Watermafia bekommer SA Menseregtekommissie - June 27, 2025

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het ‘n beleidsverklaring uitgereik wat dringende optrede eis teen georganiseerde sindikate wat waterinfrastruktuur saboteer. Die dokument beskryf wetlike en beleidsinstrumente om die groeiende gevaar van die watermafia te beveg. Die kommissie vra vir die klassifisering van waterverwante misdade as nasionale prioriteitsmisdade, strenger polisie-optrede, vervolgings, en beskerming van noodsaaklike infrastruktuur. Hy waarsku dat […]

Read More

Indië verwerp VN-rol in ondersoek na Air India-ongeluk - June 27, 2025

Indië het die betrokkenheid van ‘n Verenigde Nasies-lugvaartondersoeker by die ondersoek na die dodelike Air India-ongeluk in Ahmedabad geweier. Twee-honderd-en-sewentig mense is in die ongeluk dood. Die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie het waarnemerstatus vir een van sy deskundiges versoek, maar die Indiese owerhede het dit van die hand gewys. Indië se Ondersoekburo vir Vliegtuigongelukke lei die ondersoek […]

Read More

IOK gaan verkiesings van gasheerstede hersien - June 27, 2025

Olimpiese Spele: Die Internasionale Olimpiese Komitee het besluit om die proses vir die verkiesing van toekomstige gasheerstede vir die Somer- en Winterspele te onderbreek. Dit volg na ‘n tweedaagse uitvoerende raadsvergadering in Lausanne, Switserland. Die president van die IOK, Kirsty Coventry, sê hulle sal ‘n werksgroep stig wat sal kyk na die bod-proses en die […]

Read More

Hoër-onderwys geleenthede op skou by Nust - June 27, 2025

Die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie bied môre die Europese Unie Hoër Onderwys-skou aan. Die geleentheid is ontwerp om inligting te verskaf oor ‘n wye verskeidenheid voorgraadse, nagraadse en doktorale-studiegeleenthede. Dit het ook ten doel om breër ondersoek na internasionale studie- en uitruilgeleenthede te inspireer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Cindy Van Wyk, […]

Read More

SA steun ook minerale-veredeling tuis in Afrika - June 27, 2025

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Afrika moet ophou om net onverwerkte grondstowwe te verskaf. Lamola het tydens die derde G20 vergadering van Sherpa-afgevaardigdes gevra vir ‘n kritieke mineraalraamwerk om veredeling, nywerheidsgroei en werkskepping te bevorder. Lamola moedig ook samewerking aan tussen die Globale Noorde en Suide vir billike ontwikkeling. Hy […]

Read More

Werkers wêreldwyd meer entoesiasties oor KI - June 27, 2025

‘n Nuwe verslag deur die Boston Consulting Group onthul dat 52-persent van werkers wêreldwyd optimisties is oor Kunsmatige Intelligensie en generatiewe Kunsmatige Intelligensie, teenoor 35-persent in 2018. KI word grootliks aanvaar met 72-persent van die 10 600 respondente in 11 lande wat dit gereeld gebruik. Die aanvaarding deur leiers het egter op 51-persent vasgehak. Volgens […]

Read More

Siya beseer, Jesse Kriel lei Bokke teen Barbarians - June 27, 2025

Rugby: Springbokafrigter Rassie Erasmus moes noodgedwonge ‘n laat verandering aan sy span aanbring vir môre se wedstryd teen die Barbarians in Kaapstad. Kaptein Siya Kolisi moes onttrek weens ‘n ligte besering en Jesse Kriel sal die span aanvoer. Erasmus het Marco van Staden in Kolisi se plek in die opdrafspan gekies, en hy sal saam […]

Read More

Omaheke se boeke is ‘n gemors - June 27, 2025

Die ouditeur-generaal se kantoor is onbeïndruk met die Omaheke-streeksraad se boekhouding. In die jongste ouditverslag, vir die 2021-22 boekjaar sê Junias Kandjeke dormante bankrekenings, onbekende finansiële state, ontbrekende verkrygingsdokumente en ‘n onbetroubare waardasierol sowel as vermiste ondersteunende dokument deel vorm van die raad se bestuur. Besteding in 2021 het die raad se begroting met 85 […]

Read More

Johannesburgers het groot kommer oor lugbesoedeling - June 27, 2025

Altesaam 92-persent van Johannesburg se inwoners het kommer uitgespreek oor lugbesoedeling en 78-persent glo dit beïnvloed hul gesondheid negatief. Dis volgens nuwe inligting van die metro se Departement van Omgewings- en Infratruktuur-dienste, in samewerking met Breath Cities en die Clean Air Fund. Die metrowoordvoerder, Virgil James, sê al die deelnemers het fossielbrandstofverbruik, vrylating van voertuiggasse […]

Read More

Wêreldbank, IAEA werk saam vir veilige, vreedsame kerngebruik - June 27, 2025

Die Wêreldbank-groep en die Internasionale Atoomenergie-agentskap het ʼn ooreenkoms onderteken om saam te werk om die veilige, seker en verantwoordelike gebruik van kernenergie in ontwikkelende lande te ondersteun. Tans bedryf 31 lande kernkragaanlegte wat sowat nege-persent van die wêreld se elektrisiteit opwek, wat neerkom op byna ʼn kwart van die wêreld se laekoolstofkrag. Die Wêreldbank […]

Read More