ActionSA betreur druk oor wantroue-mosie teen Cyril - June 30, 2025

ActionSA sê hy sal nie deur ander partye beïnvloed word om te besluit of hulle ‘n mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa sal steun of nie. Die party is lankal bekommerd oor Ramaphosa se leierskap, maar sal sy eie besluit neem indien so ’n mosie ingedien word. Athol Trollip van ActionSA sê die party […]

Read More

Oplossing vir Gaza-krisis is polities: VN-hoof - June 30, 2025

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres sê die oplossing vir die verskriklike humanitêre krisis in Gaza is in werklikheid polities. Die enigste volhoubare pad om hoop in Gaza te herstel, is deur die weg te baan vir die tweestaatoplossing.

Read More

Azhar Mahmood tussentydse afrigter van Pakistan-toetsspan - June 30, 2025

Krieket: Pakistan het die voormalige veelsydige speler, Azhar Mahmood, aangewys as tussentydse hoofafrigter van die toetsspan. Die 50-jarige is die vierde man om die pos in die laaste 18-maande in te neem en sal tot Januarie aanbly. Mahmood het as ‘n snelbouler en veelsydige speler 143 eendagwedstryde en 21 toetse vir Pakistan gespeel en is […]

Read More

Onderwysministerie erken uitdagings in vroeë-leer - June 30, 2025

Die onderwysministerie het die Namibiese weergawe van die “End of learning poverty for all in Africa” veldtog geloods. Tydens ‘n inligtingsessie by die inligtingministerie het die adjunk-direkteur van onderwys, Edda Bohn, van die uitdagings uiteengesit.

Read More

Kaapstad vra meer aksie teen onwettige skrootmetaal-handel - June 30, 2025

Die Stad Kaapstad sê die onwettige handel in skrootmetaal bly ‘n reuse-uitdaging. Die stad het die nuus verwelkom dat ‘n kabeldief wat twee jaar gelede deur die metro se eenheid teen metaaldiefstal aangekeer is, tot 15 jaar tronkstraf gevonnis is. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê Kaapstad benodig groter ingryping op nasionale […]

Read More

Geen aanvalle, dan praat ons weer: Iran - June 30, 2025

Teheran se adjunkminister van Buitelandse Sake, Majid Takht-Ravanchi, sê Amerika moet enige verdere aanvalle op Iran uitskakel as hy diplomatieke onderhandelings wil hervat. Die Trump-administrasie het vir Iran gesê hy wil weer onderhandel, maar het nie sy posisie oor aanvalle tydens onderhandelings uitgestippel nie. Amerika het verlede naweek regstreeks by die konflik tussen Israel en […]

Read More

Bergrivier-kanomarathon begin dié week - June 30, 2025

Kanovaart: Vanjaar se Bergrivier-marathon gaan volgens aanduidings die beste in jare wees, met twee legendariese roeiers wat die nuwe geslag die stryd aansê. Die verdedigende kampioen en kano-bouer van Knysna, Tom Lovemore, is terug as een van die gunstelinge. Die legendes Hank McGregor en Robbie Herreveld – met ‘n gesamentlike ouderdom van 100 en altesaam […]

Read More

Grenssluiting pas by rypskade aan - June 30, 2025

Die groente-oes vir Julie is geraak deur uitgebreide ryp wat vandeesmaand voorgekom het en dus het die Namibiese Akkerbouraad sy grenssluitings vir Julie aangepas. Volgens die kennisgewing sal die grens slegs vir invoere van ses gewasse gesluit wees. Dit sluit in botterskorsies, kool, uie, pampoene, patats en spinasie. Intussen sal beet, wortels, skorsies, gewaste aartappels, […]

Read More

ANC se jongvroue-kantoor looi regering oor GBV - June 30, 2025

Die ANC se kantoor vir Jong Vroue het die pandemie van geslagsgeweld en vrouemoord in al sy vorme veroordeel. Nkanyezi Thabethe van die ANC het verwys na die onlangse moord op twee graad 12-leerders van die Oos-Kaap. Sy sê die twee meisies is dood ná ‘n onskuldige besluit oor ontspanningsbedrywighede, waarna hul liggame aan die […]

Read More

VN bepleit tweestaatoplossing in Gaza - June 30, 2025

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres sê die oplossing vir die verskriklike humanitêre krisis in Gaza is in werklikheid polities. Die enigste volhoubare pad om hoop in Gaza te herstel, is deur die weg te baan vir die tweestaatoplossing.

Read More