Vier vroue verskyn vir N$400 000 se diefstal van Chinese baas - June 30, 2025
Vier vroue is op Ondangwa in hegtenis geneem vir beweerde diefstal en bedrog van bykans 400 000 Namibiese dollar van hul Chinese werkgewer. Die vroue, tussen 23 en 30 jaar oud, het na bewering van Januarie 2024 tot vandeesmaand vir hul eie finansiële gewin met kwotasies vir kliënte gepeuter. Die polisie-ondersoek duur voort.
PDM berei voor vir November - June 30, 2025
Die PDM is druk besig met sy voorbereidings vir die komende plaaslike owerheidsverkiesings wat op 26 November plaasvind. Die party is tans besig met die identifisering van kandidate in die verskillende kiesafdeling. Die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, het meer.
Nasionale Dialoog: ANC look DA vir sy onttrekking - June 30, 2025
Die ANC sê hy is steeds verbind tot die sukses van die regering van nasionale eenheid en sal voortgaan om met alle gewillige vennote saam te werk om die waardes van die Grondwet te bevorder. Die DA-leier, John Steenhuisen, het vroeër aangekondig dat die party nie aan die Nasionale Dialoog sal deelneem nie nadat president […]
Britse polisie ondersoek kletsrymer oor ondersteuning vir Palestina - June 30, 2025
Die Britse polisie sê hulle ondersoek opmerkings wat die rap punk-duo Bob Vylan by die Glastonbury-fees gemaak het. Die kletsrymer Bobby Vylan het Saterdag op die fees se derde grootste West Holts-verhoog geskree “Free, free Palestine”, voor hulle die skare voorgegaan het in dreunsang teen die Israelse weermag. Die Israelse Ambassade in die Verenigde Koninkryk […]
Drie Rundu-dorpsraadlede vra vandag vir borg - June 30, 2025
Die Rundu-dorpsraadlede sal vandag in die laerhof op die dorp verskyn in ‘n poging om borg te kry na hulle Vrydag verskyn het op korrupsie-aanklagte. Die drie, Peter Jonah, Peter Shikongo en Frieda Johannes, het volgens die staat, 1 000 Namibiese dollar in omkoopgeld aanvaar om watertoevoer na ‘n huis te herstel. Dit was afgesny […]
Ses dood en 11 beseer op land se paaie die naweek - June 30, 2025
Ses mense is die afgelope naweek dood en elf beseer in motorongelukke op die land se paaie. Drie mense is Saterdag op die B1 suid van Rehoboth dood toe die voertuig waarin hulle van Keetmanshoop na Grootfontein onderweg was, gerol het. Die bestuurder het uitgeswaai vir ‘n tenk wat afgeval het van die voertuig voor […]
Gauteng begin vandag sy e-tolskuld betaal - June 30, 2025
Gauteng se LUR vir Finansies, Lebogang Maile, sê die provinsie betaal vandag 5,76 miljard Suid-Afrikaanse rand aan e-tolskuld en die ondersteuning van SANRAL se snelwegverbeterings. Maile sê dit is deel van Gauteng se Provinsiale Inkomsteverbeteringstrategie en breër infrastruktuurplanne. Hy sê verder werk is aan die gang is om die finansieringsmodel vir fases 2 en 3 […]
Trump sê hy het ‘n koper vir TikTok - June 30, 2025
Amerikaanse president Donald Trump sê hy het ‘n koper vir TikTok. Die Chinese toep moes reeds op 19 Januarie vanjaar in die VSA verbied gewees het maar, Trump het reeds drie keer die sperdatum uitgestel, die jongste, tot September vanjaar. Trump het met Fox News gepraat. Dit kom na wetgewing wat bepaal dat TikTok in […]
Kragopwekking daal met vraag wat klim - June 30, 2025
Namibië het 548,5 miljoen kilowatt-ure elektrisiteit in die eerste kwartaal van 2025 ingevoer, ‘n skerp toename van die 491,7 miljoen wat in dieselfde tydperk verlede jaar aangeteken is, te midde van stygende vraag en ‘n afname in plaaslike opwekking. Dit is volgens data wat deur die Namibiese Statistieke-agentskap vrygestel is. Die syfers toon dat binnelandse […]
Vrystaat-polisie vind R19m se vervalste goedere, in een week - June 30, 2025
Polisie in die Vrystaat het beslag gelê op vervalste goedere ter waarde van meer as 19 miljoen Suid-Afrikaanse rand en ses buitelandse burgers in hegtenis geneem tydens operasies in Bloemfontein die afgelope week. Die Nasionale Eenheid vir Vervalste Goedere het met die ondersteuning van SARS Doeane, meer as 13 000 nagemaakte luukse items gekonfiskeer. Polisiewoordvoerder […]