Net hierdie vleis mag in bek-en-klouseer-vry sone ingebring word - July 1, 2025
Die Lewendehawe Produsente-organisasie het ‘n verklaring uitgereik oor die regulasies vir die inbring van vleis van gesplete-hoef vee na die bek-en-klouseer-vry sone. Dit kom na inkorrekte inligting aanlyn versprei is in antwoord op ‘n verklaring van die Direktoraat Veeartsenydienste wat die regulasies herbevestig het. Biltong en droëwors wat gehang het om droog te word mag […]
Onderwys in krisis weens swak beplanning: LPM - July 1, 2025
Edda Bohn, adjunk-uitvoerende direkteur van die onderwysministerie, het onlangs gesê die meeste leerders in graad 3 sukkel om te lees en ‘n eenvoudige storie te verstaan. Nege uit tien kinders voldoen nie aan die minimumvereisters vir geletterdheid vir tienjariges nie, en skaars ‘n derde het geskikte syfervaardighede. Die LPM se menseregteleier Joyce Muzengua het met […]
Privaatsektor kredietverlenging groei op jaargrondslag - July 1, 2025
Die jaarlikse groei in privaatsektor kredietverlenging het in Mei effens gedaal tot 4,1 persent, van 4,5 persent in April. Dit is egter hoër as die 3,2 persent wat in Mei 2024 aangeteken is, sê Cirrus. Die gemiddelde jaar-tot-jaar groei van privaatsektor kredietverlenging vir 2025 tot op datum staan op 4,3 persent, wat hoër is as […]
Bankfinansiering, wette voorsien nie vir alle boumateriale - July 1, 2025
Te midde van die behuisingstekort sê sommige munisipaliteite hulle het geen probleem met alternatiewe boumateriaal nie, mits dit veilig is en aan regulasies voldoen. Volgens Mariental se Paul Nghiwilepo is bankfinansiering die grootste struikelblok vir nie-tradisionele huise. Swakopmund se Alfeus Benjamin sê wetgewing en bouregulasies moet nog aangepas word. Kosmos 94.1 Nuus het met, Heinrich […]
Voorsien Zille ineenstorting van RNE? - July 1, 2025
Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, sê die party het wel ‘n mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa. Die party beskuldig hom omdat hy nie teen korrupte ANC-ministers opgetree het nie. Dit volg nadat Ramaphosa die DA se adjunkminister van Handel en Nywerheid, Andrew Whitfield, afgedank het omdat hy sonder […]
130+ organisasies vra sluiting van hulpgroep in Gaza - July 1, 2025
Meer as 130 liefdadigheidsorganisasies en nie-regeringsorganisasies vra dat die Israels-Amerikaans-ondersteunde Humanitêre Stigting in Gaza gesluit moet word. Oxfam, Save the Children, Amnestie Internasionaal en ander sê meer as 500 Palestyne wat hulp probeer ontvang het is dood sedert die stigting einde Mei met sy werksaamhede begin het, met amper 4 000 wat beseer is. Die […]
Deurbraak anti-kankermiddel in diepsee gevind - July 1, 2025
Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê ‘n sterk kankerbestrydende middel is in die diepsee aan die suidkus ontdek. Die middel word uit ’n seldsame seewurm onttrek en toon goeie potensiaal in die behandeling van kankers soos leukemie deur kankerselle spesifiek te teiken. Daar word verwag dat die ontdekking belegging in seenavorsing, farmaseutiese […]
Vervoerkoste dryf inflasie, ander sektore groei - July 1, 2025
Die sentrale bank het meer inligting gegee oor die ekonomie se groei van 2,7 persent in die eerste kwartaal. Inflasie het tot 3,7 persent gestyg, gedryf deur vervoerkoste. Openbare skuld het intussen 166,7 miljard Namibiese dollar bereik. Die bank sê globale onsekerheid en streekspanning het druk bygevoeg. Sandra Garises, segspersoon by die Bank van Namibië.
Cosatu loof Nehawu vir 38 jaar diens aan werkers - July 1, 2025
Cosatu het die vakbond Nehawu gelukgewens met sy diens van 38 jaar aan werkers. Die federasie sê Nehawu het sedert sy stigting op 27 Junie 1987 ware betekenis aan vakbondwese verleen wat verder strek as die stryd in die werkplek – hy het ook klem geplaas op die uitwerking van armoede op burgers. Cosatu se […]
Tientalle sterf in ontploffing by Indiese fabriek - July 1, 2025
Tientalle mense is dood in ‘n reuse-ontploffing en brand in ‘n farmaseutiese fabriek in die suidelike Indiese staat Telangana. Nuusagentskappe berig die voorval het tydens werksure by Sigachi Industries plaasgevind en verskeie mense is beseer. Van hulle is in ‘n bedenklike toestand. ‘n Senior polisiebeampte het aan Press Trust of India gesê 31 liggame is […]