Lynminister herinner aan regte waarde van vryhandelooreenkoms - July 3, 2025

Namibië se deelname aan die Afrika-kontinentale vryhandelsooreenkoms het in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom. Rodney Cloete van die LPM sê daar het sover niks gekom van deelname deur klein- en mediumbesighede nie. Hy het handelsminister Selma Ashipala-Musavyi gevra om haar tot duidelike tydlyne te verbind om te verseker dat toekomstige uitvoere onder die ooreenkoms […]

Read More

Transnet is steeds disfunksioneel ten spyte van miljarde wat bestee is - July 3, 2025

ActionSA sê die spoornetwerk bly disfunksioneel al het die Departement van Vervoer meer as 60-miljard-Suid-Afrikaanse rand oor die mediumtermyn aan die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika toegeken. Die party sê pendelaars moet nog steeds onbetroubare diens, infrastruktuur wat gevandaliseer is, onvolledige sinjaalstelsels, en aanhoudende sekerheidsuitdagings, trotseer. In die begrotingsdebat oor vervoer in die Parlement, het Malebo Kobe […]

Read More

AP het bewyse Palestyne word aspris geskiet - July 3, 2025

Amerikaanse kontrakteurs wat hulpverspreidingsterreine in Gaza bewaak, gebruik lewendige ammunisie en skokgranate terwyl uitgehongerde Palestyne skarrel vir kos. Dit is volgens video’s wat deur The Associated Press verkry is. Twee Amerikaanse kontrakteurs het met die nuusagentskap gepraat. Hulle voeg by die sekuriteitspersoneel wat gehuur is, is dikwels ongekwalifiseerd en swaar gewapen en dit wil voorkom […]

Read More

Veerboot slaan om by Bali - July 3, 2025

Minstens vier mense is dood en tientalle word vermis nadat ʼn veerboot by die Indonesiese eiland Bali gesink het. Die Nasionale Soek- en Reddingsagentskap sê die boot het 53 passasiers en 12 bemanningslede aan boord gehad toe dit gister op pad van Banyuwangi aan die ooskus van Java-eiland na Bali gesink het. Owerhede sê 29 […]

Read More

Nog eisers tree toe in Imalwa se saak teen Amushelelo  - July 3, 2025

Nog eisers het na vore getree in die saak waar die aanklaer-generaal die bates van Michael Amushelelo in verband met sy verbrokkelde buitelandse valuta-beleggingskema wil oorneem. Dit kom na daar in Oktober verlede jaar berig is dat 40 eisers teen daardie tyd meer as 2,2 miljoen Namibiese dollar by Amushelelo eis na hulle beleggings by […]

Read More

Mulder sê VSA besoek was om oplossings te soek  - July 3, 2025

Die leier van die Vryheidsfront Plus, Corné Mulder, sê die onlangse besoek aan Amerika was nie om te gaan kla nie, maar om ondersoek in te stel na oplossings vir die uitdagings in Suid-Afrika. Hy sê die afvaardiging wou nasionale voorspoed bevorder, en sê die Trump-administrasie het vier ononderhandelbare voorwaardes gestel om betrekkinge tussen die […]

Read More

Europa teken sterftes aan te midde van hittegolf  - July 3, 2025

Vier mense is in Spanje dood, twee in Frankryk en twee in Italië in ‘n vroeë somer-hittegolf oor ‘n groot deel van Europa. Dit het gesondheidswaarskuwings en veldbrande veroorsaak en ‘n Switserse kragstasie gedwing om ‘n kernreaktor te sluit. Italië het rooi waarskuwings vir 18 stede uitgereik, terwyl die temperatuur in Duitsland 40 grade Celsius […]

Read More

Hospitaal-direkteur gedood in Gaza  - July 3, 2025

Die direkteur van Gaza se Indonesiese Hospitaal en talle familielede is in ʼn Israelse lugaanval op sy huis in Gaza-stad dood. Die Hamas-beheerde gesondheidsministerie sê dokter Marwan Sultan het ʼn lang loopbaan in medisyne gehad en veroordeel sy dood. Die Israelse weermag sê hy het ʼn “belangrike Hamas-terroris” uitgeskakel en berigte dat onbetrokke burgerlikes geraak […]

Read More

Edelweiss se vlugte deur sektor verwelkom  - July 3, 2025

Nog reaksie is ontvang op die seisoenale vlugte van Switserland se Edelweiss-lugredery, wat vanaf 1 Junie volgende jaar twee keer per week direk tussen Zürich en Windhoek sal vlieg. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging. 

Read More

Wêreldbank gee uiteindelik gehoor aan Namibië se pleidooi - July 3, 2025

Uitspraak in die grondwetlike uitdaging oor Namibië se daggaverbod word op 12 Augustus verwag. Dit kom na ‘n vol bank regters, Boas Usiku, Claudia Claasen en Philanda Christiaan die aansoek deur Brian Jaftha en Borro Ndungula, leiers van Ganja Users of Namibia, Woensdag aangehoor is. Die saak poog om die verbod op daggagebruik deur volwassenes […]

Read More