Idaho-brand gestig om brandbestryders dood te skiet - June 30, 2025
Daar was ‘n skietvoorval in Idaho aangemeld nadat die brandweer gereageer het op ‘n noodoproep by die Canfield-berg in Kootenai County. ‘n Skieter het losgebrand en twee brandweermanne is doodgeskiet met nog een, ernstig beseer. Die sheriff Bob Norris het met die media gepraat en sê hulle glo die brand is doelbewus deur die skieter, […]
PSG verpletter Inter Miami met 4-0 - June 30, 2025
Paris Saint-Germain het Sondag Lionel Messi se Inter Miami met 4-0 verpletter om die Klub-wêreldbeker se kwarteindronde te haal. Afrigter Luis Enrique sê dit was nogal moeilik om Messi en sy span te klop. Die Spanjaard sê sy PSG-span se spelpeil is uitstekend en hulle hoop om in Amerika te seëvier. Inter Miami se afrigter, […]
Jy kan in Augustus nog registreer vir verkiesing - June 30, 2025
Die Verkiesingskommissie van Namibië het sy verkiesingskalender en Raak Betrokke-veldtog bekend gestel vir die plaaslike en streekraadverkiesings op 26 November. Aanvullende kiesersregistrasie vind plaas van 1 tot 14 Augustus vir nuwe kiesers en adresveranderings. Die verkiesingsuitslae word op 30 November verwag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka, die Verkiesingskommissie se woordvoerder, wat […]
FOSA verwelkom DA se onttrekking uit Nasionale Dialoog - June 30, 2025
Die Forum vir Suid-Afrika het die DA se onttrekking aan die Nasionale Dialoog verwelkom en noem dit opportunisties maar noodsaaklik. Die FOSA-woordvoerder, Tebogo Mashilompane, hou vol die dialoog is ‘n verkwistende poging om ministers wat misluk te beskerm. Mashilompane voer aan landsburgers wil optrede sien oor werkgeleenthede, veiligheid en dienste, nie duur besprekings nie. Hy […]
Egipte blyk om koring misoes te ervaar - June 30, 2025
Egipte het begin om sommige plaaslike koringversamelingsentrums vroeg te sluit, wat aandui dat die oes sy einde nader met aankope wat nie aan die regering se teiken voldoen nie. Die tekort kom terwyl Egipte, die wêreld se grootste koringinvoerder, poog om bekostigbare voorrade te verseker vir ‘n uitgebreide gesubsidieerde broodprogram wat byna 70 miljoen mense […]
Bezos-troue bring 68% van Venesië se jaarlikse inkomste in een naweek - June 30, 2025
Jeff Bezos en Lauren Sanchez het hul drie dae lange troue in Venesië die naweek afgesluit met ʼn viering by ʼn ou Middeleeuse skeepswerf, Arsenale. Die Amazon-miljardêr en die voormalige joernalis is in ʼn privaat seremonie op die afgesonderde, geskiedkundige eiland, San Giorgio Maggiore, getroud. Venesië se ministerie van Toerisme het beraam die viering sal […]
Elektroniese ID’s sal lewe vergemaklik - June 30, 2025
Die lynminister, Lucia Iipumbu, sê dat Namibië se komende elektroniese identiteitskaarte landsburgers in staat sal stel om toegang tot noodsaaklike dienste te verkry sonder om die fisiese ID-kopie te toon. Die digitale ID-inisiatief, wat in vennootskap met die VN se ontwikkelingsprogram bekendgestel is, vorm deel van die land se breër strewe na digitale transformasie en […]
Kommunale veesektor kry EU-hupstoot - June 30, 2025
Die Europese Unie het vyf 30-ton-veevragmotors ter waarde van 20,68 miljoen Namibiese dollar aan die ministerie van landbou geskenk om die noordelike gemeenskaplike veewaardeketting te versterk. EU-ambassadeur Ana Beatriz Martins het gesê die vragmotors dui op beter markte, laer vervoerkoste en sterker landelike ekonomieë. Die ministerie se uitvoerende direkteur, Ndiyakupi Nghituwamata, het dit ‘n tydige […]
Man vas vir lewendige ietermagô - June 30, 2025
‘n Man is Saterdag op ‘n plaas in die Otjiwarongo-distrik in hegtenis geneem toe die polisie tydens ‘n soektog na bewering ‘n lewendige ietermagô sonder ‘n permit in sy besit gevind het. Die waarde van die dier is 50 000 Namibiese dollar. Die verdagte verskyn vandag in die landdroshof op Otjiwarongo.
Gaza: IDF verskerp aanvalle, Trump eis skietstilstand - June 30, 2025
Israel het Palestyne beveel om dele van Noord-Gaza te ontruim voor verhoogde militêre optrede, terwyl president Donald Trump druk uitoefen vir ‘n skietstilstandooreenkoms. Mense in woonbuurte reg oor Gaza-stad en Jabalia is aangesê om suidwaarts te beweeg na die kusgebied van al-Mawasi namate Israelse militêre operasies verskerp en weswaarts uitbrei. Volgens Hamas se ministerie van […]