Kultuur in hip-hop in die soeklig - July 4, 2025
Die uitspraak in die saak van die hip-hop magnaat Sean “Diddy” Combs is nie ‘n oorwinning vir vroue wat steeds sukkel met die tipe geweld wat hulle in hierdie verhoudings ervaar nie. Maar, daar is vrae oor die kultuur in die hip-hop genre. ‘n Professor in Afro-Amerikaanse studies, Mark Anthony Neal, het met SkyNews gepraat.
Franse owerhede beboet Shein - July 4, 2025
Frankryk het aangekondig hy beboet die e-handelsreus Shein teen ‘n rekordbedrag van 827 miljoen Namibiese dollar en sê Shein het klante mislei oor sy pryse en sy impak op die omgewing. Die Franse mededingings- en bedrogkantoor het gesê die ondersoek het bevind Shein gebruik “misleidende kommersiële praktyke teenoor verbruikers rakende prysverlagings”. Die kleinhandelaar, wat in […]
Otji DBV weer operasioneel - July 4, 2025
Die takbestuurder van die Otjiwarongo Dierebeskermingsvereniging is op 18 Junie geskors hangende ‘n interne ondersoek, na verskeie klagtes. Die DBV-tak in Otjiwarongo was ook tydelik gesluit. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Silke van der Merwe, die nasionale direkteur van die DBV, wat ‘n opdatering gee.
Namibië kan nie eenparig besluit om VSA-hoender in te voer nie - July 4, 2025
Die Landbou-handelsforum het sy kommer uitgespreek oor die aankondiging van die Amerikaanse landboudepartement dat pluimvee-produkte na Namibië uitgevoer kan word. Die forum wil weet of enige rolspelers besprekings met die Amerikaners gehou het omdat die aankondiging as ‘n verrassing kom. Dit kan wees dat die VSA net goedkeuring daarvoor gegee het. Die forum sê as […]
Modi se besoek bied geleenthede, ook met BRICS - July 4, 2025
Die Indiese eerste minister, Narendra Modi, sal Namibië op 9 Julie besoek. Indië se sekretaris van ekonomiese betrekkinge, Dammu Ravi, sê die fokus sal op handel en beleggings wees. Huidige handel tussen Indië en Namibië beloop sowat 10,5 miljard Namibiese dollar, en Indiese beleggings kom op sowat 14,1 miljard dollar te staan, hoofsaaklik in minerale. […]
NaCC gee opdatering oor Engen-oorname - July 4, 2025
Die tweede fase van die Engen-oorname het amptelik afgeskop, met die Namibiese Mededingingskommissie wat die volgende stappe in die hoëprofiel-verkrygingsproses vanaf 28 Mei bevestig het. Verskeie persele sal deur Vivo Energy oorgeneem word met ander wat beskikbaar is vir ander handelsmerke. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die kommissie, Dina Gowases wat […]
Moratorium op staatsbegrafnisse tot Maart ’26 - July 4, 2025
Die kabinet het die moratorium op staatsbegrafnisse goedgekeur. Dit is reeds op 16 Junie in werking gestel en sal duur tot 31 Maart volgende jaar. Volgens die inligtingsministerie sal die kriteria en prosesse hersien word. Die kabinet sê die goedkeuring het geen impak op die president se reg om ‘n staatsbegrafnis toe te ken nie. […]
Kabinet keur 12 Mei goed as Nujoma- en boomplantdag - July 4, 2025
Die jongste kabinetsbesluite sluit in dat die proklamasie van 12 Mei as Nujoma-dag en ‘n boomplantdag goedgekeur is. Die kabinet het ook goedgekeur dat 12 Mei ‘n herdenkingsdag sal wees om gemeenskapsdiens-inisiatiewe te bevorder vir die nasie om die stigterspresident en vader van die nasie se nalatenskap te huldig. Die kabinet het die inligtingministerie opdrag […]
Fluitjieblasers moet beskerm word - July 4, 2025
ActionSA vra die regering en die polisieministerie om die land se fluitjieblasers te beskerm. Die party sê dit kom na die moord op die hoof van Korporatiewe en Forensiese Ondersoeke in die Stad Ekurhuleni, Mpho Mafole, wat in Kemptonpark doodgeskiet is. Michael Basch van ActionSA sê die moord is die tweede noodlottige aanval en derde […]
Big, beautiful bill is deur - July 4, 2025
Die Amerikaanse kongres het Donald Trump se “big, beautiful bill” met 218 stemme daarvoor en 214 stemme daarteen goedgekeur. Op die ou end het net twee Republikeine teen die wetsontwerp gestem, saam met al die Demokrate. Die finale stemming is vertraag toe die Demokratiese minderheidsleier Hakeem Jeffries ‘n rekord gebreek het deur langer as agt […]