Al-Hilal boender Man City uit Klub-Wêreldbeker - July 1, 2025

Sokker: Die verdedigende kampioen, Manchester City, is in die laaste 16 van die Klub-Wêreldbekertoernooi uitgeskakel toe hulle in ekstra tyd deur die Saoedi-Arabiese span Al-Hilal oorrompel is. Pep Guardiola se span het ongeskonde deur die groepstadiums gevorder, maar kon nie na die kwarteindronde deurdring nie nadat hulle vier doele met roekelose verdediging afgestaan het. Al-Hilal […]

Read More

12 privaat dokters bied dienste by Katutura-hospitaal aan - July 1, 2025

Die gesondsheidsminister, Esperance Luvindao, het aangekondig dat 12 mediese dokters uit die privaatsektor vrywillig aangebied het om gratis by die Katutura-gesondheidsentrum te werk. Dit kom na die ministerie ‘n beroep op dokters gedoen het om hul dienste aan te bied, veral in die aand. Luvindao sê sekere gesondheidentrums se ure sal ook verleng word.

Read More

Mosambiek wil skuld vir klimaat-optrede ruil  - July 1, 2025

Mosambiek is besig met onderhandelings oor skuld-vir-klimaat-ruiltransaksies om skuldbetalings na klimaat-optrede te herlei. Dié land se minister van finansies, Carla Loveira, het ooreenkomste met onder meer België bevestig. Die inisiatief, wat deel is van Mosambiek se breër plan vir klimaatfinansiering, sal op die Verenigde Nasies se Vierde Internasionale Konferensie oor Finansiering vir Ontwikkeling in Sevilla, […]

Read More

Britse minister meen Palestyne moet ook ‘Oekraïnse visums’ kry - July 1, 2025

Terwyl presiese syfers onbekend is, is daar meer as 5 000 mense in die Verenigde Koninkryk wat Palestynse burgerskap het. Die land se arbeids- en samewerkingminister Rachel Maskell stel voor dat die Oekraïnse visum, wat toegelaat het dat familielede van die in Brittanje by hulle kan aansluit ook vir Gaza aangewend moet word, ten spyte […]

Read More

Studie ondersoek oorlewing van stedelik natuurlewe - July 1, 2025

ʼn Nuwe Yale-studie het onthul hoe stedelike natuurlewe by die stadslewe aanpas deur DNS in 21 parke in Detroit se grond te ontleed. Navorsers het 23 soogdierspesies opgespoor en verskuiwings volgens seisoene opgemerk. Diere vorm groepe in die winter en versprei meer in die somer. Groter parke ondersteun groter biodiversiteit terwyl die mens se teenwoordigheid […]

Read More

Brandstofprys: Jy hoef vanaand niks te doen nie, gaan ontspan - July 1, 2025

Terwyl brandstofpryse in die buurland styg, is Namibiërs effe meer gelukkig. Die energie-ministerie het verbruikers tegemoet gekom deur die brandstofprys vir Julie onveranderd te laat, ten spyte van onderverhalings. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, die petroleum-ekonoom by die energieministerie gepraat.

Read More

As Modi-besoek oor mynwese gaan, verloor Namibië weer - July 1, 2025

Reaksie word ontvang op die nuus dat Indië se eerste minister, Narendra Modi, op 9 Julie ‘n staatsbesoek aan Namibië sal aflê. Die besoek sal fokus op die versterking van bande, met ooreenkomste wat onderteken sal word in handel, gesondheid, onderwys, en meer. Modi sal ook die parlement toespreek. Die regering het vroeër gesê Indiese […]

Read More

Meer as 7 miljoen kubiek in een week uit damme onttrek - July 1, 2025

Meer as 7 miljoen kubieke meter water is in die afgelope week uit die land se damme onttrek met meer as 5 miljoen wat uit die Suide se damme benut is. Hardap, tans op 71,7 persent het 2,1 miljoen kubiek aan die groenskema voorsien terwyl daar ook 2,1 miljoen kubiek uit Neckartal gepomp is. Naute, […]

Read More

Suider-Afrika moet saam werk en dan VSA nader - July 1, 2025

Terwyl die Trump-administrasie se beleidsrigtings steeds wêreldwye handel, diplomasie en beleggingsprioriteite hervorm, staan Suider-Afrika by ‘n strategiese kruispad, gereed om geopolitieke verskuiwings in ekonomiese geleenthede te omskep deur streeksintegrasie te versterk, globale vennootskappe te diversifiseer en sy rol in ‘n veranderende wêreldorde te bevestig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Nixon Kariithi, ‘n kenner […]

Read More

SARB soek verlaging van inflasiedoelwit - July 1, 2025

Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago sê die huidige 4,5 persent inflasiedoelwit verswak die rand en verdubbel pryse elke 16 jaar. In die Reserwebank se jaarverslag, vra Kganyago vir ‘n 3 persent teiken, wat in lyn is met globale standaarde. Kganyago beskryf die inflasiekoers van 2,8 persent in Mei, is ‘n uitstekende geleentheid […]

Read More