83% noodsaaklike medisyne is nou beskikbaar - June 27, 2025
Die beskikbaarheid van noodsaaklike medisyne by openbare gesondheidsfasiliteite regoor Namibië het 83 persent bereik. Die lynministerie se uitvoerende direkteur Penda Ithindi sê dit is as gevolg van ‘n kombinasie van verkrygingsstrategieë, die bekendstelling van langtermynvoorsienings kontrakte, en versnelde verkryging vir prioriteitsmedisyne. ‘n Voorraadvlak van 70 persent is by die sentrale stoor gehandhaaf maar sê verdere […]
Groot ontwikkelingsplanne vir Lüderitz - June 27, 2025
Die Lüderitz-dorpsraad het 91 miljoen Namibiese dollar ontvang van die Nasionale Beplanningskommissie vir die dorp se transformasie. Volgens die burgermeester, Phil Balhao kan dit tussen tien en 15 jaar neem om te voltooi. Daar is verskeie projekte soos Balhao verduidelik.
Zuma nader die hof vir ANC-lidmaatskap - June 27, 2025
Die MK-party se president, Jacob Zuma, het ʼn aansoek by die hoërhof ingedien teen die ANC en sy president, Cyril Ramaphosa. Hy wil hê die hof moet die ANC se besluit omkeer om sy lidmaatskap na 65 jaar te beëindig, wat hy onwettig noem. Zuma is verlede jaar uit die party geskop oor sy rol […]
Kanada neem stappe teen afhanklikheid op VSA - June 27, 2025
Die Kanadese Parlement het die One Canadian Economy Act goedgekeur wat beoog om handelsgrense te verwyder, nasiebouprojekte te bevorder en ekonomiese groei te laat opvlam. Die wetgewing word gesien as ‘n manier om die tariewe van die Amerikaanse president, Donald Trump, teen te staan. Trump het die tariewe op Kanadese staal, aluminium en sy motorsektor […]
BBP-syfers vir eerste kwartaal bekend - June 27, 2025
Die Namibië Statistieke-agentskap het die BBP vir die eerste kwartaal van die jaar vrygestel. Die gesondheidsektor het in die hersieningstydperk die hoogste groeikoers van 11,4 persent aangeteken, gevolg deur groothandel- en kleinhandel teen 6,5 persent en finansiële dienste-aktiwiteite teen 6 persent. Die werklike toegevoegde waarde van landbou en bosbou, visvang en visverwerking aan boord, en […]
SA LP’s beboet omdat hulle nie ledebelange verklaar nie - June 27, 2025
Die Nasionale Vergadering het die verslag van die Gesamentlike Komitee oor Etiek en Ledebelange oor die nie-openbaarmaking van ledebelange vir 2024 aanvaar. Die komitee het bevind dat agt lede van die Parlement die Kode van Etiese Gedrag en Openbaarmaking van Ledebelange oortree het. Dit is omdat hulle nie hul finansiële en ander registreerbare belange teen […]
Kenia-minister sê betogings was poging tot staatsgreep - June 27, 2025
Kenia se minister van binnelandse sake, Kipchumba Murkomen, het betogers beskuldig dat hulle probeer het om die regering omver te werp tydens ‘n dag van dodelike demonstrasies Woensdag wat verlede jaar se opstand herdenk het. Murkomen sê dat ten minste 10 mense dood is in die onrus, toe jeuggeleide demonstrasies gevolg is deur plundering en […]
IOK stel werksgroep aan vir vroue-atlete - June 27, 2025
Die president van Internasionale Olimpiese Komitee, Kirsty Coventry, sê daar is oorweldigende steun onder lede om die vrouekategorie in sport te beskerm. Dit volg na die omstredenheid oor die 2024-bokstoernooi by die Parys-spele waar twee atlete, Imane Khelif en Lin Yu-Ting, goue medaljes gewen het. Dit ten spyte daarvan dat hulle die vorige jaar by […]
Brit wat blykbaar San-kinders betas, vra vandag vir borg - June 27, 2025
Die Britse toeris wat na bewering San-kinders by die Grashoek Lewende-museum by Tsumkwe betas en naak afgeneem het, se borgaansoek is verlede week Vrydag in die Grootfontein landdroshof uitgestel tot vandag. Die 65-jarige Douglas Robert Brooks staar 38 aanklagte in die gesig, onder meer van verkragting en kinderhandel. Brooks is in Mei gearresteer nadat hy […]
Motsoaledi waarsku oor waninligting rakende Covid-entstof - June 27, 2025
Die buurland se gesondheidsminister, Aaron Motsoaledi, het ‘n wydverspreide veldtog met waninligting oor Covid-19-entstowwe veroordeel. Die veldtog beweer entstowwe is skadelik en betrek verkeerdelik wetenskaplikes, soos professor Salim Abdool Karim. Motsoaledi waarsku sekere mense bevorder vals hartmedikasie om geld te maak en stel lewens in gevaar. Die woordvoerder, Foster Mohale, vra die publiek om saam […]