Besluit oor dagga aansoek op 12 Augustus - July 3, 2025
Uitspraak in die grondwetlike uitdaging oor Namibië se daggaverbod word op 12 Augustus verwag. Dit kom na ‘n vol bank regters, Boas Usiku, Claudia Claasen en Philanda Christiaan die aansoek deur Brian Jaftha en Borro Ndungula, leiers van Ganja Users of Namibia, Woensdag aangehoor is. Die saak poog om die verbod op daggagebruik deur volwassenes […]
Groot gaping in gratis tersiêre onderrig-plan - July 3, 2025
Namibië se indiensnemingsdata van gegradueerdes kyk nie na die kwaliteit van hul werk of die werk wat hulle kry nie, wat twyfel laat ontstaan oor die waarde van openbare tersiêre onderwys. Kursusse stem dikwels nie ooreen met ekonomiese behoeftes nie, ten spyte van oproepe vir vraaggedrewe opleiding. Sonder beter koördinering kan meer jongmense in lae-betaalde, […]
Trump uitgenooi na Hiroshima, na Iran-aanval - July 3, 2025
Die burgemeester van Hiroshima, Kazumi Matsui, sê die Amerikaanse president, Donald Trump, moet die Japannese stad kom besoek om die gevolge van kernwapens te aanskou. Dit volg nadat Trump 1945 se atoombom-ontploffings vergelyk het met die onlangse lugaanvalle op Iran. Matsui sê Trump moet eers die gebombardeerde gebied besoek om die werklikheid te sien en […]
Fishrot: Klagtes moontlik in Ysland - July 3, 2025
Namibië se Fishrot-skandaal is ook in Ysland in die nuus, na die land se distriksaanklaer sy ondersoek na die aktiwiteite van die visserye-maatskappy Samherji afgesluit het. Die ondersoek het vyf jaar geduur. Die aanklaer moet nog besluit of aanklagte teen enige van die nege huidige en voormalige Samherji-werknemers wat verweerders in die Yslandse saak is, […]
Creecy wil padsterftes met 45% teen 2030 verminder - July 3, 2025
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê haar departement verwag om 42-miljoen passasiers en 1,2-miljoen-ton lugvrag deur die netwerk lughawes van die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika teen die einde van hierdie politieke termyn te hanteer. Creecy het in die begrotingsdebat van haar departement in Kaapstad gesê hulle beplan om padsterftes teen 2029 met 45-persent te verminder om […]
Verligting in Diddy-kamp na uitspraak - July 3, 2025
Die uitspraak in die opspraakwekkende hofsaak teen Sean “Diddy” Combs, wat lewenslange tronkstraf sou behels indien hy skuldig bevind was op alle aanklagte, het gemengde gevoelens uitgelok. Combs is egter net skuldig bevind op twee aanklagte, met ‘n maksimum vonnis van 10 jaar tronkstraf elk. Hy en sy regspan was jubelend. Die BBC het gepraat […]
Britse en Ierse Leeus verslaan Red met 52-12 - July 3, 2025
Die Britse en Ierse Leeus het nog ‘n oortuigende oorwinning in Australië behaal. Die Reds kon na ‘n dapper begin nie die pas volhou in Brisbane nie. Die besoekers het met 52-12 gewen na agt drieë, teenoor die Reds se twee. Onder die driedrukkers was die vleuel Duhan van der Merwe, die Skotse senter Huw […]
Zürich-Windhoek vlugte sal verskeie sektore bevoordeel - July 2, 2025
Switserland se Edelweiss-lugredery sal vanaf 1 Junie 2026 seisoenale vlugte na Namibië loods, en twee keer per week direkte verbindings tussen Zürich en Windhoek aanbied met die moderne Airbus A350. Dit sal Europese toeriste nader bring aan safari-avonture, woestynduine en die land se helder sterrehemel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dan Kamati, die Namibiese […]
VSA-reis was vir waardevoorstel oor landbou, sê Saai - July 2, 2025
Die uitvoerende direkteur van die landbou-organisasie, Saai, Theo de Jager, sê die reis na Amerika was om ‘n waardevoorstel aan te bied om ekonomiese migrasie te stop met behulp van die landbousektor, deur die beëindiging van armoede en hongerte in Afrika. De Jager sê landbou kan vinniger welvaart skep as enige ander sektor, maar belegging […]
‘Diddy’ Combs skuldig bevind op 2 klagte - July 2, 2025
Die hip-hopmagnaat Sean “Diddy” Combs is in ‘n federale hof in New York skuldig bevind aan twee klagte van die vervoer van Cassie Ventura en ander vir prostitusie, asook die vervoer van ‘n vrou wat bekend staan as Jane en ander vir prostitusie. Hy is onskuldig bevind op klagte van sameswering tot rampokkery, seks-mensehandel van […]