Bly weg, Kanye, sê Australië oor sy Nazisme-liefde - July 3, 2025
Australië se minister van Binnelandse Sake, Tony Burke, het bevestig die Amerikaanse kletsrymer Kanye West se visum is gekanselleer oor ‘n snit wat Nazisme bevorder. Die liedjie “Heil Hitler” loof die Nazi-leier Adolf Hitler. Dis in Meimaand op sosiale media en musiek-stroomplatforms vrygestel. Die onttrekking van die visum volg op West se reeks anti-semitiese plasings […]
Sny uitleenkoerse met 25 basispunte: BoN aan banke - July 3, 2025
Die Bank van Namibië het kommersiële banke opdrag gegee om die gaping tussen die repo-koers en hul uitleenkoerse met 25 basispunte in twee fases voor die einde van die jaar te verminder. Die sentrale bank se waarnemende goewerneur, Leonie Dunn, het ‘n kennisgewing in hierdie verband aan alle banke uitgereik. Die vermindering moet in twee […]
Soil of Africa soek 75 000 mense se ID’s - July 3, 2025
Die burgerlike beweging Soil of Africa het vandag na die hoofkantoor van die Departement van Binnelandse Sake in Pretoria opgeruk om oplossings en verantwoordbaarheid te eis. Die voorsitter van Soil of Africa, Bongani Ramontja, sê hulle hou die optog sodat die geblokkeerde identiteitsdokumente van 75 000 mense wat sedert 2017 sonder ID’s in Suid-Afrika woon, […]
Navo-hoof kap Russiese buitelandse sake-minister - July 3, 2025
Die sekretaris-generaal van Navo, Mark Rutte, sê in ‘n onderhoud met Fox News dat die verhoogde Navo-besteding ‘n groot oorwinning vir Donald Trump is en voeg by Navo-uitbreiding is noodsaaklik weens die Russiese bedreiging. Hy sê ook daar moet nie te veel aandag aan Rusland se minister van buitelandse sake Sergey Lavrov geskenk word nie.
Liverpool, Premierliga sê gestorwe Jota was ‘n kampioen - July 3, 2025
Sokker: Liverpool Sokkerklub en die Premierliga het hulle skok en verplettering uitgespreek oor die dood van Liverpool en Portugese sokkerster, Diogo Jota, en sy broer Andre. Die broers het in ‘n motorongeluk in Spanje gesterf. Die 28-jarige Diogo het 182 wedstryde vir Liverpool gespeel, 65 doele aangeteken en hulle gehelp om die 2024/25 Premierliga-titel te […]
Jeug is apaties by stembus ‘oor leë beloftes’ - July 3, 2025
Kiesersopkoms in Namibië het oor die jare skerp afgeneem, veral onder die jeug, volgens die kommissaris van die Namibië Verkiesingskommissie, Pius Iikwambi. Hy het ‘n daling vanaf 81,1 persent in 1992 tot slegs 38,3 persent in die 2020-streekverkiesings en 43,2 persent in plaaslike owerheidsverkiesings uitgelig. Die plaaslike owerheidsverkiesings is die belangrikste van almal omdat dit […]
DA steun arrestasie van kriminele polisielede - July 3, 2025
Die DA sê hy ondersteun die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, se oproep dat alle polisielede wat by misdade betrek word, aangekeer of aangekla word. Dianne Kohler Barnard van die DA sê hulle gaan van die minister van Polisie, Senzo Mchunu, eis dat al sulke lede onmiddellik geskors en hul polisieklaring […]
Lugbesoedeling muteer DNS, veroorsaak longkanker: studie - July 3, 2025
‘n Wêreldwye studie het lugbesoedeling aan DNS-mutasies gekoppel wat longkanker veroorsaak, veral in mense wat nog nooit gerook het nie. Navorsers het bevind hoër besoedelingsvlakke stem ooreen met meer mutasies wat kanker veroorsaak, insluitend in die TP-53-geen, wat algemeen aan rook gekoppel word. Die studie, wat 871 longkankerpasiënte oor vastelande betrek het, het ook bevind […]
Junior Bokke maak reg vir Engeland - July 3, 2025
Rugby: Die Junior Springbokke se hoofafrigter, Kevin Foote, het geringe veranderings aan sy span aangebring vir môre se Wêreld Rugby Onder-20 kampioenskap kragmeting met Engeland in Rovigo, Italië. Hy het vertroue getoon in die spelers wat Australië in hulle eerste wedstryd 73-17 oorrompel het. Foote het die senter Gino Cupido in die beginspan ingesluit in […]
Uis sal binnekort weer as dorpsraad verklaar word - July 3, 2025
Dit wil voorkom asof Uis ‘n herlewing ervaar en sal, volgens die Erongo-streeksraad as dorpsraad verklaar word. Die aankondiging kom net voor die Uis Beleggerskonferensie wat môre plaasvind. Voorleggings vir die opgradering van die nedersetting se status is reeds by die lynministerie, stedelike ontwikkeling ingedien. Uis is in 2010 afgegradeer na ‘n nedersetting na hy […]