Al die rykes is in Venesië vir Jeff Bezos se troue - June 27, 2025
Die wêreld se rykes en beroemdes het in Venesië aangekom vir die driedaagse troue van Amazon-miljardêr Jeff Bezos en sy bruid, Lauren Sánchez, te midde van betogings daaroor in die stad. Donald Trump se dogter, Ivanka, was een van die eerste van die sowat 200 gaste wat opgedaag het, asook Kim en Khloé Kardashian, Oprah […]
Twee maande, dwelms van N$6,4m - June 27, 2025
Die Namibiese Polisie het in Maart en April alleen dwelms ter waarde van meer as 6,4 miljoen Namibiese dollar gekonfiskeer en 363 verdagtes in hegtenis geneem, waarvan 343 Namibiërs was. Die mag sê hulle is bekommerd oor misdaad in die samelewing wat sosiale en ekonomiese afwykings veroorsaak, waarvan dwelmverwante misdade ‘n groot deel uitmaak. Dagga […]
Onaanvaarbaar dat R5m op 11 geskorste polisie bestee is - June 27, 2025
Build One South Africa sê dis onaanvaarbaar dat meer as 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee is aan die salarisse van elf polisielede wat met volle salaris geskors is. Dit sluit in ‘n luitenant-generaal wat sedert Julie 2022 by die huis sit. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê die polisieminister, Senzo Mchunu, het op ‘n parlementêre […]
Iran sê VSA-aanvalle het misluk, Hegseth teiken die media - June 27, 2025
Iran se opperleier, Ajatollah Ali Khamenei, het in sy eerste openbare toespraak sedert ‘n wapenstilstand met Israel ooreengekom is, daarop aangedring dat die VSA geen prestasies behaal het met sy aanvalle op Iran se kernfasiliteite nie. Hy sê die aanvalle het nie niks belangriks bereik om sy land se kernprogram te ontwrig nie. Dit was […]
Chinese donkiemark bedreig Afrikane wat op diere staatmaak - June 27, 2025
Die Britse liefdadigheidsorganisasie The Donkey Sanctuary sê amper 6 miljoen donkies word jaarliks geslag vir Chinese medisyne, met ernstige gevolge vir dorpsbewoners in Afrika wat op die diere staatmaak. Die behoefte word aangevuur deur die verhoging in China se vervaardiging van ‘n gesondheidsaanvulling wat kollageen uit donkievelle bevat. China se donkie-bevolking het van 11-miljoen in […]
Ingenieursraad van Namibië is ontslaan: Nekundi - June 26, 2025
Vervoerminister Veikko Nekundi het die onmiddellike ontslag van die Ingenieursraad van Namibië in die Nasionale Vergadering aangekondig. Die raad is die statutêre en regulerende liggaam vir die ingenieursberoep in die land. Nekundi sê dat die lede sedert hul aanstelling talle uitdagings in die gesig gestaar en onderpresteer het, vandaar die besluit om hulle van hul pligte […]
Cyril dank DA se Whitfield af, Steenhuisen briesend - June 26, 2025
DA-leier John Steenhuisen het president Cyril Ramaphosa gekritiseer omdat hy Andrew Whitfield van die party as adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging afgedank het. Hy voer aan Whitfield is verwyder omdat hy sy werk goed gedoen het. Steenhuisen het tydens die aanvaarding van die Wet op die Verdeling van Inkomste in die Parlement gesê die […]
Verdedigingministers van Iran, Rusland vergader in China - June 26, 2025
China was vandag gasheer vir ʼn vergadering van die verdedigingministers van Iran en Rusland in Qingdao, teen die agtergrond van oorlog in die Midde-Ooste en ʼn spitsberaad van Navo-lande wat ingestem het om militêre besteding te verhoog. Beijing probeer al jare om die 10-lid Sjanghai-samewerkingsorganisasie as ʼn teenwig tot magsblokke wat deur Westerse lande gelei […]
O’Mahony lei Barbarians teen die Bokke - June 26, 2025
Rugby: Die Ierse legende Peter O’Mahony is Saterdag die Barbarians se kaptein in sy laaste wedstryd wanneer hulle die Springbokke in Kaapstad pak. Die ander twee losvoorspelers is die gewese All Black-kaptein, Sam Cane, en Shannon Frizell. Ruben van Heerden van die Stormers en David Ribbans van Engeland is die slotte en Tawera Kerr-Barlow en […]
Onwettige kragverbindings, kerse vuur hut-brande aan - June 26, 2025
Die Stad Windhoek het 42 brande en vier sterftes in informele nedersettings tussen Januarie en Junie aangeteken. Die meeste voorvalle het in Tobias Hainyeko, Moses Garoeb en Samora Machel plaasgevind. Die meeste brande, 14, was in Januarie, terwyl 18 brande en vier sterftes in die afgelope drie maande aangemeld is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels […]