DA lê klagte teen hoër onderwysminister - July 2, 2025

Die DA het in Kaapstad strafregtelike klagte gelê teen die minister van Hoër Onderwys, Nokubhle Nkabane, omdat sy na bewering vir die parlement gelieg het oor die aanstelling van ANC-kaders. Die party sê sy het vals beweer ‘n onafhanklike paneel het die bedrieglike aanstellings van mense met ANC-bande op die rade van Sektoronderwys- en Opleidingsowerhede […]

Read More

Israel stem in tot 60-dag skietstilstand – Trump - July 2, 2025

Israel het ingestem tot die nodige voorwaardes om ‘n 60-dag wapenstilstand in Gaza te finaliseer, het die Amerikaanse president Donald Trump gesê. Tydens die voorgestelde ooreenkoms sal die VSA met alle partye saamwerk om die oorlog te beëindig. Hy sê Katar en Egipte sal die finale voorstel aan Hamas lewer. Terwyl geen besonderhede bekend is […]

Read More

Trump se Big beautiful bill net-net goedgekeur - July 2, 2025

Die Republikeins-beheerde Amerikaanse senaat het president Donald Trump se Big, beautiful bill naelskraaps goedgekeur, na die stemme op 50 vir en 50 teen te staan gekom het en vise-president JD Vance die beslissende stem uitgebring het. Die Republikeine Thom Tillis van Noord-Carolina, Susan Collins van Maine en Rand Paul van Kentucky het saam met al […]

Read More

Ministerie loop deur oor skeidsregters se betaling - July 1, 2025

Die PDM-parlementslid Utaara Mootu het in die Nasionale Vergadering onderwysminister Sanet Steenkamp uitgevra oor die wanbetaling van wedstrydskeidsregters en assessors sedert Maart vanjaar. Mootu sê dat amptenare herhaaldelik opgevolg het oor hul salarisse, net om te hoor dat daar geen beskikbare fondse is nie. Sy het die ministerie ook gekritiseer omdat hulle voornemens uitspreek om […]

Read More

Motors word afgeskryf oor tekort aan onderdele - July 1, 2025

Suid-Afrika ondervind ‘n toename in voertuie wat afgeskryf word vir onbenullige skade weens hoë herstelkoste wat te wyte is aan ‘n tekort aan onderdele. Thabo Twalo van Santam het aan Daily Investor gesê die neiging word aangevuur deur internasionale spanning, insluitend die Amerikaanse president, Donald Trump, se tariewe. ‘n Vertraging met die lewering van onderdele […]

Read More

Trump sê Doge moet dalk na Musk kyk - July 1, 2025

Die bekgeveg tussen Amerikaanse president Dondald Trump en sy voormalige bondgenoot, Elon Musk, het weer opgevlam. Musk het Trump se sogenaamde groot, pragtige wetsontwerp herhaaldelik gekritiseer, en aangedui dat dit sy werk by die departement van regeringsdoeltreffendheid, of Doge, om die regering se besteding te besnoei, ondermyn. Trump het aan verslaggewers by die Withuis gesê […]

Read More

Derde-gekeurde Pegula val uit in Wimbledon eerste ronde - July 1, 2025

Tennis: Die derde-gekeurde Amerikaner Jessica Pegula is in Wimbledon se eerste ronde uitgeboender. Sy het in skoon stelle verloor teen die Italianer Elisabetta Cocciaretto, 82ste op die wêreldranglys. Coccioretto se beste vertoning in Grand Slam-toernooie tot dusver was die vierde ronde in verlede jaar se Franse Ope, terwyl sy in 2023 Wimbledon se derde ronde […]

Read More

Beleggings is vir almal, selfs met klein bedrae - July 1, 2025

Mikrobeleggings laat enigiemand toe om welvaart te bou deur klein bedrae in aandele of fondse te belê. Fraksionele beleggings bou waarde oor tyd en maak mettertyd groter beleggings moontlik. Ivan Heigan, finansiële adviseur by Old Mutual Namibia, het meer.

Read More

Namiese juniors wen 3 goud, 2 silwer by Wêreldjeugspele - July 1, 2025

Vyf Namibiese junior-atlete het medaljes gewen by die Wêreldjeugspele in Gothenburg, Swede, waarvan drie goud was. Vier van die medaljewenners uit die Namibiese span van 15 was van die Namibiese Privaatskole-organisasie, Napso. Meer as 40 lande het aan die kampioenskap deelgeneem. Goue medaljes is gewen deur Ashley Martins van die Walvisbaai Privaatskool in die meisies […]

Read More

NNN stel 7 nuwe streeksgoewerneurs aan - July 1, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het sewe nuwe streekgoewerneurs aangestel om die belange van die sentrale regering te dien en die effektiewe implementering van beleide en programme regoor Namibië te verseker. Die aanstellings is daarop gemik om regering te versterk en die lewensgehalte van alle Namibiërs te verbeter. Die nuut aangestelde goewerneurs is Pijoo Nganate vir die […]

Read More