Nuwe verslag noem maatskappye wat geld maak uit Gaza-volksmoord - July 4, 2025

Francesca Albanese,  die VN se spesiale rapporteur oor die besette Palestynse gebiede, het ‘n beroep op state gedoen om ‘n wapenembargo teen Israel in te stel, en handel en finansiële bande met die land af te sny. Albanese sê Israel is verantwoordelik vir een van die wreedste volksmoorde in die moderne geskiedenis. Sy het haar […]

Read More

Starlink ‘sal eerder werke, sake aanhelp as skaad’ - July 3, 2025

Reaksie word ontvang op inligtingsminister Emma Theofelus wat sê Starlink se aansoek om sy 51 persent eienaarskap te behou, word steeds hersien. Starlink het middel verlede jaar ’n aansoek ingedien om in Namibië bedryf te word maar wil sy 51 persent eienaarskap behou. Hy moes dus kragtens die kommunikasiewet by die lynminister aansoek doen om […]

Read More

Mpumalanga het plan teen boubedryf-mafia, DA juig - July 3, 2025

Die DA in Mpumalanga sê hy ondersteun die ingrypingstrategieë teen die boubedryf-mafia in die provinsie. Die provinsiale Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer het aangekondig ‘n nasionale beraad sal byeengeroep word om hierdie misdadige sindikate uit te roei. Die DA-lid, Teboho Sekaledi, sê bouprojekte wat vertraag is, het ‘n las geword vir belastingbetalers en […]

Read More

Hamas het sy mes in vir Popular Forces-leier - July 3, 2025

Die owerhede in die Hamas-beheerde Gaza het aanklagte van hoogverraad teen die 35-jarige leier van ‘n groep aanhangig gemaak wat beskuldig word dat hulle gedurende die Gaza-offensief saam met Israel werk. Yasser Abu Shabab is die vermeende hoof van die Popular Forces-groep. Palestynse media sê die groep is aktief in die Israelies-beheerde gebied oos van […]

Read More

Owen Farrell opgeroep na Britse en Ierse Leeus - July 3, 2025

Rugby: Die gewese Engelse kaptein, Owen Farrell, is onverwags opgeroep na die Britse en Ierse Leeus in Australië nadat die veelsydige agterspeler, Elliott Daly sy arm gekraak het. Die 33-jarige het al drie keer saam met die Leeus getoer en is die seun van hoofafrigter Andy Farrell. Hy het die laaste van sy 112 toetse […]

Read More

Gratis kankerondersoeke Saterdag op Rosh Pinah  - July 3, 2025

Die Kankervereniging van Namibië sal Saterdag ‘n gratis kankerondersoekkliniek in Rosh Pinah aanbied. Pap-smere, borsondersoeke en prostaat-blitstoetse sal beskikbaar wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië.

Read More

Onder-21 mans- en vrouespanne maak gereed vir Hokkie Wêreldbekers - July 3, 2025

Die lotings vir die 2025 Onder-21 Hokkie Wêreldbekers vir beide die mans- en vrouetoernooie is afgehandel. Namibië se junior mansspan onder afrigter Johann Weyhe sal in November in Indië aan die manstoernooi deelneem, waar hulle in Groep D geloot is saam met Spanje, België en Egipte. Die junior vrouespan onder afrigter Sedtric Makati speel in die […]

Read More

Ysland se Fishrot-saak sal nie plaaslike saak raak nie - July 3, 2025

Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie Paulus Noa, sê die ondersoek na die Fishrot-skandaal in Ysland sal nie die plaaslike vervolging raak nie. Die ondersoekende program Kveikur het gewys op veelvuldige misdade wat in Namibië gepleeg is, soos geldwassery, omkopery en geldverduistering. Die saak word ondersteun deur onder meer 2 000 teksboodskappe tussen Samherji se voormalige […]

Read More

Namibië se buitelandse direkte beleggings groei aansienlik - July 3, 2025

Namibië se inkomende buitelandse direkte beleggingsvoorraad het tot 10,995 miljard Amerikaanse dollar gestyg in 2024, vanaf 9,2 miljard dollar in 2023. Dit is volgens data in die Verenigde Nasies se konferensie oor handel en ontwikkeling, UNCTAD, se Wêreld Beleggingsverslag 2025, en is ‘n beduidende toename vanaf die 3,595 miljard dollar wat in 2010 aangeteken is. […]

Read More

Pluimveebedryf het kommer oor VSA-invoere - July 3, 2025

Vanaf 1 Julie kan Amerikaanse uitvoerders vars, bevrore of verkoelde pluimvee na Namibië verskeep, wat ‘n mark ter waarde van 15 miljoen Amerikaanse dollar oopmaak. Intussen het Namibië se pluimveebedryf in 2024 tot 1,74 miljard Namibiese dollar gegroei – ‘n styging van 13,47% – wat dit die tweede grootste landboubydraer na bees maak. Kosmos 94.1 […]

Read More