Taxibestuurder aangerand, in arres na vermeende onsedelike aanranding - October 21, 2025
Die bestuurder van ‘n groen Mazda Demio-taxi is Maandagmiddag erg aangernd deur gemeenskapslede in Katutura, na hy na bewering ‘n 14-jarige skoolmeisie onwelvoeglik betas het. Volgens die polisie het die meisie die taxi van haar skool in Khomasdal na haar huis in Katutura gevat. Die bestuurder het haar glo gevra hoe oud sy is en […]
M-pokke verg vinnige aksie: oud-gesondheidminister - October 21, 2025
In die nasleep van Namibië se M-pokke-geval wat in Swakopmund aangemeld is, sê voormalige minister van gesondheid en mediese dokter Bernard Haufiku dat maatreëls getref moet word om die uitbreking te beperk. Die gesondheidsministerie sê daar is tot dusver slegs een bevestigde geval met 44 kontakte, waarvan vyf as hoë risiko, drie as medium risiko […]
Mchunu ontken hy ken vir ‘Cat’ Matlala - October 21, 2025
Die geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu, het voor die parlement se ad hoc-komitee enige verbintenis met die omstrede sakeman, Vusimuzi “Cat” Matlala, ontken. Mchunu het aan parlementslede gesê dat hy Matlala nog nooit ontmoet of met hom gepraat het nie, en verklaar dat sy prokureurs ‘n beëdigde verklaring van Matlala se regspan verkry het […]
JD Vance in Israel om skietstilstand te versterk - October 21, 2025
Die Amerikaanse visepresident, JD Vance, is in Israel om die brose wapenstilstandooreenkoms in Gaza te versterk nadat president Donald Trump Hamas gewaarsku het hulle sal uitgewis word as hulle die wapenstilstand verbreek. Trump se spesiale gesant, Steve Witkoff, en skoonseun Jared Kushner is reeds in Tel Aviv, waar hulle gyselaars ontmoet het wat Hamas ná […]
Aus-kaptein onttrek aan Wêreldbeker-wedstryd teen Engeland - October 21, 2025
Krieket: Australië se kaptein, Alyssa Healy, het weens ‘n besering onttrek aan môre se Wêreldbeker-groepswedstryd teen Engeland. Sy het volgens berigte ‘n geringe spierbesering opgedoen tydens oefening, maar dis nog nie seker of sy reg sal wees vir die res van die toernooi nie. Australië en Engeland is tans boaan die punteleer en het albei […]
Aktivis Gariseb aangehou, toe vrygelaat - October 21, 2025
Die Stadspolisie het die Windhoek-aktivis Shaun Gariseb vroeër vandag kortliks aangehou, volgens sy prokureur, Kadhila Amoomo. Gariseb het homself Maandag aan die Katutura-polisiestasie oorgegee nadat hy verneem het dat die polisie na hom gesoek het. Hy is vrygelaat en sal na verwagting op 18 November in die Katutura-landdroshof verskyn. Die regsuitdaging kom nadat hy en […]
Kommissie hoor moordverdagte Lucky Molefe is steeds soek - October 21, 2025
Getuie A het aan die Madlanga-kommissie gesê die soektog na die neef van die omstrede sakeman Katiso “KT” Molefe, Lucky Molefe, is nog nie afgehandel nie. Katiso word beskuldig van tenderbedrog en die moord op DJ Sumbody, en is tans uit op borgtog van 400-duisend Suid-Afrikaanse rand. Getuie A sê hy het in Desember die […]
Kommer oor grondwet-planne in Zimbabwe - October 21, 2025
Zimbabwe se regerende Zanu-PF-party beplan om die grondwet te wysig om president Emmerson Mnangagwa, 83, se termyn met twee jaar tot 2030 te verleng, ‘n stap wat opposisiepolitici as onwettig veroordeel. Die resolusie kom te midde van ‘n opvolgstryd binne die party. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse politieke kommentator, dr. Charles Sinkala […]
Sanae Takaichi Japan se eerste vroulike premier - October 21, 2025
Die Liberaal Demokratiese Party se leier, Sanae Takaichi, is die eerste vrou wat as Japan se eerste minister gekies is. Die 64-jarige Takaichi, wat as Japan se “Ystervrou” bekendstaan, het 237 stemme uit 465 in die Parlement se laerhuis gekry. Dit volg nadat haar party ingestem het tot ʼn koalisie met die regse Japan Innovasie […]
Whk-bouplanne vertoon baie goed in September - October 21, 2025
Op ‘n maandelikse basis het Windhoek se goedgekeurde bouplanne ‘n indrukwekkende toename van 28,4 persent vanaf Augustus 2025 aangeteken, van 176 tot 226 goedkeurings. In sy ontleding sê Simonis Storm verder dat Swakopmund ‘n beskeie maandelikse toename van 4,9 persent ervaar het, met goedkeurings wat van 81 tot 85 toegeneem het. Van Januarie tot September […]