Kwik styg tot 46 in die Suide van Spanje - June 30, 2025
ʼn Groot deel van Europa loop deur onder ʼn hittegolf en owerhede het in talle lande gesondheidswaarskuwings uitgereik. Die suide van Spanje word die ergste geraak en ʼn nuwe rekord van 46 grade Celsius is Saterdag in die dorp, El Granado, aangeteken. Volgens Spanje se nasionale weerdiens is hierdie maand die warmste Junie op rekord. […]
Belastingopgawe moet vandag in wees - June 30, 2025
NamRA herinner belastingbetalers daaraan dat vandag die finale sperdatum is vir die indien van individuele belastingopgawes. Die voorkeur metode is aanlyn deur ITAS maar NamRA-kantore kan ook besoek word. Kosmos 94.1 Nuus het met NamRA-woordvoerder Tonateni Shidhudhu gepraat.
RPO-hoof gesels oor rooivleismarkte - June 30, 2025
Verskuiwings in verbruikersvraag, globale handelsdinamika en produksie-uitdagings hervorm die rooivleismarklandskap. Die voorsitter van die Rooivleis Produsente Organisasie in die buurland, dr. Frikkie Maré brei uit oor die verskeie faktore wat ‘n impak op die rooivleismarkte die afgelope tyd gehad het. Hy verduidelik verder dat daar vanjaar minder verslagtings is met uitvoere wat skerp gestyg het.
Piesang steekproewe vorder - June 30, 2025
Die Akkerbouraad sê Namibië het in die 2022-23 seisoen amper 6 400 ton piesangs ingevoer, ten spyte daarvan dat die land die klimaatpotensiaal het om die vrugte plaaslik te verbou. Die invoere was 57 miljoen Namibiese dollar werd met 99 persent wat vanaf Suid-Afrika ingevoer word. Die raad se markintelligensiestudie beklemtoon die twee Kavango-streke, Zambezi […]
Vryhandelsooreenkoms kan Namibië se potensiaal ontsluit - June 30, 2025
By die amptelike bekendstelling van handel onder die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied vanoggend gehou het Walvisbaai se burgemeester, Trevino Forbes, die belangrikheid van die smee van sterker vennootskappe, die verkenning van nuwe sakegeleenthede en die bydrae tot Namibië se volhoubare ontwikkeling, beklemtoon.
Jurie neem oor in sampioen-moordsaak - June 30, 2025
Die jurie in die hoëprofielmoordsaak van ʼn Australiese vrou wat na bewering ʼn dodelike sampioene-ete vir familielede voorgesit het, het hul afgesonder om oor haar lot te beslis. Die 50-jarige Erin Patterson pleit onskuldig op drie aanklagte van moord en een van poging tot moord nadat sy in Julie 2023 in Victoria ʼn biefstuk-middagete voorberei […]
SWATF-lede wil regering na Den Haag sleep - June 30, 2025
Volgens plaaslike berigte, beplan SWATF-lede om die regering na die Internasionale Geregshof te sleep om amptelike veteraanstatus te verkry. Volgens The Namibian eis die voormalige troepe ook dat die regering die 36 miljoen Namibiese dollar wat blykbaar aan die Swapo-regering tydens onafhanklikheid oorbetaal is vir hulle, uitbetaal word. Die ombudsman Basilius Dyakugha het onlangs gesê […]
DA kan kies om eenheidsregering te verlaat - June 30, 2025
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die DA kan kies om die regering van nasionale eenheid te verlaat. Die DA het vroeër aangekondig hy onttrek hom aan die Nasionale Dialoog en gaan nie vir belangrike besluite rakende die begroting stem nie ná president Cyril Ramaphosa se afdanking van die adjunkminister van Handel, Nywerheid […]
Stede maak wêreld warmer - June 30, 2025
Tot 72-persent van die wêreld se kweekhuisgasvrystellings kom van stede wat deur oorstromings en brande weens klimaatverandering bedreig word. Navorsers aan die Universiteit van Melbourne het 16 prioriteitsoptredes geïdentifiseer wat vrystellings oor die lewensiklus van stedelike ontwikkeling kan verminder. Dit sluit in die vaslegging van beplanning tot konstruksie, die versterking van beleid, die opleiding van […]
Baster- en Nama-kultuur op Rehoboth gevier - June 30, 2025
Rehoboth het die Root 77-markdag aangebied, ‘n geleentheid wat plaaslike entrepreneurskap en die kulturele erfenis van die Nama- en Rehoboth Baster-gemeenskappe vier. Hardap-goewerneur Riaan McNab sê die mark bevorder eenheid, kreatiwiteit en trots deur plaaslike talent en tradisies ten toon te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met McNab gesels.