Siviele kontrakteurs se vertroue daal steeds - June 30, 2025
‘n Senior ekonoom van FNB, Siphamandla Mkhwanazi, sê die FNB/Buro vir Ekonomiese Navorsing se vertroue-indeks vir siviele kontrakteurs het die derde agtereenvolgende kwartaal gedaal tot die vlak van 41 in die tweede kwartaal van vanjaar, teenoor 45 in die eerste kwartaal. Hy sê dit toon aan dat byna 60-persent van deelnemers ontevrede is met die […]
Ongekende hittegolf teister Europa, VK - June 30, 2025
Frankryk en Europa ervaar tans ‘n ongekende hittegolf en Franse owerhede het ‘n rekordgetal hittewaarskuwings uitgereik. Die BBC berig daar is ‘n oranje waarskuwing, die land se tweede hoogste, uitgereik in sowat 84 uit 96 van die streke in Frankryk. Die minister belas met klimaatsaangeleenthede, Agnès Pannier-Runacher, het dit ‘n “ongekende” situasie genoem. Hittewaarskuwings is […]
Jabeur onttrek in Wimbledon se eerste rondte - June 30, 2025
Tennis: Die tweemalige Wimbledon-finalis, Ons Jabeur was in trane toe sy van haar eerste rondte wedstryd teen Viktoriya Tomova onttrek het. Jabeur van Tunisia was 7-6, 2-0 agter toe sy haar wedstryd teen die Bulgaarse wêreldnommer 111 voortydig beëindig het. Die 30-jarige, wat in die 2022 en 2023 Wimbledon-eindstryde verloor het, het ongemaklik in die […]
Tradisionele leiers besoek SA, verken ontwikkeling - June 30, 2025
Die Namibiese Raad van Tradisionele Leiers het sy driedaagse besoek aan Suid-Afrika afgesluit. Hulle reis was gemik op die verkenning van maniere waarop tradisionele owerhede meer selfstandig kan word. Die sending het geëindig met ‘n besoek aan die Bakgatla-Ba-Kgafela-gemeenskap in Noordwes, waar die afvaardiging na ontwikkelingsinisiatiewe gekyk het wat fokus op die bemagtiging van plaaslike […]
Namibië Ope Jukskeikampioenskap skop af - June 30, 2025
Die Namibië Ope Jukskeikampioenskap het vandag in Swakopund begin en duur tot Donderdag. Altesaam 160 spelers is betrokke, wat insluit 11 spanne van Suid-Afrika asook die Namibiese Privaatskole-organisasie, Napso, se seuns- en meisiespanne. Ná die Namibiese kampioenskap sal die Namibiese en Suid-Afrikaanse toetspanne aangekondig word. Die internasionale toetswedstryde sal Vrydag vanaf 9-uur gespeel word. Namibië […]
Vrae hang weer oor gereedheid vir verkiesings - June 30, 2025
Vrae oor Namibië se gereedheid vir die komende verkiesing vir plaaslike owerhede en streeksrade ontstaan met die Verkiesingskommissie se kalender wat geen melding maak van die nuut afgebakende kiesafdelings nie. Die vertraging in die vrystelling van verlede jaar se verkiesingsverslag en stilte van SAOG-waarnemers dra by tot groeiende kommer. Kosmos 94.1 Nuus het met Frederico […]
Lynministerie ‘sal werk maak van Afrika-handelsooreenkoms’ - June 30, 2025
By die amptelike bekendstelling van Afrika-kontinentale vryhandelsooreenkoms in Walvisbaai het die handelsministerie Namibië se toetrede tot intra-Afrikaanse handel gevier, met die eerste besending wat vanaf die Walvisbaai-hawe sal vertrek. Die geleentheid het regeringsamptenare, handelskundiges en belanghebbendes uit die privaatsektor bymekaargebring. Die minister van handel, Selma Ashipala-Musavyi, het meer.
Jan Taks soek jou opgawe vandag, nie môre - June 30, 2025
Die Namibiese Inkomste-owerheid, NamRA, hou vol dat vandag, 30 Junie, die amptelike sperdatum vir die inhandiging van persoonlike belastingopgawes is. NamRA-woordvoerder Tonateni Shidhudhu sê die datum is wetlik vasgestel en het deurgaans die sluiting van die belastingopgawesperiode gemerk. In reaksie op ‘n groter vraag na inligting en hulp, het die owerheid mobiele dienspunte uitgebrei in […]
Dalai Lama sal opvolgerplan bekendstel, ten spyte van China - June 30, 2025
Die Dalai Lama sal na verwagting opvolgerbesonderhede tydens ’n groot godsdienstige byeenkoms hierdie week in Dharamsala, voor sy 90ste verjaarsdag, bekend maak. Meer as 100 Boeddhiste leiers sal die geleentheid bywoon, waar gebede vir sy lang lewe en die opvolgingsplanne sentrale kwessies wees. China, wat hom as ’n separatis beskou, dring aan dat hý sy […]
Twee agente sal pensioen-gesteunde huislenings administreer - June 30, 2025
Die regeringsinstellings pensioenfonds het First Capital Housing Scheme en Kuleni Financial Services gekies om sy pensioen-gesteunde huisleningskema te administreer. Edwin Tjiramba, die fonds se bestuurder van bemarking en belanghebbende-betrokkenheid, sê die twee agente sal aan boord kom sodra alle vereiste ooreenkomste onderteken is en die goedgekeurde rentekoers, wat teen die repo -koers plus 2,5 persent […]