Ministerie sê oor Lüderitz-skool - July 4, 2025

Die onderwysministerie sê die Bedrock Montessori-skool op Lüderitz is gesluit omdat prosedures nie gevolg is nie. Die ministerie sê daar is geen aansoek na die ministerie om die skool as privaatskool te bedryf nie en sonder registrasie kan die skool nie funksioneer nie. ‘n Inspeksie op 14 Maart het die oortreding, saam met ander, aan […]

Read More

Drie van Kameroen vas, gevang waar hulle geld druk - July 4, 2025

Drie Kameroense burgers het in die landdroshof in Pretoria verskyn vir die bestuur van ‘n sindikaat wat na bewering geld vervals. Die saak is tot 10 Julie uitgestel vir ‘n borgtogverhoor. Die drie is in Elarduspark in hegtenis geneem nadat die polisie hulle vasgetrek het terwyl hulle vals Suid-Afrikaanse note en Amerikaanse dollars druk. Die […]

Read More

Trump en Putin gesels… Trump onbeïndruk - July 4, 2025

Amerikaanse president Donald Trump en Russiese president Vladimir Putin het Donderdag weer oor die telefoon gepraat. Putin het aan Trump gesê dat Rusland sy doelwitte in Oekraïne sal bereik en hulle nie sal laat vaar nie, volgens die Kremlin-assistent Yury Ushakov, wat met verslaggewers gepraat het. SkyNews se Amerikaanse korrespondent Mark Stone het vanaf die […]

Read More

Britse F35 word Indiese toeriste aantrekking - July 4, 2025

Die suidelike Indiese staat Kerala het ‘n unieke ambassadeur gevind om sy kokospalm-omringde strande, waterpoele en lewendige kultuur aan toeriste te bevorder – ‘n Britse F-35-vegvliegtuig wat sedert middel Junie daar gestrand is. Die vlieënier van die Koninklike Lugmag moes ‘n noodlanding op die lughawe uitvoer. Die vliegtuig is sedertdien gehok, ondanks pogings om dit […]

Read More

Ngurare maak groot beloftes - July 4, 2025

Eerste minister Elijah Ngurare het namens president Netumbo Nandi-Ndaitwah in die Nasionale Vergadering die regering se verbintenis tot die verbetering van lewenstandaarde herbevestig. Sleutelplanne sluit in gratis tersiêre onderwys vir almal teen 2026, die hervat van bedrywighede by alle groen skemas, en die vestiging van landbouverwerkingsfasiliteite in al 14 streke. Dit sal afskop in Omusati, […]

Read More

Menseregtekommissie het geen mag nie - July 4, 2025

AfriForum sê die Grondwet en wetgewing maak dit duidelik dat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie nie die mag het om wetlik bindende besluite te neem nie. Die burgerregte-organisasie het by die saak aangesluit om die kommissie se gesag uit te daag. Ernst van Zyl van AfriForum sê die Appèlhof in Bloemfontein het verlede jaar beslis dat die […]

Read More

Zim ervaar landswye kragonderbreking - July 4, 2025

Zimbabwe het Donderdagmiddag ‘n landwye kragonderbreking gehad na ‘n reuse-stelselfout kragopwekking by die land se hoofbronne, die Kariba- en Hwange-kragstasies, uitgeskop het. Die staat se kragmaatskappy ZESA sê die onderbreking het ook verbindings met streekverskaffers in Suid-Afrika, Zambië en Mosambiek onderbreek. Zimbabwe se kragstelsel ondervind reeds in die afgelope jare toenemend druk weens verouderde infrastruktuur, […]

Read More

Ontruimings in Griekeland met reuse-brand - July 4, 2025

Meer as 230 brandweerbeamptes, 46 voertuie en 10 helikopters sukkel om die veldbrand op Griekeland se grootste eiland Kreta onder beheer te bring en die owerheid het massa-ontruiming afgekondig. Die brand het naby Ierapetra, ‘n dorp aan die eiland se suidkus uitgebreek te midde van temperature van 3 tot 5 grade Celsius bo die normale […]

Read More

Hengari-uitspraak vandag verwag  - July 4, 2025

Landdros Monica Andjaba sal na verwagting vandag uitspraak lewer in die aansoek deur Patrick Kauta, regsman vir oudlandbouminister Mac Hengari, dat die klagtes teen sy kliënt van die hand gewys word. Die staat staan die aansoek teen en voer aan dat die ondersoek nog aan die gang is en dus kan geen stappe geneem word […]

Read More

Ramaphosa betuig meegevoel na Mabuza sterf  - July 4, 2025

President Cyril Ramaphosa sê die voormalige adjunkpresident, David Mabuza verdien Suid-Afrika se waardering vir sy toewyding tot die bevrydingstryd en aan die nasie se ontwikkeling as ‘n inklusiewe, voorspoedige en demokratiese staat. Mabuza was 65 en is Donderdag in ‘n hospitaal in Mpumalanga oorlede na ‘n kort siekbed. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê […]

Read More