ECB kondig goedgekeurde kragtarief-verhogings aan - July 4, 2025
Die Elektrisiteitsbeheerraad het die goedgekeurde nuwe kragtarief-verhogings vir eindgebruikers aangekondig. Die verhoogde tariewe is effektief van 1 Julie vanjaar tot 30 Junie 2026. Die Stad Windhoek se goedgekeurde verhoging van 3,9 persent en Nored s’n van 4 persent is nog nog nie effektief nie, tot hulle addisionele dokumentasie ingehandig het. Stad Windhoek moet onder andere […]
Cosatu steun wetsontwerpe oor padongelukkefondse - July 4, 2025
Cosatu het die Minister van Vervoer, Barbara Creecy, se aankondiging verwelkom dat sy die wetsontwerpe oor die Padongelukkefonds en Padongelukke-voordeleskema weer by die Parlement gaan indien. Die vakverbond sê hy ondersteun hierdie progressiewe stap deur die minister en sien uit na die voorlegging. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê die Padongelukkefonds is ʼn probleem wat al te […]
Rusland eerste om Taliban-regering in Afghanistan te erken - July 4, 2025
Afghanistan se regering sê Rusland is die eerste land wat sy regering amptelik erken en noem dit ʼn “dapper besluit”. Die Taliban het in 2021 aan bewind gekom nadat hulle die buiteland-gesteunde regering omvergewerp en ʼn streng weergawe van Islamitiese wette ingestel het. Hulle het amptelike internasionale erkenning en belegging gesoek terwyl die land herstel […]
Junior Bokke oorgehaal vir Engeland - July 4, 2025
Rugby: Die Junior Springbokke is oorgehaal vir ‘n trefferkragmeting met Engeland, die kampioenspan, in ‘n kritieke Groep-A-wedstryd in die Wêreldrugby onder-20 Kampioenskap vanaand in Rovigo, Italië. Die Junior-bokke is besig om momentum op te bou, met ‘n klinkende oorwinning van 73-17 oor Australië. Die afrigter Kevin Foote het Engeland se reputasie geprys en sê hy […]
Saak teen Hengari gaan voort - July 4, 2025
Die aansoek dat aanklagte teen oud-landbouminister Mac Hengari en sy 30-jarige medebeskuldigde, Simon Hanga, uitgegooi word, is van die hand gewys. Landdros Monica Enjaba het in die Windhoek landdroshof gesê om die aanklagte te laat vaar weens die afwesigheid van ‘n formele aanklag van verkragting, sou voortydig en skadelik vir geregtigheid wees. Die paartjie staan […]
Kaapstad ‘moet grondoorsake van bendegeweld aanspreek’ - July 4, 2025
Die GOOD-party sê Kaapstad het ʼn regte plan nodig om die grondoorsake van bendegeweld, swak skoolopvoeding, hoë werkloosheid, gebrek aan bekostigbare behuising en verwaarlosing op die Kaapse Vlakte aan te spreek. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, verwys na die onlangse moorde helderoordag op vyf persone by verskillende plekke in Mitchellsplein:
Trump teleurgesteld na Putin-gesprek - July 4, 2025
Amerikaanse president Donald Trump het vroeg Vrydag gesê hy is teleurgesteld oor ‘n telefoonoproep met die Russiese president Vladimir Putin, want dit lyk nie of hy sy oorlog teen Oekraïne wil stop nie. Amerikaanse pogings om Rusland se oorlog in die Oekraïne deur middel van diplomasie te beëindig, het grootliks vasgeval. Trump sal later vandag […]
Alcaraz, Raducanu in aksie by Wimbledon - July 4, 2025
Tennis: Carlos Alcaraz wil later vandag sy aanslag op ‘n derde opeenvolgende Wimbledon-titel momentum gee wanneer hy teen die Duitse buiteperd Jan-Lennard Struff te staan kom. Emma Raducanu van Brittanje gaan op haar beurt probeer om die nommer 1-speler Aryna Sabalenka by die lys te voeg van gunstelinge wat uitgeskakel word. Alcaraz weet hy moet […]
Ekonomie moet aan die gang kom - July 4, 2025
Cirrus in die hoofstad het ‘n ontleding gedoen oor die afwaarste aanpassing van Namibië na die laer middelinkomste kategorie deur die Wêreldbank. Die land se brutto nasionale inkomste het in 2002 skerp begin styg en rondom 2005 die boonste middelinkomste gebied bereik. Dit het steeds gestyg maar teen 2014 begin daal en uiteindelik rondom 2020 […]
Venaani looi Ngurare na sy belofte-toespraak - July 4, 2025
Die PDM-leier McHenry Venaani het in die Nasionale Vergadering op die toespraak wat eerste minister Elijah Ngurare namens die president gelewer het, en groot beloftes gemaak het, gereageer. Hy het die regering gekritiseer vir ‘n gebrek aan doeltreffende beleide wat mense se lewens werklik kan transformeer. Hy het toegang tot drinkbare water uitgesonder. Venaani is […]