Sarkozy begin vyfjaar-vonnis - October 21, 2025
Voormalige Franse president Nicolas Sarkozy het vandag by die La Sante-gevangenis in Parys aangekom om ‘n vonnis van vyf jaar te begin vir die sameswering om veldtogfondse uit Libië in te samel. Sarkozy, wat verlede maand skuldig bevind en gevonnis is, sal die eerste voormalige Franse leier word wat sedert die Nazi-simpatiseerder, maarskalk Philippe Pétain, […]
All Blacks is gereed vir jaareind-toer - October 21, 2025
Die voormalige All Blacks-sterspeler Wayne Smith het sy land en afrigter Scott Robertson aangespoor om dapper te wees wanneer hulle mik na ‘n vyfde onoorwonne jaareind-toer. Nieu-Seeland se toer in die noordelike halfrond begin op 1 November teen Ierland in Chicago, Amerika, gevolg deur toetse teen Skotland, Engeland en Wallis. Die Kiwi’s het al vier […]
Venus-impakstudie voltooi, belanghebbendes moet toetree - October 21, 2025
SLR Environmental Consulting het sy konsep-omgewings- en sosiale impakstudie en omgewingsbestuursplan vir die voorgestelde projekontwikkeling van die Venus-olieveld in Blok 2913B in PEL 56 langs die Namibiese suidkus voltooi. TotalEnergies bedryf die blok saam met sy gesamentlike ondernemingsvennote Namcor, QatarEnergy en Impact Oil and Gas. Die projek beoog onder andere die boor van tot 40 […]
Matrieks moet hulle eksamens eerlik hou - October 21, 2025
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta het matrieks gevra om eerlikheid en integriteit te handhaaf tydens die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen wat vandag begin. Makaneta het die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, geprys oor haar leiding met die belofte om etiese gedrag in skole te bevorder. Hy het leerders aangemoedig om gefokus en selfversekerd te bly, sodat […]
VSA hofbeslissing oor Soedan laat aandele van reuse-Franse bank tuimel - October 21, 2025
Aandele in Frankryk se grootste bank, BNP Paribas, het Maandag met soveel as 10 persent gedaal nadat ‘n Amerikaanse hofuitspraak verlede week bevind het dat hy Soedan se regering gehelp het om volksmoord te pleeg. ‘n Federale jurie in New York het Vrydag die bank gelas om byna 21 miljoen Amerikaanse dollar aan drie eisers, […]
Trump stuur top-amptenare na Midde-Ooste - October 21, 2025
Twee van die Verenigde State se topgesante na die Midde-Ooste het Maandag met die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu vergader nadat geweld oor die naweek gedreig het om die breekbare wapenstilstand in Gaza, wat deur die VSA bemiddel is, te vernietig. Die vergadering het plaasgevind nadat Israel die Kerem Shalom-grenspos na Gaza vir hulpversendings heropen […]
Gevalle van M-pokke styg tot 44 - October 21, 2025
Die woordvoerder van die gesondheidsministerie, Walters Kamaya, het bevestig dat daar 44 gevalle van M-pokke in Walvisbaai en Swakopmund bevestig is. Nampa berig van die gevalle is vyf as hoë risiko geklassifiseer, drie as medium risiko en 21 as lae risiko. Vyftien gevalle moet nog geklassifiseer word. Dit kom na die eerste bevestiging van die […]
NAC presteer goed, toon ook wins, brei roetes uit - October 21, 2025
Die Namibiese Lughawensmaatskappy het sy jaarvergadering gehou. Hy sê onder die voorsitterskap van dr. Leake Hangala het die maatskappy vir die vierde agtereenvolgende jaar ‘n ongekwalifiseerde ouditmening ontvang, met inkomste wat met 6 persent gestyg het tot 540 miljoen Namibiese dollar en ‘n wins na belasting van 9,4 miljoen dollar. Hierdie uitkomste is toegeskryf aan […]
Kommer oor koste, impak van SA se energieplan - October 21, 2025
The Green Connection waarsku die regering se fokus op gas- en kernenergie kan die koste van elektrisiteit vir die verbruiker opjaag. Dit volg na die aanbieding van die geïntegreerde hulpbronplan van 2 triljoen Suid-Afrikaanse rand deur die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa. Liz McDaid van die omgewingsgroep sê die plan het nie ‘n […]
Australië en VSA onderteken kritieke minerale ooreenkoms - October 21, 2025
President Donald Trump en die Australiese premier Anthony Albanese het ‘n kritieke mineraal-ooreenkoms onderteken. Dit is daarop gemik om China se pogings vir die verskerping van beheer oor sy wêreldwye voorraad, teen te werk. China beheer tans ongeveer 70-persent van die ontginning van seldsame aardmetale en 90-persent van die verwerking van die materiale. Die ooreenkoms […]