Saai hou boere se uitdagings op die voorgrond - July 1, 2025
Die Suider-Afrikaanse Agri-insiatief, Saai, sê die ware omvang van misdaad op die buurland se plase en in landelike gebiede word heeltemal onderskat omdat baie voorvalle nie by die polisie aangemeld word nie. Saai-woordvoerder, Leon Lourens, sê die statistiek van eksterne rolspelers en die SAPD se datastelsel, onthul dat slegs 50-persent van alle veediefstalle wat aangemeld […]
Meatco vra regsingryping na bees by vermeende dwelmhandelaar se voerkraal verdwyn - July 1, 2025
Korrespondensie deur Meatco se waarnemende uitvoerende hoof Patrick Liebenberg na die uitvoerende direkteur in finansies Michael Humavindu toon dat bees van die maatskappy by die Linden-voerkraal, die van David van der Linden, wat onlangs aangekla is na ‘n daggaplantasie op die grond, Eendrag gevind is, verloor het. Liebenberg sê hulle het ‘n ooreenkoms met Van […]
Ekonome sê onsekerheid, eksplorasie sal prestasie raak - July 1, 2025
Namibië se ekonomie het met net 2,7 persent in die eerste kwartaal gegroei, laer as die 3,6 persent van die vorige kwartaal en die 4,8 persent van die ooreenstemmende drie maande in 2024. Cirrus sê aflandige bedrywighede en politieke onsekerheid gaan ‘n beduidende invloed op die ekonomie in die komende kwartale hê. Kosmos 94.1 Nuus […]
Plaaslike deelname by Venus in die regering se visier - July 1, 2025
Namibië beplan om finansiële aansporings in te stel om TotalEnergies se ontwikkeling van die Venus-olieveld te ondersteun. Kornelia Shilunga, hoof van die Stroomop Petroleumeenheid, sê die regering ondersoek kredietondersteuning en vennootskappe om toegang tot kapitaal vir plaaslike firmas te vergemaklik. Nuwe lisensiëringsrondes kan geloods word om eksplorasie te bevorder, terwyl Namcor kapasiteit bou om plaaslike […]
Man, 92, skuldig aan moord in 1967 gepleeg - July 1, 2025
ʼn Man van 92 is skuldig bevind aan die verkragting en moord op ʼn vrou wat 133 jaar gelede gebore is. Dit is vermoedelik die Verenigde Koninkryk se oudste onopgeloste saak wat in die hof beland. Ryland Headley is skuldig bevind dat hy die 75-jarige Louisa Dunne in Junie 1967 in haar huis vermoor het. […]
Asoli verkiesbaar in vyf dorpe in November - July 1, 2025
Die Vereniging vir Plaaslike Belange, of Asoli, het aangekondig hy gaan die rade van Windhoek, Karibib, Swakopmund, Ongwediva en Otjiwarongo teiken in die streeksraad- en plaaslike owerheidsverkiesings op 26 November. Asoli se president, Joseph Kauandenge, sê in ‘n verklaring die party het verbysterende gegroei in die laaste drie maande gesien, wat alle verwagtinge oortref het. […]
Naiker sê GNU se finansiële stand is kommerwekkend - July 1, 2025
Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is besorg oor Suid-Afrika se verswakkende finansiële gesondheid weens die verkrummelende toestand van munisipaliteite en staatsondernemings. Die vakbond sê die Reserwebank se onlangse Finansiële Stabiliteitsoorsig dui die erns van die situasie aan, met regeringskuld wat tot bykans 80-persent van BBP sal styg, wat ‘n resep vir ‘n ramp is. […]
IDF bom Gaza-restaurant, dood 20 - July 1, 2025
Minstens 20 mense is dood in ‘n Israeliese lugaanval wat ‘n gewilde kafee aan die strand wat gereeld deur aktiviste, joernaliste en plaaslike inwoners in die weste van Gaza gebruik is, getref het. Reddingspanne het 20 liggame en tientalle gewondes ontruim uit Al-Baqa Cafeteria, ‘n buitelug-lokaal wat bestaan uit tente langs die strand, het ‘n […]
Britse polisie open formeel ondersoek na Bob Vylan se Glastonbury-uitlatings - July 1, 2025
Britse polisie het ‘n kriminele ondersoek geopen oor kommentaar van Bob Vylan en Kneecap by die Glastonbury musiekfees. Die BBC het die vertonings regstreeks uitgesaai. Die polisie in Avon en Somerset sê die optredes is as openbare orde-voorvalle aangeteken en die ondersoek kyk na onder andere haatmisdade. Pascal Robinson-Foster, van die punk-kletsrym-duo Bob Vylan, het […]
Indiese leier Modi op pad na Windhoek - June 30, 2025
Indië se premier, Narendra Modi, sal op 9 Julie ‘n staatsbesoek aan Namibië bring. Volgens die presidensie sal president Netumbo Nandi-Ndaitwah Modi ontvang en die besoek het ten doel om nuwe gebiede van verbeterde samewerking te ondersoek. Bilaterale samewerkingsooreenkomste sal geteken word in handel en belegging, die omgewing, onderwys, gesondheid en inligting- en kommunikasietegnologie. Modi […]