Atletiek: Namibië se Martins kry goud by jeugspele - June 28, 2025

Namibië se Ashley Martins het Vrydag goud by die Wêreldjeugspele in Gothenburg in Swede verower toe sy die verspring vir o/14’s met ‘n afstand van 5,41 meter gewen het. Dit is die eerste keer dat Namibië by dié byeenkoms verteenwoordig word. Martins, deel van die Napso Namibië-span, het só uit Swede reageer:

Read More

CoW soek meer voedsame tuine in erwe  - June 28, 2025

Windhoek se burgemeester Ndeshihafela Larandja gaan ‘n tuinbouprogram van stapel stuur om volhoubare tuinmaakpraktyke te bevorder wat onder voedselsekuriteit en voedsaamheid in die hoofstad ‘n hupstoot sal gee. Die Windhoek Grows-veldtog skop in Julie in samewerking met die landbouministerie en die Universiteit van Namibië af. Die munisipaliteit beoog om tussen 200 en 300 inwoners op […]

Read More

DA neem volgende stappe in Whitfield-sage - June 28, 2025

Die DA gaan vandag die volgende stappe in die regering van nasionale eenheid uiteensit met president Cyril Ramaphosa se 48-uur-ultimatum wat tot ‘n einde kom. Dit volg nadat die voormalige adjunkminister van handel, nywerheid en mededinging, Andrew Whitfield afgedank is. Ramaphosa sê hy nie sal nie swig voor dreigemente oor sy mag om ministers aan […]

Read More

Trump dreig Iran met nóg aanvalle  - June 28, 2025

President Donald Trump het Iran se opperleier, Ali Khamenei, skerp gekritiseer. Trump het Vrydag gesê hy laat vaar planne om sanksies teen Iran op te hef en sal dit oorweeg om Iran weer te bombardeer as Teheran uraan tot kommerwekkende vlakke verryk. Trump het gereageer op Khamanei se eerste opmerkings ná die 12-dae lange konflik […]

Read More

Krieket: FNB Eagles wen reeks teen Assam  - June 28, 2025

Die FNB Eagles het Vrydag hul wedstryd teen die Assam Krieketvereniging van Indië met 37 lopies gewen en sodoende die reeks in hul guns beklink. Kaptein Gerhard Erasmus het agt sesse en ses viere geslaan en 109 lopies van 71 balle behaal. Namibië se totaal was 301/5 teenoor Assam se 264/9. Die Eagles gaan Maandagoggend […]

Read More

Copps 94.1-nag eindig met moord in Katutura - June 28, 2025

Die Copps 94.1-span het ‘n besige Vrydagnag beleef, wat met ‘n moord in die hoofstad afgesluit is toe ‘n man na bewering in Katutura doogesteek is. Francois Lottering was op die toneel en doen verslag:

Read More

Golwe van tot ses meter aan SA kus verwag  - June 28, 2025

Die Nasionale Seereddingsinstituut vra kusgemeenskappe en seevaarders om versigtig te wees te midde van rowwe seetoestande en sterk wind wat die suide van die Wes-Kaap die naweek gaan tref. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen golwe van tot ses meter en gevaarlike toestande wat na die Suid-Kaap en Ooskus sal versprei. Die instituut se woordvoerder, Craig […]

Read More

Hof weier uitstel van Netanyahu se korrupsieverhoor  - June 28, 2025

‘n Israelse hof het premier Benjamin Netanyahu se versoek verwerp om sy getuienis in sy korrupsieverhoor uit te stel nadat die Amerikaanse president Donald Trump gevra het dat die saak uitgegooi word. Netanyahu se regsverteenwoordiger het vroeër gevra sy kliënt moet die volgende twee weke verskoon word sodat hy op veiligheidskwessies kan konsentreer na Israel […]

Read More

Rugby: Welwitschias swig voor Italië se aanslag - June 28, 2025

Namibië se Welwitschias het Vrydagmiddag op die Hage Geingob-stadion in Windhoek die onderspit gedelf in hul toets teen Italië met ‘n eindtelling van 73-6. Italië se heelagter, Jacopo Trullo, het drie keer agter die doellyn gaan kuier. Namibië moes ook twee strafdrieë aan hul opponente afstaan. Die Welwitschias se punte was danksy die skopskoen van […]

Read More

Monitor jeugfonds, veral teen korrupsie: Nanso - June 27, 2025

Die kabinet het die raamwerk vir ‘n jeugfonds om entrepreneurskap te ondersteun, aanvaar. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry by Dorothea Nangolo, die president van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, wat sê die fonds moet gemonitor word vir deeglike implementering en teen korrupsie.

Read More