Van Zyl praat oor groter dwelmvondse in die land - October 21, 2025

NamPol het onlangs weer twee groot dwelmbeslagleggings gemaak. Twee mense is in Hentiesbaai gearresteer na groot hoeveelhede dwelms ter waarde van 618 910 Namibiese dollar in hul huis gevind is. Oor die naweek het Ariamsvlei-grensbeamptes dwelms van sowat 3,5 miljoen dollar onder ‘n bruggie naby die grens gevind. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nampol […]

Read More

Agoa ineenstorting raak SME’s die meeste, uitvoere daal met 46% - October 21, 2025

Die Suid-Afrikaanse uitvoere deur klein- en mediumgrootte ondernemings na die VSA het sedert April met 46-persent gedaal. Volgens die verskepingsplatform TUNL se SME-uitvoerindeks volg die daling na die herroeping van die belastingvrye kwytskelding en nuwe wederkerige tariewe van 30-persent met die VSA. Die uitvoerende hoof van TUNL, Craig Lowman, sê die veranderings het klein uitvoerders […]

Read More

Brittanje berei troepe vir Oekraïne-vrede voor - October 21, 2025

Die minister van Verdediging, John Healey, sê Brittanje is gereed om soldate in Oekraïne te ontplooi indien president Donald Trump van Amerika ʼn vredesooreenkoms met Rusland bereik. Trump en die Russiese president, Vladimir Putin, beplan om binne die volgende paar weke in Hongarye te ontmoet om ʼn einde te bring aan die vier jaar lange […]

Read More

Potter in Swede aangestel as hoofbreier - October 21, 2025

Die voormalige afrigter van Chelsea, Graham Potter, is aangestel as afrigter van Swede se nasionale span nadat Jon Dahl Tomasson verlede week afgedank is. Tomasson se kontrak is beëindig nadat sy span slegs ‘n enkele punt kon verdien in die eerste vier Wêreldbeker-kwalifiseerders. Die beheerliggaam sê Potter, wat verlede maand deur die Premierliga-klub West Ham […]

Read More

Skryfboek-bedrogsaak uitgestel tot Maart ‘26  - October 21, 2025

Morne du Plessis sal eers weer op 23 Maart volgende jaar in die hof verskyn in sy bedrogsaak nadat regter Herman January dit uitgestel het oor ander verpligtinge. Du Plessis taan tereg op bedrog van 4,2 miljoen Namibiese dollar na hy ‘n ooreenkoms met Nico Kisting aangegaan het om 1,835 miljoen skryfboeke aan die sentrale […]

Read More

SA se paroolstelsel is gebrekkig  - October 21, 2025

Die UDM-vroueorganisasie sê tot die land se paroolstelsel herbou word op die beginsels van aanspreeklikheid en deursigtigheid, bly dit ʼn gevaar vir die mense wat dit veronderstel is om te beskerm. Die ouditeur-generaal se onlangse bevindings oor swakhede in die Departement van Korrektiewe Dienste ontbloot ernstige en voortslepende leemtes in die land se paroolstelsel. Die […]

Read More

Amazon se wolk is herstel  - October 21, 2025

Die chaos wat wêreldwyd veroorsaak is na Amazon se wolkdienste vir ‘n aantal ure heeltemal onbeskikbaar is, het Maandagaand gedeeltelik voortgeduur. Meer as ‘n duisend maatskappye is geaffekteer, volgens Downdetector, met 6,5 miljoen verslae van gebruikers wat probleme ondervind. Dit sluit in meer as ‘n miljoen verslae in die VSA, 400 000 in Brittanje en […]

Read More

Franse polisie moet woeker om Louvre-diewe vas te trek  - October 21, 2025

Die polisie is in ‘n wedloop teen tyd om goedere te herwin wat tydens ‘n gewaagde rooftog by die wêreldbekende Louvre-museum in Parys gesteel is. ‘n Kuns-speurder het aan Sky News gesê die rooftog is die diefstal van die dekade. Hy sê die polisie moet die skuldiges binne ‘n week vastrek om die kosbare Kroonjuwele […]

Read More

Nuwe stelsel skep vragmotor orde op Walvis  - October 21, 2025

Die Walvis Bay Truck Park and Staging Area het ‘n moderne kaartjie- en skeduleringstelsel bekend gestel wat vragmotortoegang tot die hawe en belangrike logistieke terminale reguleer. Die fasiliteit sal ook veilige parkering, rusareas en noodsaaklike dienste vir bestuurders bied, wat sal help om orde op openbare paaie te herstel en die druk op plaaslike infrastruktuur […]

Read More

Billike toegang tot grond nie die antwoord teen armoede, voedsel nie - October 21, 2025

Reaksie word ontvang op kommentaar deur die LP en voormalige landbouminister, Alpheus !Naruseb, wat op die kantlyn van die 151ste Interparlementêre Unievergadering in Genève, Switserland gesê het dat toegang tot grond die enigste manier is waarop voedselsekerheid bereik kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met die landboukenner Wallie Roux gesels, wat nie met !Naruseb saamstem […]

Read More