Iranse lugruim heropen geleidelik  - July 5, 2025

FlyDubai het die eerste internasionale lugredery geword om by die Imam Khomeini-lughawe in Teheran te land nadat vlugte vir 20 dae opgeskort is weens Israelse aanvalle op Iran. Vlug FZ1930 vanaf die Verenigde Arabiese Emirate dui op die geleidelike heropening van die Iranse lugruim. FlyDubai, Emirates se laekoste-susterlugredery het sy dienste hervat met streng veiligheidsprotokolle. Owerhede het […]

Read More

Rugby: Vier nuwelinge in All Blacks-span  - July 5, 2025

Die hoofafrigter van die All Blacks, Scott Robertson, het vier nuwelinge aangewys in sy groep van 23 spelers wat Frankryk in die eerste van drie toetse sal pak. Die slot Fabian Holland en die agsteman Christian Lio-Willie is in die opdrafspan vir vandag se wedstryd in Dunedin. Die stut Ollie Norris en die flank Du’Plessis […]

Read More

Meer Rehoboth-inwoners kry titelaktes - July 4, 2025

Tydens ‘n kort opdatering oor plaaslike ontwikkelingspogings by die regering se inligtingsentrum het Rehoboth-raadslid Jacky Khariseb die vordering met die oorhandiging van titelaktes aan dorpsinwoners gedeel. Die eiendomme word aan inwoners oorhandig en die skuld word afgeskryf. Khariseb het meer.

Read More

Oostenrykse president loof SA tydens staatsbesoek - July 4, 2025

Die Oostenrykse president, Alexander van der Bellen, sê Suid-Afrika se vreedsame en inklusiewe oorgang na demokrasie is ‘n wêreldwye voorbeeld van bestendigheid en vooruitgang. Hy het tydens ‘n staatsbesoek aan die Uniegebou in Pretoria die sterk bande tussen die twee lande benadruk, nie net met betrekking tot sakebedrywighede nie, maar ook wetenskap, onderwys en kultuur. […]

Read More

Rusland se gebruik van chemiese wapens teen Oekraïne bewys - July 4, 2025

Intelligensie-agentskappe van Nederland en Duitsland het bewyse ingesamel oor die wydverspreide Russiese gebruik van verbode chemiese wapens in Oekraïne. Hommeltuie met giftige gas word gebruik om soldate in loopgrawe uit te dryf sodat hulle geskiet kan word. Die Nederlandse minister van Verdediging, Ruben Brekelmans, versoek strenger sanksies teen Moskou. Brekelmans het aan Reuters gesê die […]

Read More

Jake White verlaat die Bulle onmiddellik - July 4, 2025

Rugby: Die Bulle se afrigter en die Direkteur van Rugby, Jake White, het wedersyds ooreengekom dat hy onmiddellik die franchise sal verlaat. White het hom in 2020 by die span aangesluit, en die Bulle na drie Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryde gelei asook die uitkloprondes van die Kampioenebeker en die Uitdaagbeker. Onlangse berigte lui senior spelers en White […]

Read More

Visepresident Witbooi trek staatspensioen, wys bateverklaring - July 4, 2025

Die jongste bateverklarings in die Nasionale Vergadering toon dat die visepresident Lucia Witbooi, die staatspensioen van 1 600 Namibiese dollar gelys het onder haar voordele in haar verklaring. Witbooi verdien 129 000 Namibiese dollar maandeliks, 15 persent meer as die eerste minister. Daar is talle kabinetslede wat die oumens pensioen ontvang. Die oud-gesondheidsminister, dr. Kalumbi […]

Read More

Modi se besoek kan groot voordele inhou - July 4, 2025

Reaksie word ontvang op die besoek volgende week deur die Indiese eerste minister, Narendra Modi. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Nixon Kariithi, ‘n kenner van Afrika-aangeleenthede en mediastudies, gepraat. Hy meen Namibië kan oor belangrike aspekte by die land leer. Hy sê verder dat Namibië bilaterale betrekkinge moet prioritiseer, wat dikwels oor die hoof […]

Read More

Studente móét geken word oor gratis tersiêre onderwys - July 4, 2025

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, se president Dorothea Nangolo het onlangs kommer uitgespreek omdat daar geen studente-strukture in die taakmag oor gratis openbare tersiêre onderwys is nie. Sy sê die taakmag dra dus geen kennis van studente se daaglikse finansiële behoeftes of dinge waaroor hulle gewillig sal wees om kompromieë te bereik vir gratis tersiêre […]

Read More

Streng nuwe maatreëls by grensposte teen bek-en-klou - July 4, 2025

Die Direktoraat Veeartsenydienste het verhoogde biosekuriteitsmaatreëls by grensposte ingestel, weens die toename in bek-en-klouseer gevalle in sommige buurlande. Die wiele van alle voertuie wat die land binnekom sal met ‘n ontsmettingsmiddel skoon gespuit word. Elke persoon moet met hul skoene deur ‘n ontsmettingsvoetbad loop. Alle ander skoene in bagasie moet ook in die voetbad geplaas […]

Read More