Cyril verwerp DA se ultimatum oor Whitfield-afdanking - June 27, 2025
President Cyril Ramaphosa sê hy sal nie swig voor dreigemente of ultimatums oor sy grondwetlike magte om lede van die uitvoerende gesag aan te stel of te verwyder nie. Dit volg nadat Andrew Whitfield van die DA verwyder is as adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging omdat hy sonder presidensiële goedkeuring na die VSA gereis […]
Rwanda, DRK teken vredesverdrag in Washington - June 27, 2025
Die ministers van Buitelandse Sake van Rwanda en die Demokratiese Republiek die Kongo gaan na verwagting vandag ‘n geskiedkundige vredesverdrag in Washington onderteken in die teenwoordigheid van hulle Amerikaanse ampsgenoot, Marco Rubio. Die ooreenkoms, wat deur Katar en Amerika bemiddel is, sluit gesamentlike veiligheidskoördinering, die ontwapening van gewapende groepe en vlugtelinge se terugkeer in. Tegniese […]
Vinicius Junior skitter vir Real Madrid by Klub-Wêreldbekertoernooi - June 27, 2025
Sokker: Vinicius Junior het ‘n sprankelvertoning gelewer met ‘n doel en ‘n bystand-doel toe Real Madrid sy plek in die laaste 16 van die Klub-Wêreldbekertoernooi beklink het met ‘n oorwinning van 3-0 oor Salzburg. Gonzalo Garcia het die oorwinning laat in die wedstryd verseker met sy tweede doel van die toernooi. Dit beteken Xabi Alonso […]
Rhino Mama-projek boer vooruit, het oorvloed voer - June 27, 2025
Dinge loop baie goed by die Rhino Mama-projek en dit is die eerste keer in baie jare dat hulle glad nie hoef te voer nie. Jaco Muller van die projek sê dit sal eers weer in Oktober nodig wees om voer te voorsien. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Welwitschias buig die knie teen sterk Italië - June 27, 2025
Die Welwitschias het 6-73 teen ‘n sterk Italiaanse span verloor in hul toets op die Hage Geingob-stadion in Windhoek. Die Welwitschias het 6 punte met die skoen aangeteken, terwyl hulle twee strafdrieë aan Italië afgestaan het. Die rustydtelling was 6 – 40. In ander rugbynuus is die Namibië Skolesport Unie se Onder-13-span op pad na […]
Verdedigingminister het self nog nie August 26-ouditverslag gesien - June 27, 2025
PDM-leier McHenry Venaani het tydens die vraag-en-antwoord sessie na president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsrede na haar aangekondigde stryd teen korrupsie verwys. Hy wou weet wanneer die verslag oor die oudit van August 26 Holding Company se boeke vrygestel gaan word. Die vraag was aan eerste minister Eljiah Ngurare gerig, wat dit na verdedigingminister Frans Kapofi […]
Swartbooi se tirade was ‘om PDM relevant te hou’ - June 27, 2025
Die LPM-leier Bernadus Swartbooi het onlangs in ‘n persverklaring uitgevaar teen Swapo. Hy het dit veral gehad oor stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa en ook verwys na gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao se herkoms. Die Swapo-jeugliga het gesê die LPM moet om verskoning vra en die verklaring oor Luvindao terugtrek want dit is xenofobies. Die […]
So kan boere foutiewe brandmerk-deregistrasie regstel - June 27, 2025
Sedert Julie 2023 werk die direktoraat veeartsenydienste en die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad daaraan om produsente-inligting in NamLITS op te dateer weens baie onaktiewe veebrandmerke Die finale sperdatum vir verifikasie was 25 April vanjaar en ongeverifieerde brandmerke word nou gedeaktiveer maar daar is blykbaar foutiewe deregistrasies. Die raad se Viktor Klazen het produsente aangemoedig om […]
Wees bly, brandstofpryse sou normaalweg styg - June 27, 2025
Die energie-ministerie het uitgebreide redes verskaf vir die besluit om die brandstofpryse onveranderd te laat, en natuurlik het alles te doen met internasionale onstuimigheid. Die olieprys ry wipplank tesame met geopolitieke bewegings, en alles bly onvoorspelbaar. Daar was groot onderverhalings van meer as 50 sent per liter petrol en beide tipes diesel, wat normaalweg sou […]
Dienste by Stad Windhoek volgende week onderbreek - June 27, 2025
Die Stad Windhoek se finansiële jaareinde is volgende week 30 Junie. Die stad maan inwoners dat van hulle dienste nie beskikbaar sal wees nie, soos die kontantsaal. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Stad, Lydia Amutenya, gepraat.