Ons praat nie met Iran nie – Trump - July 1, 2025
Die Amerikaanse president Donald Trump sê vandat die VSA aanvalle op kernaanlegte in Iran van stapel gestuur het, bied hy die land niks aan nie en praat ook nie met sy regering nie. Die verklaring volg nadat die adjunkminister van Buitelandse Sake in Iran, Majid Takht-Ravanchi, aan die BBC gesê het gesprekke tussen Washington en […]
Huldeblykwedstryd vir Messi - July 1, 2025
Die Argentynse legende Lionel Messi gaan vereer word met ‘n huldeblykwedstryd op die Spaanse reus Barcelona se ikoniese stadion, Camp Nou, sodra opknappingswerk voltooi is. Hy het byna 20-jaar lank vir die span gespeel voor hy in 2021 na Paris Saint-Germain verskuif het. Messi het 520 doele aangeteken vir Barca en 34 titels verower, insluitend […]
Starlink se aansoek word steeds hersien - July 1, 2025
Die inligtingsminister, Emma Theofelus, sê Starlink se aansoek om sy 51 persent eienaarskap te behou, word steeds hersien. Volgens haar het dié ontwikkeling die potensiaal om die plaaslike telekommunikasiebedryf, insluitend werksgeleenthede, positief of negatief te raak. Starlink het middel verlede jaar ’n aansoek ingedien om in Namibië bedryf te word maar plaaslike wetgewing bepaal enige […]
Numsa vra sanksies teen Israel - July 1, 2025
Die metaalwerkersvakbond Numsa veroordeel die VSA en Israel ten sterkste oor hulle rol in die onlangse militêre aanvalle op Iran. Die vakbond sê onlangse bombardement deur Amerika op Iran se kernaanlegte is deur Israel se ongevraagde aanvalle ontketen, wat deur die VSA met wapens en militêre tegnologie ondersteun is. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, vra […]
Amper al Kenia se kosprodukte sal ingevolge nuwe wet waarskuwings moet kry - July 1, 2025
Byna al die verpakte voedsel en drank wat in Kenia deur plaaslike en internasionale maatskappye verkoop word, sal ‘n gesondheidswaarskuwingsetiket vereis onder nuut opgestelde reëls. Kenia het sy voedingsprofielmodel vrygestel en is daartoe verbind om dit te gebruik om etikette op die voorkant van die verpakking te ontwikkel. Die verslag deur die niewinsgewende Access to […]
Kenner sê oor Europese hittegolf - July 1, 2025
Europa ervaar tans ‘n ongekende hittegolf met brande wat in Turkye, Spanje en Italië voorkom. Hittewaarskuwings is ook ingestel vir dele van Spanje, Portugal, Italië, Duitsland, die Verenigde Koninkryk en die Balkanlande, insluitend Kroasië. Die warmste Junie-dae ooit was oor die naweek aangeteken in beide Spanje en Portugal. Die professor in klimaatwetenskap, Richard Allan het […]
Mariental in wese bankrot - July 1, 2025
Die Mariental-munisipaliteit het ‘n tekort van 74,4 miljoen Namibiese dollar in 2024 aangeteken, teenoor 29,7 miljoen dollar in 2023. Dit is volgens die jongste ouditverslag deur ouditeur-generaal Junias Kandjeke. Die dorpsraad se laste staan op net minder as 224 miljoen dollar met bates van 81,5 miljoen dollar. Kandjeke sê dit is twyfelagtig of die munisipaliteit […]
Stryd teen staatskapingkorrupsie duur voort - July 1, 2025
Die Teenkorrupsie-ondersoekdirektoraat het belowe om die stryd teen staatskapingskorrupsie voort te sit na vier voormalige Transnet-bestuurders borgtog van 50 000 Suid-Afrikaanse rand elk deur die Palm Ridge Handelsmisdaadhof toegestaan is. Brian Molefe, Anoj Singh, Siyabonga Gama en Thamsanqa Jiyane staan tereg op 18 aanklagte, insluitend korrupsie. Henry Mamothame van die direktoraat sê die saak hou […]
Trump soek sy Big, beautiful bill teen Vrydag - July 1, 2025
Senators voer op die oomblik debat ‘n wetsontwerp van byna 1 000 bladsye wat deurslaggewend sal wees vir president Donald Trump se binnelandse agenda. Die druk is aan omdat Trump wil hê die wetsontwerp, sy Big, beautiful bill, teen Vrydag, 4 Julie, goedgekeur moet word. Die Withuis se perssekretaris Karoline Leavitt sê Republikeine moet saamstaan. […]
Laaste demokratiese party in Hongkong ontbind - July 1, 2025
Die Liga van Sosiaal-Demokrate in Hongkong sê hy sal ontbind te midde van geweldige politieke druk die afgelope vyf jaar. Die stad, wat deur China beheer word, het dus geen formele pro-demokrasie opposisie nie. Die Liga is die derde groot opposisieparty in Hongkong om sy deure binne twee jaar te sluit. Die voorsitter, Chan Po-ying, […]