informele nedersetting in Springs in Ekurhuleni het tientalle mense dakloos gelaat. Gemeenskapslede beweer die ontploffing was die gevolg van plofstof wat onwettige mynwerkers in hul huisies versteek. Die gebied is ‘n brandpunt vir onwettige mynbouaktiwiteite. Ekurhuleni Nooddienste se woordvoerder, William Ntladi, sê die brandweer het ‘n oproep ontvang oor van die […]

Read More

VN se kernspan gee pad uit Iran - July 5, 2025

Inspekteurs van die VN-kernwaghond is Vrydag weg uit Iran nadat die Islamitiese republiek amptelik sy samewerking opgeskort het. Die opskorting volg ná ‘n 12-dae lange konflik tussen Iran en Israel verlede maand, wat ongekende Israelse en Amerikaanse aanvalle op Iran se kernaanlegte veroorsaak het en spanning tussen Teheran en die Internasionale Atoomenergie-agentskap verhoog het. Iran […]

Read More

Tennis: Keys sneuwel by Wimbledon  - July 5, 2025

Die Australiese Ope kampioen, Madison Keys, is die jongste ster wat by Wimbledon gesneuwel met die sesde gekeurde Amerikaner wat deur Laura Siegemund uitgeskakel is. Keys het 6-3, 6-3 verloor teen die Duitser, die wêreld se nommer 104. Die 30-jarige Keys is die vyfde uit die top ses gekeurde spelers wat op verrassende wyse die […]

Read More

Namibië se kuberruim bly in spervuur  - July 5, 2025

Namibië se kuberruim bly kwesbaar, sê die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, se waghond vir kuberveiligheid. Meer as 540 000 kwesbaarheidspunte is in die eerste kwartaal geïdentifiseer. Hoewel dit bykans 16 persent minder is as die vorige kwartaal, sê Cran verskeie gesofistikeerde voorvalle is opgespoor, insluitend diepfop-KI-gedrewe insidente en kuberaanvalle gemik op noodsaaklike infrastruktuur. Dit lei tot beduidende finansiële […]

Read More

DA waarsku teen bilharzia in Limpopo - July 5, 2025

Die DA in Limpopo sê die versuim om gereeld die water by skole te toets, kan nog ‘n bilharzia-uitbreking veroorsaak, soos die een verlede jaar. Die party doen ‘n beroep op die LUR vir Onderwys, Mavhungu Lerule-Ramakhanya, om watergehaltetoetsing voorop te stel en saam met munisipaliteite te werk om te verseker leerders het toegang tot […]

Read More

Macron, Starmer vat Oekraïne-gesprek oor  - July 5, 2025

President Emmanuel Macron en die Britse premier, Keir Starmer, sal volgende week tydens die Franse leier se besoek aan die VK, mede-voorsitters van gesprekke met ander Europese leiers wees oor die versterking van Oekraïne se verdediging. Die vergadering sal op 10 Julie plaasvind terwyl die VSA-geleide vredesgesprekke oor die beëindiging van die drie-jaar oorlog teen […]

Read More

Rugby: Agt nuwelinge in Frankryk se span teen All Blacks  - July 5, 2025

Frankryk se afrigter, Fabian Galthie, het agt nuwelinge in sy span ingesluit vir vandag se eerste toets teen die All Blacks in Dunedin. Hulle sluit in die Bloemfonteinsgebore heelagter Jacobus van Tonder, die vleuel Tom Spring, die losskakel Joris Seconds en die stut Giorgi Beria. Die ervare senter Gael Fickou sal Frankryk in sy 95ste […]

Read More

Copps 94.1: Dronkbestuur grootste kopseer - July 5, 2025

Die eerste Vrydagaand van Julie het relatief stil in die hoofstad verloop, met ‘n voetganger wat raakgery is wat die Copps 94.1-span se grootste uitdaging was. Dronkbestuur was ook ‘n probleem. Francois Lottering was op sy Copps 94.1-pos en doen verslag.

Read More

Wes-Kaapse boere teen oorstroming gemaan  - July 5, 2025

Die LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikelingsbeplanning van die Wes-Kaap, Anton Bredell, moedig boere en inwoners aan om damme te inspekteer en enige tekens van oorstroming aan te meld terwyl swaar reën steeds die provinsie teister. Die oproep volg ná die Suid-Afrikaanse Weerdiens ‘n vlak vier-waarskuwing vir ontwrigtende reënval en ‘n vlak twee-waarskuwing vir […]

Read More