Boks Suid-Afrika stel nuwe finansiële hoof aan - July 2, 2025
Boks Suid-Afrika sê die vakante pos van finansiële hoof is nou, na die aanstelling van ervare finansiële praktisyn, Betram Moses, gevul. Boks SA se se woordvoerder, Luthando Zibeko, sê Moses is ‘n gesoute strydros met meer as drie dekades se ondervinding in die finansiële sektor, en spesifiek in die privaat sektor. Hy glo Moses sal […]
Transitorowers buit N$500 000 by Total-diensstasie in Lafrenz - July 2, 2025
‘n Groep van ses transitorowers het toegeslaan by die Total Energies-diensstasie in Windhoek se Lafrenz industriële gebied en weggekom met sowat 500 000 Namibiese dollar. ‘n Heen-en-weer skietery het losgebars tussen die rowers en sekuriteitsbeamptes, maar geen beserings is aangemeld nie. Die verdagtes het weggejaag in ‘n Volkswagen Golf. Die polisie is op die toneel, […]
AR verwelkom aksie oor hoë bankkoste - July 2, 2025
Die Bank van Namibië is deur die parlementêre komitee op ekonomie, nywerheid en openbare administrasie beopdrag om ‘n impakstudie oor bankfooie en –heffings te finaliseer en dit so vinnig as moontlik aan die finansministerie te oorhandig. Dié verslag sal as riglyn dien vir die ministerie se regulasies wat op hoë bankkoste gemik is. Kosmos 94.1 […]
Geestesgesondheid verswak in SA - July 2, 2025
Die Universiteit van die Wes-Kaap sê probleme met geestesgesondheid neem toe in Suid-Afrika, insluitend onder universiteitstudente. Professor Matete Madiba sê ondanks wydverspreide sielkundige probleme, het slegs ʼn klein aantal studente toegang tot geestesgesondheidsdienste. Sy sê die meerderheid mense pas aan, organiseer, versorg en bou betekenis te midde van teëspoed en beperkings:
Dalai Lama bevestig opvolging - July 2, 2025
Die Dalai Lama het aangekondig dat iemand hom ná sy dood sal opvolg om die eeue-oue tradisie voort te sit. Dit het ‘n brandpunt geword in die stryd met China se Kommunistiese Party oor die toekoms van Tibet. Die Nobelpryswenner woon in Indië sedert hy in 1959 uit Tibet gevlug het ná ‘n mislukte opstand […]
Shanghala lê klag teen ACC oor Stefansson immuniteit - July 2, 2025
Plaaslike media berig dat oud-justisieminister Sacky Shanghala ‘n kriminele saak teen die Teenkorrupsie-kommissie gemaak het. Hy meen die kommissie het onregmatig immuniteit aan die fluitjieblaser Johannes Stefansson,voorheen van Samherji in Ysland, toegestaan het. Stefansson het die Fishrot-skandaal oopgevlek. Shanghala het ook die kommissie se hoof Paulus Noa, sy adjunk Erna van der Merwe, die hoofondersoeker […]
Wapengeweld in Wes-Kaap wek groot kommer - July 2, 2025
Die GOOD-party sê wapengeweld gaan voort in die Wes-Kaap. Hy sê volgens hom is die Stad Kaapstad onvoorbereid en blykbaar onwillig om die kern-oorsake van die probleem te hanteer. Die party sê misdaadstatistiek toon dat meer as ʼn duisend mense tussen Januarie en Maart vanjaar in die provinsie vermoor is. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron:
Palestyne het net een hoop oor, om nog ‘n dag te oorleef - July 2, 2025
‘n Skietstilstand kan nie vinnig genoeg kom vir die inwoners van Gaza nie. Derduisende is dood en aanvalle duur daagliks voort, ook onder verhongerdes wat voedselhulp kom haal. Dr. Mohammed Abu Mughaisib, adjunk-mediese koördineerder vir Dokters Sonder Grense in Palestina sê hoop in Gaza is net om tot nog ‘n dag te leef.
F1 het plan indien wedrenne nie in Midde-Ooste gehou kan word nie - July 2, 2025
Formule Een het ‘n gebeurlikheidsplan gereed indien die konflik in die Midde-Ooste ‘n uitwerking sou hê op die wedrenne in Katar en Abu Dhabi. Iran het verlede maand missiele afgevuur op ‘n Amerikaanse Lugmagbasis in Katar, net oorkant die Golf van Iran, weens Amerika se deelname aan Israel se lugoorlog. Die voorlaaste wedren is op […]
Meer as een front kom die week aan, dit gaan koud word - July 2, 2025
Daar is meer as net vandag se kouestelsel wat Suider-Afrika tref. Die buurland sal uiters koud wees met sneeu wat tot in Johannesburg voorspel word. Die weerkenner Johan van den Berg sê dit gaan plaaslik ook in beduidende impak hê.