Zambië bekom 26% van Lobito-raffinadery - July 2, 2025
Zambië het amptelik ‘n 26 persent belang in Angola se Lobito-olieraffinaderyprojek, Angola se grootste olieraffinadery, verkry. Die Lobito-raffinadery, het ‘n beplande kapasiteit van 200 000 vate per dag. Sodra dit teen 2026 voltooi is, sal die multimiljard-dollar-fasiliteit ru-olie raffineer vir beide internasionale en binnelandse uitvoer, insluitend uitvoer na Zambië en die Demokratiese Republiek van die […]
Vier mediawerkers vas in Turkye oor spotprent - July 2, 2025
Vier werknemers van ‘n satiriese tydskrif in Turkye is in hegtenis geneem vir die publikasie van ‘n spotprent wat moontlik die profeet Mohammed uitbeeld. Die uitbeelding van die heilige godsdiensfiguur is verbode in Islam. Die minister van Binnelandse Sake, Ali Yerlikaya, veroordeel LeMan se spotprent as skaamteloos, en het aangekondig dat die hoofredakteur, grafiese ontwerper, […]
BoN sê besigheidsregistrasies toon vertroue in sakesektor - July 2, 2025
‘n Totaal van 3 192 nuwe besighede is in Namibië geregistreer gedurende die eerste vier maande van 2025. The Brief sê volgens die Bank van Namibië verteenwoordig dit ‘n toename van 27 persent in vergelyking met dieselfde tydperk in 2024, wat dui op sterker sakevertroue en verbeterde vooruitsigte vir ekonomiese aktiwiteit. Op ‘n kwartaallikse grondvlak […]
AfriForum haaks oor Tshwane se skoonmaakheffing - July 2, 2025
AfriForum sê die Stad Tshwane beledig belastingbetalers deur hulle in hofstukke as vrybuiters te bestempel as deel van ’n regsgeding oor die stad se nuwe skoonmaakheffing. AfriForum betwis die maandelikse heffing van 194 Suid-Afrikaanse rand en beskryf dit as ‘n onregverdige dubbele belasting. Die saak gaan op 24 Julie in die hof in Pretoria aangehoor […]
Trump skerts oor Alligator Alcatraz - July 2, 2025
President Donald Trump het Dinsdag die omstrede nuwe aanhoudingsentrum in Florida genaamd “Alligator Alcatraz” besoek, waar sowat 5 000 migrante aangehou sal word. Sommige staatswetgewers, die burgemeester, inheemse groepe en bewaringsorganisasies is gekant teen die konstruksie daarvan en sê dat dit ‘n belangrike ekosisteem kan benadeel. Alligators en luislange in die omliggende vleilande sal na […]
F1: Cadillac verwag nie wonderwerke nie - July 2, 2025
Cadillac verwag nie wonderwerke wanneer hy volgende seisoen tot Formule Een toetree nie. Spanhoof Graeme Lowdon sê hulle het eindelose ambisie en genoeg geld, maar sal nie verbaas wees as hulle laaste op die punteleer eindig nie. Die span het in Maart goedkeuring van die beheerliggaam ontvang om die 11de span te word en doen […]
Swakop-polisie loods operasie, teen asdromdiefstal - July 2, 2025
Die polisie in Swakopmund het ‘n maand lange operasie geloods om die diefstal en misbruik van vullisdromme aan te pak. Ongeveer 100 vullisdromme word maandeliks gesteel en moet gratis vervang word. Die dromme word na bewering vir kriminele aktiwiteite gebruik, insluitend die vervoer van gesteelde goedere. Linda Mupupa, munisipale woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus […]
Outa sê Parlement moet partylojaliteit laat staan - July 2, 2025
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die Parlement moet sy mag terugkry deur op te staan teen partylojaliteite en hy moet die uitvoerende gesag sonder vrees aanspreeklik hou. Die organisasie doen ‘n beroep vir ‘n mense-gesentreerde benadering tot toesig waarin burgers eerste gestel word, en versoek lede van die Parlement om te fokus op mense, nie […]
Mali se weermag dood 80 militante in goedbeplande aanvalle - July 2, 2025
Mali se gewapende magte het 80 militante doodgemaak in reaksie op ‘n reeks gelyktydige en gekoördineerde aanvalle op militêre poste regoor die land, luidens ‘n video-verklaring wat deur die leër vrygestel is. Souleymane Dembele, die weermag se woordvoerder, sê dat die vyand aansienlike verliese gely het op elke plek waar hulle met die veiligheids- en […]
Tesla aandele daal na Trump deportasie vir Musk dreig - July 2, 2025
Elon Musk se jongste aanval op wat hy Donald Trump se “waansinnige bestedingswetsontwerp” noem, beïnvloed skynbaar die aandeelprys van Tesla. Die wetsontwerp is deur die Amerikaanse Senaat goedgekeur. Musk se jongste uitbarsting en Trump se reaksie het die bekgeveg tussen die voormalige bondgenote laat opvlam. Trump het gesê hy “kyk” na die moontlikheid om die […]