EU skep tribunaal om Russiese leiers te teiken - June 27, 2025
Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het ʼn ooreenkoms met die Europese Raad onderteken om ʼn spesiale tribunaal saam te stel. Die tribunaal sal senior Russiese leiers teiken vir die misdaad van aggressie, wat die grondslag is vir tallose oorlogsmisdade waarvan Oekraïne Russiese magte beskuldig sedert die begin van die oorlog in Februarie 2022. Zelensky sê […]
Japan stel Twitter-moordenaar tereg - June 27, 2025
Japan het vandag ‘n man tereggestel wat nege mense vermoor het nadat hy hulle op sosiale media gekontak het, die eerste gebruik van die doodstraf in die land sedert 2022. Takahiro Shiraishi is ter dood veroordeel vir sy verwurging en verminking van agt vroue en een man in 2017 in sy woonstel naby Tokio. Hy […]
Namibië sal sukkel met daling in kommoditeite - June 27, 2025
Die Wêreldbank voorspel dat wêreldwye kommoditeitspryse vir die res van die jaar sal aanhou daal. Volgens die Wêreldbank se ekonomiese vooruitsigte word voorspel dat kommoditeitspryse met 12 persent in 2025, en met 5 persent in 2026 sal daal. Kosmos 94.1 Nuus het met Theo Klein van Oxford Economics gepraat wat ‘n oorsig van die impak […]
Steenhuisen boos oor Whitfield se afdanking - June 27, 2025
Die DA sê president Cyril Ramaphosa bedreig die stabiliteit van die koalisie nadat Andrew Whitfield van die DA as adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging afgedank het. Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê die afdanking was polities gemotiveerd en demonstreer dubbele standaarde, met sekere ANC ministers wat steeds in hul poste is ten […]
WGO het mediese besending in Gaza afgelewer - June 27, 2025
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy kon sy eerste mediese besending in byna vier maande in Gaza aflewer. Nege vragmotors met noodsaaklike mediese voorraad het Woensdag die gebied vanuit Kerem Shalom in suidelike Israel binnegegaan. Dit volg terwyl Gaza se gesondheidstelsel byna ineengestort het. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê hulle doen ʼn beroep dat […]
Ronaldo hernu Al Nassr kontrak - June 27, 2025
Christiano Ronaldo het na maande se bespiegeling sy kontrak met die Saoedi-Arabiese klub Al Nassr met twee jaar verleng. Die Portugese superster het in 2023 in die koninkryk aangekom om vir die klub te begin speel, wat gelei het tot ’n toestroming van spelers na die olieryke land. Ronaldo was die Pro-liga se voorste doelskieter […]
VN herdenk 80 te midde van reuse-uitdagings - June 27, 2025
Die Verenigde Nasies is 80. Die Handves van die Verenigde Nasies, die grondslagverdrag van die VN, is op 26 Junie 1945 in San Francisco onderteken en het in werking getree op 24 Oktober 1945. Dit het ontstaan uit die nasleep van die Tweede Wêreldoorlog, met die doel om toekomstige globale konflikte te voorkom en internasionale […]
Olie: Deursigtigheid in welvaartsfonds nou kritiek vir Namibië - June 27, 2025
Namibië se olie-ontdekkings bied groot belofte, maar ook risiko. Sonder sterk instellings kan hulpbronrykdom tot onstabiliteit lei. Noorweë het daarin geslaag om stelsels voor ontginning te bou, vroegtydig te bespaar en deursigtigheid te verseker. Die werklike prys is nie die olie nie, maar die toekoms wat Namibië daarmee kan bou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat […]
Thieme gee opdatering van omskakeling van PnP tot Model - June 27, 2025
Die Ohlthaver & List Groep sal op 1 Julie sy nuwe kleinhandelsmerk Model loods, wat die einde van sy 27-jarige franchise-ooreenkoms met Pick n Pay Suid-Afrika sal merk. Die 19 Pick n Pay-winkels in Namibië sal geleidelik na die Model-handelsmerk omgeskakel word. Die Auas Valley-winkel in Windhoek sal die eerste wees wat omvattende opknapping sal […]
So lyk die stand van geloof in Namibië - June 27, 2025
In die jongste peiling het die makelaarsfirma Cirrus ‘n ontleding gedoen van die vlakke van gelowigheid onder Namibiërs in 2024. Erongo het die hoogste vlakke gehad met 77 persent van respondente wat gereeld aan gelowige praktyke deelneem met 16 persent wat in iets glo maar nie aktief is nie. ‘n Verstommende 50 persent van Karas-inwoners […]