Tsumeb se 35 000 inwoners skuld N$200m  - July 2, 2025

Met net minder as 35 000 inwoners, word die Tsumeb-munisipaliteit 200 miljoen Namibiese dollar geskuld. Die dorp se burgemeester, Mathews Angula, sê aan plaaslike media dat dit uiters uitdagend is om dienslewering voort te sit onder sulke toestande. Hy voeg by dat die groter meerderheid van inwoners werkloos is wat dit onmoontlik maak vir hulle […]

Read More

SAPD ontvang 67 000 aansoeke  - July 2, 2025

Die buurland se polisiediens het meer as 67 000 aansoeke ontvang vir sy basiese opleidingsprogram. Die hoë volume het vertragings veroorsaak op die werwings-webblad en tegniese spanne werk om die stelsel bestendig te kry. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk het aansoekers herinner die sluitingsdatum is 18 Julie: 

Read More

Kenner sê oor Gaza-skietstilstand  - July 2, 2025

Amerikaanse president Donald Trump het, sonder om enige besonderhede te verskaf, gesê dat Israel ingestem het tot ‘n 60-dag wapenstilstand in Gaza. Die veiligheids- en verdedigingsontleder professor Michael Clarke het met SkyNews gepraat en is nie optimisties nie, maar sê dat daar dalk ‘n beter kans op ‘n wapenstilstand is ná Amerika se aanvalle op […]

Read More

Diddy se jurie teruggestuur   - July 2, 2025

Die jurie in die verhoor van Sean “Diddy” Combs sal aanhou beraadslaag nadat hulle ‘n gedeeltelike uitspraak oor vier van die klagtes bereik het, maar ‘n dooiepunt bereik het oor die ernstigste aanklag teen die hip-hop-magnaat, die klag van rampokkery. Die atmosfeer in die hof was gespanne terwyl Combs met sy kop gebuig en hande […]

Read More

Namibiër gesels oor hittegolf in Londen  - July 2, 2025

’n Hittegolf hou Europa steeds in sy greep, terwyl Brittanje ’n maksimum van 33,6-grade Celsius in Kent aangeteken het, wat dit die warmste dag van die jaar tot dusver maak. Namibiër Christo van Niekerk is tans in Londen… hy sê ons moet dankbaar wees.  In Turkye is 50 000 mense ontruim as gevolg van wegholveldbrande. […]

Read More

Gratis tersiêre onderrig moontlik, as Nsfaf ontbind word - July 2, 2025

In sy jongste kwartaallikse oorsig het die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gratis tersiêre onderwys onder die loep geneem. Hy vra of die regering enigsins bronne aan hoër onderwys moet toeken. Indien aanvaar word dat die verhouding van fooie tot staatsubsidies oor tyd konstant bly, dan sou die afskaffing van fooie verdere besteding deur die regering […]

Read More

Kenner sê oor penarie met kragopwekking, -invoere - July 2, 2025

Reaksie word ontvang op Namibië wat minder krag opwek met vraag wat groei. Die land het 548,5 miljoen kilowatt-ure elektrisiteit in die eerste kwartaal van 2025 ingevoer, ‘n skerp toename van die 491,7 miljoen wat in dieselfde tydperk verlede jaar aangeteken is, te midde van stygende vraag en ‘n afname in plaaslike opwekking. Binnelandse elektrisiteitsproduksie […]

Read More

Dagga: Vol bank regters hoor grondwetlike aansoek vandag aan - July 2, 2025

Drie regters van die Windhoek Hooggeregshof sal vandag argumente aanhoor om te besluit of ‘n grondwetlike uitdaging teen Namibië se daggaverbod kan voortgaan. Die saak, aanhangig gemaak deur Brian Jaftha en Borro Ndungula, leiers van Ganja Users of Namibia, poog om die verbod op daggagebruik deur volwassenes ongrondwetlik te laat verklaar. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

Tele-evangelis Jimmy Swaggart sterf op 90 - July 2, 2025

Die Amerikaanse tele-evangelis, Jimmy Swaggart wat Suid-Afrika in die 1980’s besoek het, is op 90 dood nadat hy met swak gesondheid gesukkel het. Die boorling van Louisiana was bekend as ʼn innemende Pinkster-prediker met ʼn groot gevolg voordat hy in 1988 in New Orleans op kamera met ʼn prostituut betrap is. Hy is een van […]

Read More

AR lê mosie ter tafel om stem-ouderdom na 16 te verlaag - July 2, 2025

Die AR-parlementslid Tuhafeni Kalola het ‘n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê om die stem-ouderdom van 18 tot 16 te verminder. Hy voer aan dat 16-jariges volwasse genoeg is om aan demokratiese prosesse deel te neem. Hy het kommer dat tieners te jonk, oningelig of maklik beïnvloedbaar is van die hand gewys, en […]

Read More