Banyana loongeskil opgelos - June 30, 2025
Die loongeskil tussen die heersende Afrikabeker-kampioene vir vroue, Banyana Banyana, en die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging is opgelos. Banyana het geweier om in Marokko te oefen weens onbetaalde salarisse en kampoefen-geld van SAFA. Die span berei voor vir die toernooi wat op 5 Julie begin. Die SAFA visepresident, Linda Zwane, het na afloop van die vereniging se […]
Boere staan saam oor Stampriet-bekken - June 29, 2025
Boere in die Stampriet-bekken het skriftelike besware teen die hernuwing van omgewingsklaringsertifikate vir eksplorasiebedrywighede deur Headspring Investments ingedien. Die maatskappy se agt lisensies verval in Augustus vanjaar en moet dus hernu word. Headspring se boorpermitte is egter deir die landbouministerie teruggetrek en al word die sertifikate hernu, sal die maatskappy nie sy bedrywighede kan voortsit […]
Kaapse Vlakte ‘n ‘moordveld’, sê polisiebaas - June 29, 2025
Die minister van polisie, Senzo Mchunu, het die jongste massaskietvoorval in Kanana, Gugulethu in Kaapstad veroordeel, waartydens sewe mense dood is. Mchunu het die Kaapse Vlakte as die moordvelde van die Wes-Kaap beskryf. Hy het die polisie aangespoor om roetinemetodes te laat vaar en strategiese planne ten volle te implementeer. Operasie Shanela 2 is nou […]
Hupstoot vir Trump se ‘Big Beautiful Bill’ - June 29, 2025
Die Republikein-beheerde senaat in Amerika het Saterdag gestem om president Donald Trump se wetsontwerp op besteding en belasting, die sogenaamde ‘Big Beautiful Bill’, na die volgende vlak te neem. Dit beteken die wetsontwerp sal waarskynlik binne die komende dae aanvaar word. Die dokument maak voorsiening vir ‘n militêre inspuiting van 150 miljard Amerikaanse dollar. Dit […]
Tennis: Nuwe era vir Wimbledon - June 29, 2025
‘n Nuwe era breek môre op Wimbledon aan wanneer die beroemde grasbaantoernooi die eerste keer in sy geskiedenis van 148 jaar sonder lynregters sal klaarkom. Hulle word vervang deur die elektroniese stelsel wat reeds gebruik word deur twee ander Grand Slam-toernooie, die Amerikaanse en die Australiese Ope. Die toernooidirekteur, Jamie Baker, sê hulle moet Wimbledon se […]
Johann Rupert gesels sake met Erongo - June 29, 2025
Suid-Afrika se rykste man, die miljardêr Johann Rupert, het die naweek ‘n vergadering met Erongo-goewerneur Neville Andre oor beleggingsmoontlikhede in dié streek gehad. Rupert, ‘n geskatte 255 miljard Namibiese dollar werd, is die voorsitter van Richemont en besit luukse-handelsmerke soos Cartier, Van Cleef & Arpels en Montblanc. Rupert se besoek aan Namibië volg kort ná […]
DA-onttrekking ‘politieke teater’, sê GOOD - June 29, 2025
Die GOOD Party het die DA se onttrekking aan die Nasionale Dialoog gekritiseer en noem dit politieke teater gemotiveer deur partybelange. Die sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die DA se optrede ondermyn pogings om Suid-Afrika se werklike uitdagings aan te spreek. Hy sê dialoog in plaas van onttrekkings is nodig vir vordering en beskuldig die DA […]
Venesiërs vlam op oor Bezos-troue - June 29, 2025
Sowat 1 000 inwoners en aktiviste het Saterdag opgeruk in Venesië, waar miljardêr Jeff Bezos en Lauren Sanchez hul peperduur glanstroue gevier het, om teen ongelykheid, stygende lewenskoste en elitisme te betoog. Die historiese stad ly onder groot ekonomiese druk en die bevolking is die afgelope 50 jaar tot net 50 000 inwoners halveer. Die betogers […]
Sokker: Van Nistelrooy vort by Leicester - June 29, 2025
Hoofafrigter Ruud van Nistelrooy het Leicester verlaat slegs tien weke nadat die span uit die Premierliga gerelegeer is. Leicester het in ‘n verklaring gesê dat die klub saam met die Nederlander besluit dat sy kontrak onmiddellik beëindig sal word. Die 48-jarige Van Nistelrooy het in laat-November by die sukkelende Foxes aangesluit na ‘n kort periode […]
Epembe kry 23 nuwe boorgate - June 29, 2025
Vier nuwe boorgate, wat vars water aan duisende mense in 23 nedersettings sal voorsien, is Saterdag deur eerste minister Elijah Ngurare i die Epembe-kiesafdeling in die Noorde oorhandig. Ngurare het ‘n beroep op inwoners, veral die jeug, gedoen om ten volle van dié water gebruik te maak deur groente en vrugte by hul huise te […]