Veteraan neem voortou in Bergrivier-kanomarathon - July 2, 2025

Die veteraan Hank McGregor het vroeg die voortou geneem in die Paarl aan die begin van die jaarlikse Bergrivier-marathon waaraan byna ‘n honderd roeiers deelneem. Die 47-jarige, ‘n twaalfmalige wêreldkampioen, het sy 13de Berg in 2023 gewen en is teen die einde van sy loopbaan steeds ‘n taai mededinger as die wêreld se suksesvolste marathon-kajakvaarder. […]

Read More

Studente ‘moet sê hê in taakmag oor gratis tersiêre onderwys’ - July 2, 2025

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het teleurstelling uitgespreek oor die uitsluiting van studente deur die nuwe taakmag oor gratis openbare tersiêre onderwys. Kosmos 94.1 Nuus het met Nanso-president Dorothea Nangolo gepraat. Sy sê dat studente by die besluitnemingsproses ingesluit moet word.

Read More

Capricorn Eagles wil vaardighede slyp - July 2, 2025

Met die IKR Vroue T20 Wêreldbeker Afrika-kwalifiseerder net weke weg, sê die kaptein van die nasionale vrouekrieketspan, die Capricorn Eagles, Suné Wittmann, dat hul komende tuisreeks teen die Suid-Afrikaanse Emerging Women’s Academy ‘n belangrike kans is om vaardighede te slyp en momentum te bou.

Read More

Moontlike 20 miljard vate olie in PEL 87: Pancontinental - July 2, 2025

Pancontinental Energy berig dat sy tegniese studies van PEL 87 aflandig van Namibië se suidkus ‘n moontlike olie-kapasiteit van meer as 20 miljard vate onder die Saturnus-kompleks aandui. Die kompleks is net noord-wes van die Kudu gasveld. Twee in-diepte studies, ‘n ontleding van die bekken-modellering en ‘n kwantitatiewe interpretasie van 3D-seismiese gegewens, bevestig die teenwoordigheid […]

Read More

Mosie in NV oor kapasiteit van olie- en gaswerkers - July 2, 2025

Terwyl Namibië nader beweeg aan olieproduksie, het Swapo-LP, Tobie Aupindi, kommer in die Nasionale Vergadering uitgespreek oor die land se gereedheid om aan die vaardigheidsbehoeftes van die petroleumsektor te voldoen. Hy het ‘n mosie ingedien en die Parlement versoek om Namibië se kapasiteit om gekwalifiseerde werkers in alle vlakke van die olie- en gasbedryf te […]

Read More

Sekuriteitebeurs wys gemengde resultate in eerste 6 maande - July 2, 2025

Die Namibiese Sekuriteitebeurs het gemengde seine in die eerste helfte van 2025 getoon, wat die verskuiwende beleggersentiment en breër ekonomiese tendense weerspieël terwyl ontleders kommentaar lewer oor wat vir die res van die jaar voorlê. Kosmos 94.1 Nuus het met Tian Bazuin, die beurs se uitvoerende hoof gesels.

Read More

Oekraïne bekommerd oor afsny van kritieke wapens, Moskou juig - July 2, 2025

Oekraïne het ‘n Amerikaanse diplomaat ontbied en sy belangrikste bondgenoot versoek om nie kritieke militêre hulp af te sny nie nadat die Withuis gesê het sekere wapenverskepings sal gestaak word. Kiëf sê dit kan sy vermoë belemmer om verergerende Russiese lugaanvalle af te weer. Moskou is verheug oor die besluit en sê dit kan die […]

Read More

Nog groenwaterstof-sektor kanse vir jeug in Suide - July 2, 2025

Die derde fase vir beursaansoeke vir ambagsopleiding in die groenwaterstofprogram is van stapel gestuur om die jeug in die Hardap- en Karas-streke te bemagtig met praktiese vaardighede vir die sektor. Die inisiatief is daarop gemik om werkloosheid te verminder en streeksontwikkeling te bevorder deur middel van geteikende beroepsopleiding. Joseph Isaacks, voorsitter van die Karas-streeksraad het […]

Read More

SA mik na wêreldrekord vir grootste braai - July 2, 2025

Suid-Afrika maak gereed vir die Guinness-wêreldrekord vir die grootste braai. Die titel behoort sedert 2017 aan Uruguay wat 16,5 ton vleis gebraai het. Castle Lager en Big Save gaan op Erfenisdag op 24 September gasheer wees vir die wêreld se grootste braai. Om die geleentheid af te skop, het Castle die “Grillboard” onthul. Dis ʼn […]

Read More

Iran bekragtig opskort van samewerking met VN-kernwaghond - July 2, 2025

President Masoud Pezeshkian van Iran het vandag ‘n wet wat verlede maand deur die parlement aangeneem is, bekragtig, om samewerking met die VN se kernwaghond op te skort. Iranse staatsmedia berig die wetsontwerp bepaal enige toekomstige inspeksie deur die Internasionale Atoomenergieagentskap moet eers deur die Opperste Nasionale Veiligheidsraad goedgekeur word. Die stap volg ná ‘n […]

Read More