Hamas sukkel, ondersteuning daal - June 27, 2025
Hamas, sonder bevelvoerders, sonder ‘n groot deel van sy tonnelnetwerk en onseker oor die steun van sy bondgenoot Iran, sukkel om in Gaza te oorleef te midde van rebelse milisiegroepe en meedoënlose Israeliese militêre druk. Reuters berig die groep sukkel om beheer te hou en om dinge te vererger, ondersteun Israel rebelle in Gaza. Die […]
Deel jou liefde vir Wagter en Wollie - June 27, 2025
Gondwana Collection, saam met PSG Wealth het ‘n veldtog oor Wagter en Wollie geloods. Die projek, I love my dog, het ten doel om dierewelsyn plaaslik te ondersteun en die rol van die hond as die mens se beste vriend ten toon te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met Christopher Freygang van PSG Wealth gesels. […]
IMF ‘skaar’ homby Cirrus kritiek van werkloosheidsyfer - June 27, 2025
Die Internasionale Monetêre Fonds het melding gemaak van Cirrus se ontleding rakende die werkloosheidsyfers soos vervat in die jongste sensus. Die Statistieke-agentskap het mense wat nie aktief werk soek nie, uitgelaat en gekom op ‘n werkloosheidsyfer van 36,9 persent wat veroorsaak het dat Cirrus kapsie gemaak het. Die IMF stem saam en sê die wat […]
Gratis tersiêre onderwys bied gulde geleentheid aan regering - June 27, 2025
Reaksie word steeds ontvang oor die nasionale taakmag oor gratis onderwys in tersiêre instellings. Sommige ontleders waarsku dat gratis hoër onderwys moeilik haalbaar sal wees, want die geld moet iewers vandaan kom. Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, sê die land se minerale kan daarvoor betaal. Die arbeidskenner Herbert Jauch is meer positief.
Banke eis N$68,5m in mosiehof - June 27, 2025
Regters Hannelie Prinsloo en Esi Schimming Chase het vanoggend 90 aansoeke vir verstekvonnissie in die mosiehof hanteer met ses op die reël 108-rol. Kommersiële banke het 42 van die aansoeke gebring met 22 eiendomme en 20 lenings wat opgeëis is. Die totale skuldlas op eiendomslenings staan op 56,6 miljoen Namibiese dollar en 11,9 miljoen dollar […]
Perdesiekte is steeds teenwoordig, ten spyte van koue - June 27, 2025
Daar is onlangs weer berig dat Afrika-perdesiekte weer voorgekom het met vrektes, ten spyte van verwagtinge dat die koue wintertoestande in Junie die verspreiding aansienlik sou verminder. Hoewel daar ‘n merkbare afname in gevalle was as gevolg van die laer temperature, bly die voortgesette teenwoordigheid van die siekte ‘n bron van kommer. Kosmos 94.1 Nuus […]
Brandstofprys onveranderd, ten spyte van onderverhalings - June 27, 2025
Ten spyte van onderverhalings het die energie-ministerie die brandstofprys onveranderd vir Julie gelaat. Luidens die aankondiging is 53 sent onderverhaal per liter petrol, amper 60 persent per liter 50ppm diesel en amper 54 sent per liter 10ppm. Die Nasionale Energiefonds sal die onderverhalings absorbeer en dra. Anna Salkeus, woordvoerder van die lynministerie, het meer.
DA is boos vir Ramaphosa, gee 48-uur spertyd - June 27, 2025
Die leier van die DA, John Steenhuisen, het president Cyril Ramaphosa 48 uur gegee om ANC ministers en adjunkministers wat by staatskaping-korrupsie betrek is, af te dank. Die volg na die skielike afdanking van die adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Andrew Whitfield. Steenhuisen sê Whitfield is die onregverdig laat gaan oor ‘n geringe reiskwessie, […]
Meer as 666 miljoen sonder elektrisiteit, wêreldwyd - June 27, 2025
Die 2025 Tracking Social Development Goal 7-verslag toon daar is bykans 92-persent van die wêreld se bevolking met toegang tot elektrisiteit, maar 666-miljoen mense worstel steeds daarsonder. Die verslag het ook onthul dat alhoewel daar vordering was, is die huidige tempo te stadig om teen 2030 wêreldwye toegang te bereik. Befondsingstekorte en streeksverskille, veral in […]
Engeland vat Duitsland aan in Onder-21 Europese Kampioenskap - June 27, 2025
Die verdedigende kampioen, Engeland, kom Saterdag in Bratislawa, Slowakye, teen Duitsland te staan in vanjaar se eindstryd van die Onder-21 Europese Kampioenskap. Die Jong Leeus het Nederland in die halfeindstryd 2-1 geklop danksy Harvey Elliott van Liverpool se twee doele om hul tweede agtereenvolgende eindstryd te haal. Duitsland het Frankryk 3-0 afgeransel. Albei lande het […]