Lucy Letby kan nog klagtes in die gesig staar - July 3, 2025
Lucy Letby, die Britse oud-verpleegster wat 15 lewenslange tronkstraf-vonnisse uitdien weens moord op sewe babas en poging tot moord op nog sewe, kan moontlik meer klagte in die gesig staar. Speurders van die Cheshire-polisie het getuienis na die Kroonvervolgingsdiens oorgedra van verdere aantygings wat verband hou met sterftes en ineenstortings in die hospitale waar sy […]
Liverpool se Jota sterf in motorongeluk - July 3, 2025
Liverpool-voorspeler Diogo Jota is op 28-jarige ouderdom in ‘n motorongeluk dood. Sy broer Andre Silva is ook oorlede in die gru-ongeluk wat in die Spaanse provinsie Zamora plaasgevind het. Hy was 26 en ook ‘n professionele sokkerspeler. Dit ongeluk het omstreeks drieuur vanoggend plaasgevind met owerhede wat sê dat hul motor, ‘n Lamborghini, die pad […]
FNB verlaag kostes, en sny sommiges heel - July 3, 2025
FNB Namibië het aangekondig dat geen koste nou op plaaslike kaartswiep-betalings gehef word nie, ‘n eerste vir die land. Die stap is deel van die bank se nuwe prysstruktuur wat daarop gemik is om bankdienste meer bekostigbaar en toeganklik te maak.
SA se poreuse grens kos belastingbetalers miljoene, daagliks - July 3, 2025
AfriForum sê grensbeheer in Suid-Afrika het in duie gestort en dit stel nasionale sekerheid en openbare veiligheid in gevaar. Die burgerregte-organisasie sê meer as 100 gesteelde voertuie is sedert April vanjaar na Mosambiek oor die Kosibaai-grens in KwaZulu-Natal gesmokkel en in Limpopo steek tot ses voertuie elke dag onwettig die grens na Zimbabwe oor. Jacques […]
Seatrees plant 190 000 wortelbome in Kenia - July 3, 2025
Die verlies aan wortelbome in die Marereni-streek in Kenia vererger die erosie van die kuslyn en beperk inwoners se inkomste. Die Amerikaanse organisasie, Seatrees, stel dié probleem reg deur sy bioverskeidenheids-kredietprogram. Die projek ondersteun meer as 600 inwoners en verskaf inkomste deur kwekerye en bewaring. Hulle het met hulp en gemeenskapsbetrokkenheid 190 000 bome geplant, […]
Kuberkraker steel inligting van 6 miljoen Qantas kliënte - July 3, 2025
’n Kuberkraker het toegang bekom tot ’n databasis met die persoonlike inligting van miljoene kliënte van Qantas-lugdiens in Australië. Qantas sê in ‘n verklaring dat die kuberkraker het ‘n inbelsentrum geteiken en toegang deur ‘n derdeparty-kliëntediensplatform bekom. Ses miljoen name, epos adresse, telefoonnommers, geboorte datums en frequent flyer-passasiers nommers is afgelaai. Die lugdiens sê hulle […]
Maasdorp pleit onskuldig op Delia-moord - July 3, 2025
Wentzel Maasdorp het onskuldig gepleit in die moord van sy meisie , die 40-jarige Delia Weimers-Maasdorp. Die 40-jarige Maasdorp het die staat gedaag om hulle saak teen hom te bewys. Hy sê hy het niks met Delia se dood te doen gehad nie. Die saak spruit uit haar moord in April verlede jaar. Sy is […]
Nkabane sê sy is die slagoffer van vrouehaat - July 3, 2025
Die minister van Hoër Onderwys, Nobuhle Nkabane, sê politieke partye wat die departement se begroting verwerp, verwerp eintlik Suid-Afrikaners se begroting. Die DA en die EFF kritiseer haar leierskap, haar hantering van die SETA-raad aanstellings en kwessies met betrekking tot die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Nkabane het eise vir haar bedanking as vrouehaat afgemaak. […]
Cassie se regsman reageer op Combs se uitspraak - July 3, 2025
Reaksie stroom steeds in na Sean “Diddy” Combs onskuldig bevind is op die drie ernstigste aanklagte teen hom, wat lewenslange tronkstraf tot gevolg sou hê. Hy is skuldig bevind op twee mindere aanklagte, dat hy sy voormalige meisie, Cassie Ventura, en ‘n vrou net bekend as “Jane”, vervoer het om deel te neem aan prostitusie. […]
Opskorting van wapenbesendings sal Rusland aanspoor - July 3, 2025
Kiëf waarsku ʼn onderbreking in Amerikaanse wapenbesendings sal Rusland aanmoedig om die oorlog in Oekraïne wat al vier jaar duur, te verleng. Die Withuis het vroeër gesê hy het sommige wapenbesendings na Oekraïne gestaak. ʼn Withuis-woordvoerder, Anna Kelly, sê daar is besluit om Amerikaanse belange eerste te stel ná die Verdedigingsdepartement se hersiening van Amerikaanse […]