Valke ondersoek toilettender - June 28, 2025
Die magnaat met ANC-bande, Sello Sekhokho het winsgewende tenders ontvang vir die verskaffing van toiletpapier aan staatshospitale. Die tenderpreneur word betrek by die ondersoek na die Tembisa-hospitaal se korrupsieskandaal van 2,3 miljard rand. Volgens News24 het dit hernude kommer oor verkrygingsonreëlmatighede en politieke invloed laat ontstaan. Kritici sê korrupsienetwerke maak steeds wins uit die verskaffing noodsaaklike voorrade […]
Triomf vir Trump in hof - June 28, 2025
Die Amerikaanse president Donald Trump het ‘n groot oorwinning in die land se Hooggeregshof behaal toe die mag van federale regters beperk is om uitvoerende optrede te blokkeer. Die hof sê landswye verbiedings deur distrikshofregters, oorskry die gesag wat die Kongres aan federale howe verleen het. Die hof het nie dadelik uitspraak gelewer oor die […]
Amerika té warm vir sokker - June 28, 2025
Stygende temperature by die huidige Klubwêreldbeker in Amerika het gelei tot kommer oor die vroeë wedstryde in die Wêreldbeker volgende jaar. Die Wêreldbeker is uitgebrei van 32 tot 48 spanne wat logistieke uitdagings vir die organiseerders inhou. Tydens die klubtoernooi hierdie week was wedstryde wat drie-uur in die middag begin het, weens ‘n hittegolf gespeel […]
Hoofstad se paaie eis 20 lewens sover vanjaar - June 28, 2025
Twintig mense is tot dusver vanjaar in padongelukke in die hoofstad dood, hoofsaaklik weens roekelose bestuur, sê die Windhoekse stadspolisie. In totaal was daar 131 tromp-op-botsings, en 335 bestuurders is vir verkeersoortredings beboet. Die stadspolisie het hul kommer uitgespreek oor bestuurders wat toenemend rooi verkeersligte ignoreer.
Vakbond verwelkom ingryping met Ithala Bank - June 28, 2025
Cosatu het die minister van finansies, Enoch Godongwana, geprys vir sy ingryping om die likwidasie van Ithala Bank te stop. Die bank van KwaZulu-Natal sou vroeër sluit nadat dit insolvent verklaar is. Werksgeleenthede was in gevaar en meer as 257 000 kliënte was in die gedrang. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê hulle was teen die sluiting […]
Israeliese soldate skiet glo doelbewus op hulpsoekers - June 28, 2025
Israeliese soldate het doelbewus op ongewapende Palestyne geskiet wat hulp in Gaza soek nadat hulle deur hul bevelvoerders “beveel” is om dit te doen, berig die Israeliese koerant Haaretz. Israel het ‘n ondersoek gelas na moontlike oorlogsmisdade oor die bewerings deur sommige soldate wat Vrydag onthul is, het Haaretz gesê. Die Israelse weermag het dié […]
Moeilike seisoen wag op Springbokke - June 28, 2025
Springbok-afrigter Rassie Erasmus besef hierdie seisoen gaan ‘n moeilike een wees. Dit begin vanmiddag met die wedstryd teen die Barbarians in Kaapstad, gevolg deur minstens nog 13 toetse voor die einde van die jaar. Erasmus sê sy twee hoofdoelwitte is om soveel wedstryde as moontlik te wen voor die loting vir 2027 se Wêreldbekertoernooi in […]
90% van tienjariges ongeletterd - June 28, 2025
Nege uit tien kinders in Namibië voldoen nie aan die minimumvereisters vir geletterdheid wat vir tienjariges gestel word nie. Edda Bohn, adjunk-uitvoerende direkteur van die onderwysministerie, het Vrydag tydens ‘n inligtingsessie gesê die meeste leerders in graad 3 sukkel om te lees en ‘n eenvoudige storie te verstaan. Skaars ‘n derde van leerders beskik oor […]
Polisie-grootkoppe voor hof, maar nie geskors - June 28, 2025
Die polisiewoordvoerder Athlenda Mathe het bevestig dat die misdaadintelligensiehoof, Dumisani Khumalo, en ses ander senior polisie-offisiere wat verlede week in hegtenis geneem is, nog nie geskors is nie. Hulle het Vrydag in die Pretoriase Landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met onwettige senior aanstellings in die diens. Mathe sê polisiekommissaris Fannie Masemola wag op […]
‘Twitter-moordenaar’ in Japan tereggestel - June 28, 2025
Japan het ‘n man wat bekend staan as die “Twitter-moordenaar” tereggestel. Hy is skuldig bevind aan die moord en verminking van agt vroue en een man in die land se eerste teregstelling in byna drie jaar. Takahiro Shiraishi is Vrydag in Tokio opgehang. Die 34-jarige is die doodsvonnis gegee nadat hy skuldig gepleit het. Shiraishi […]