Banke eis N$41,1m in 25 aansoeke vir verstekvonnisse - July 4, 2025
Die mosiehofrol het 73 aansoeke vir verstekvonnisse vanoggend bevat met 12 op die reël 108-rol. Regters Boas Usiku en Gerson Narib het die sessies hanteer. Kommersiële banke het 25 van die aansoeke gebring met ‘n reuse skuldlas van 36,5 miljoen Namibiese dollar. Die banke eis 12 eiendomme met skuld van amper 32 miljoen dollar terug […]
Dis koud… kyk mooi na Wagter en Wollie - July 4, 2025
Daar is groot koue in die land en nog ‘n frontale stelsel is op pad. Troeteldiereienaars word aangespoor om ekstra stappe te neem om vir Wagter en Wollie warm en veilig te hou. Kosmos 94.1 Nuus het met veearts Dr. Theuns Laubscher gepraat.
Stad Windhoek briek Sentrale Red - July 4, 2025
Die Elektrisiteitsbeheerraad sê dat hy steeds pogings om ‘n sentrale streekselektrisiteitsverspreider te vestig ondersteun, maar ‘n gebrek aan konsensus binne Stad Windhoek vertraag vordering. Die konsep is dieselfde as Cenored, ErongoRed en Nored. Die voorgestelde Sentrale Red, wat bedoel is om elektrisiteitsvoorsiening in Windhoek, die Khomas-streekraad, Dordabis en omliggende gebiede te stroomlyn, is deel van Namibië […]
Meth mik vir 2 miljoen werksgeleenthede teen 2030 - July 4, 2025
Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, sê haar departement beoog om teen 2030 2 miljoen werksgeleenthede te skep deur ‘n gekoördineerde nasionale indiensnemingsplan. Sy het tydens die voorlegging van haar begroting in die Parlement gesê die toewysing van 4 miljard rand sal werkskepping ondersteun. Meth sê die Werkloosheidversekeringsfonds sal 38 miljard rand bestuur, […]
Big, beautiful bill is ‘n klap in die gesig van Amerikaners - July 4, 2025
Daar is wyd-uiteenlopende reaksie in Amerika op president Donald Trump se “big, beautiful bill” wat deur die Huis van Verteenwoordigers goedgekeur is. ‘n Demokratiese verteenwoordiger, Morgan McGarvey van Kentucky, sê die wetsontwerp is ‘n klap in die gesig vir die staat se inwoners. Hy het met MSNBC gepraat.
Aanlynveiling van Wimbledon goedere - July 4, 2025
Die hemp wat die voormalige wêreld-nommer-een, Andy Murray, gedra het toe hy Wimbledon 12-jaar gelede gewen het, word aanlyn opgeveil. Murray het die eerste plaaslike manskampioen in 77-jaar geword toe hy Novak Djokovic van Serwië in 2013 se eindstryd geklop het. Daar word verwag dat die hemp tot 190 000 Namibiese dollar kan haal. Die […]
Eerste handelsoorskot vir ’25 aangeteken, N$121m - July 4, 2025
Namibië het ‘n handelsoorskot van 121 miljoen Namibiese dollar in Mei aangeteken, met China die belangrikste uitvoermark en Suid-Afrika die hoofinvoerbron. Uitvoere is gelei deur minerale soos uraan, goud en diamante. Voedseluitvoere het invoere met 420 miljoen dollar oortref, terwyl alkoholiese drankies ‘n tekort van 178 miljoen getoon het. Petroleumjellie was die kolligproduk, met 4,9 […]
SABC se Afrikaanse nuus onveranderd vir Julie - July 4, 2025
Die SABC het bevestig daar sal hierdie maand geen veranderings aan die Afrikaanse TV-nuusbulletinskedule wees nie. Die uitsaaier het onlangs in ‘n verklaring beklemtoon die nuus sal steeds in sy huidige weeksdag- en naweek-tydgleuwe uitgesaai word. Hierdie verklaring volg ná ‘n rits veranderings, insluitend ‘n skuif van SABC2 na SABC3 en veranderings aan uitsaai-tye. Die […]
Strategiese aanvalle deur Rusland - July 4, 2025
Twee mense is gister dood in ‘n Russiese lugaanval op die sentrale Oekraïnse stad Poltava waar ‘n militêre dienspligkantoor ook beskadig is. Kiëf noem dit ‘n beplande veldtog om sy werwingspogings te ontwrig. Die aanval op Poltava, waarin 47 mense beseer is en wat ‘n brand veroorsaak het by die stad se hoofdienspligkantoor, het gevolg […]
Marvels of Mzansi by Durban July - July 4, 2025
Die burgemeester van eThekwini, Cyril Xaba, sê altesaam 25 modeontwerpers sal hul ‘Marvels of Mzansi’-uitrustings Saterdag op die hoofverhoog by die Durban July-perdewedren ten toon stel. Dit is deel van die Durban July Fashion Experience, ‘n vennootskap tussen eThekwini en die Hollywood-stigting. Xaba sê die modeprogram sluit die Jongontwerperstoekenning, die Durban Fashion Fair Rising Stars […]