Interpol sê misdaadintelligensie in SA geknou - June 29, 2025
Die Interpol-misdaadambassadeur, Andy Mashaile, sê die inhegtenisneming van die hoof van misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, is rede tot ernstige kommer vir wetstoepassing. Khumalo en ses ander is Donderdag in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en korrupsie. Die Pretoria-landdroshof het borgtog van 10 000 rand aan vyf van die beskuldigdes toegestaan, terwyl een beskuldigde in aanhouding […]
Reuse-kokaïenvrag in Brittanje onderskep - June 29, 2025
‘n Versteekte besending kokaïen ter waarde van byna 100 miljoen Britse pond is by ‘n Britse hawe gekonfiskeer. Die vrag, wat 2,4 ton weeg, is onder houers op ‘n skip gevind wat van Panama in Essex aangekom het. Dit is die sesde grootste vonds in Britse geskiedenis. Kokaïensterftes in Engeland en Wallis het met 31% tussen 2022 […]
Grand Prix: Lando Norris spring vandag voor weg - June 29, 2025
Lando Norris van McLaren spring voor weg in vandag se Oostenrykse Grand Prix, met Charles Leclerc in ‘n Ferrari langs hom. Norris was in die kwalifiserende ronde 0,521 sekondes vinniger. Sy spanmaat en kampioenskapsvoorloper, Oscar Piastri, was 0,062 sekondes stadiger as Leclerc. Lewis Hamilton in die tweede Ferrari spring vierde weg en was 0,090 sekondes […]
Regering soek nuwe plan vir behuisingskrisis - June 29, 2025
Die ministerie van landelike en stedelike ontwikkeling werk saam met die finansministerie om bekostigbare oplossings vir die behuisingskrisis in die land te vind. ‘n Vasgestelde ontwikkelingskoste vir erwe is aan alle plaaslike owerhede voorgestel, sê minister James Sankwasa. Teen dié koste sal dit tussen 2,2 en 2,7 miljard Namibiese dollar kos om 55 000 erwe […]
DA oorweeg mosie van wantroue teen Ramaphosa - June 29, 2025
Die DA sê die party oorweeg ‘n mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa en beskuldig hom dat hy ministers beskerm wat van korrupsie aangekla is. Die DA-leier John Steenhuisen het ook die party se onttrekking aan die Nasionale Dialoog aangekondig en noem dit ‘n verkwistende ANC-verkiesingsfoefie. Dit volg na die afdanking van die voormalige […]
Iran begrawe slagoffers van Israel-aanvalle - June 29, 2025
Groot skares roubeklaers het in Iran se hoofstad Teheran saamgedrom vir die begrafnis Saterdag van top militêre bevelvoerders, kernwetenskaplikes en burgerlikes wat tydens Israeliese aanvalle op Iran dood is. Onder die slagoffers was minstens 16 wetenskaplikes en tien senior bevelvoerders, insluitend die hoof van die weermag, generaal-majoor Mohammad Bagheri, die bevelvoerder van die Rewolusionêre Wag, […]
Tennis: Alcaraz jaag derde Wimbledon-titel - June 29, 2025
Carlos Alcaraz begin môre die verdediging van sy Wimbledon-titel teen Fabio Fognini volgens die loting. Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, kan moontlik in ‘n halfeindstryd teen Novak Djokovic speel. Alcaraz het Djokovic in die laaste twee eindstryde kafgedraf en 18 agtereenvolgende oorwinnings behaal op pad na Wimbledon. Die Spanjaard hoop om slegs die vyfde man te […]
Boskos belangrik vir winter - June 29, 2025
Terwyl die winter sy greep oor Namibië versterk, blyk boskos ‘n noodsaaklike lewenslyn vir baie landelike gemeenskappe te wees. Wilde vrugte, neute, wortels en ander eetbare plante wat uit woude versamel word, help gesinne om hul dieet aan te vul en voedselsekerheid te handhaaf. Hierdie natuurlike hulpbronne is nie net voedsaam nie, maar speel ook […]
Eskom bly braaf in bibberweer - June 29, 2025
Eskom sê die kragnetwerk bly bestendig en veerkragtig ten spyte van verhoogde vraag as gevolg van die koue weer. Voldoende noodreserwes is beskikbaar en word strategies ontplooi gedurende spitstye. Eskom beplan om teen Maandagaand 2 450 megawatt beskikbaar te stel. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokoena, sê dieselverbruik sal afneem namate meer eenhede se langtermyn-herstelwerk voltooi […]
Oekraïne 200 keer per dag aangeval - June 29, 2025
Oekraïne sê die land is die afgelope week gemiddeld 200 keer elke dag deur Rusland aangeval. President Volodymyr Zelensky het Saterdag gesê daar is 695 000 Russiese troepe in die land, met nóg 52 000 wat ‘n nuwe front in die noordooste van Oekraïne probeer skep. Intussen het Oekraïne se Europese bondgenote groter militêre steun beloof. […]