Kaapstad is gereed vir die volgende front wat môre aankom - July 3, 2025

Die Stad Kaapstad se Ramprisikobestuursentrum sal op ‘n hoë gereedheidsgrondslag bly vir ‘n erge kouefront wat Vrydag en Saterdag oor die Wes-Kaap inbeweeg. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n geel vlak 4-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reënval dié naweek. Die woordvoerder van die Ramprisikobestuursentrum, Sonica Lategan, sê die stad het ook organisasies sonder winsbejag wat as sy […]

Read More

VN verslag bewys Rwanda se beheer oor M23 - July 3, 2025

Rwanda het beheer uitgeoefen oor die M23-rebelle tydens hul opmars in oostelike Kongo, en politieke invloed en toegang tot mineraalryke gebied verkry, volgens ‘n vertroulike verslag deur ‘n groep VN-kundiges. Reuters berig dat die verslag besonderhede gee oor opleiding wat die kenners sê Rwanda aan M23-rekrute verskaf het, sowel as militêre toerusting wat hulle sê […]

Read More

Nuwe Superman-akteur sê hy was erg geïntimideer - July 3, 2025

‘n Privaat eksklusiewe vertoning van Superman 2025, wat op 11 Julie in teaters begin draai, is gehou. Die nuwe ‘man of steel’ David Corenswet het met die media gepraat en sê hy was erg geïntimideer deur die rol wat hy as kind geken het.

Read More

Dis wat jy tande trek noem! - July 3, 2025

Professore Gerhard Steenkamp en Adrian Tordiffe van die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Veeartsenykunde in Onderstepoort het na Kambodja in Asië gereis om ‘n tandtrek-prosedure op ‘n olifant uit te voer. Steenkamp sê die reis wat tot dié reusetaak gelei het, het bykans 18 maande gelede begin toe dokter Navaneetha Roopan die Kulen-olifantwoud besoek het, […]

Read More

88 Energy verleng eksplorasie in Owambo-bekken - July 3, 2025

88 Energy het ‘n 12-maande verlenging van sy Namibiese bedrywighede aangekondig. Die maatskappy beplan om eksplorasie te onderneem na tien onafhanklike moontlike bronne van koolwaterstof in die Owambo-bekken vroeër geïdentifiseer is. Die firma hou ‘n 20 persent belang in die projek, saam met ‘n vennoot Monitor Exploration, en saam beplan hulle om ‘n hoë-resolusie lugopname […]

Read More

Hoekom het Sophia Shangingwa BBP beskerming? - July 3, 2025

Die Nudo-LP Vetaruhe Kandorozu wou in die Nasionale Vergadering weet waarom Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, BBP-beskerming toegestaan is sonder dat behoorlike prosesse gevolg is. Hy voer aan dat die wet nie sulke voordele vir ‘n party se sekretaris-generaal bied nie. Kandorozu het meer.

Read More

Uraan presteer uiters goed - July 3, 2025

Namibië se mynbousektor het in die eerste kwartaal van 2025 met 2 persent gegroei, ‘n verlaging vanaf 7,6 persent in dieselfde tyd verlede jaar. Uraan het egter met 36,5 persent gestyg weens verhoogde aanvraag. Die vooruitgang van uraan-eksplorasie sluit in die Etango Noord-Oos-projek van Connected Minerals en Dark Star se nuwe verkrygings. Bannerman Energy het […]

Read More

Turkse polisie konfiskeer 825kg heroïen - July 3, 2025

Die polisie het beslag gelê op 825 kilogram heroïen en 30 mense is in hegtenis geneem in ‘n reeks klopjagte, hoofsaaklik in die suide van Turkye. Turkye is geleë tussen Asië en Europa met verskeie belangrike smokkelroetes en is dus die hooftoegangspunt vir heroïen vir die Europese mark. Heroïen is ‘n onwettige opioïed wat die […]

Read More

Individue sku vir skuld - July 3, 2025

Kredietverlening aan individue het in Mei met 0,2 persent teenoor April gestyg, wat die kumulatiewe uitstaande bedrag op 69 miljard Namibiese dollar te staan bring. Krediet aan die sakesektor het beter gevaar met ‘n robuuste groei van 1 persent teenoor April. IJG Securities sê in sy ontleding prestasie oor die leningskategorieë was gemeng. Verbandlenings en […]

Read More

Styging in brandstofprys sal druk op huishoudings vererger - July 3, 2025

Die vakbond Giwusa veroordeel die brandstofprysverhogings en noem dit ‘n regstreekse aanval op die werkersklas en die armes. Drie-en-negentig-oktaan petrol het gister met 55-sent per liter gestyg, en 95-oktaan met 52-sent. Diesel het met 84-sent duurder geword en lampolie met 89-sent. Die vakbond sê dit is weens globale konflikte, oorbelasting deur die regering en mislukkings […]

Read More