Laai jou batterye, radio-beheerde motor-renne is terug! - June 26, 2025

Dis motorsport van ‘n ander aard die naweek by Tony Rust-renbaan wanneer radio-beheerde karretjies die baan aandurf. Die sport was vir ‘n wyle dormant maar het nou weer lewe gekry. Francois Lottering van Motor Media Namibia het al die inligting.

Read More

Inligtingminister wil nie vrae oor Starlink in NV beantwoord nie - June 26, 2025

Inligtingminister Emma Theofelus het in die Nasionale Vergadering gepraat oor die posisie van Starlink, na die PDM-president McHenry Venaani vroeër vrae daaroor gerig het. Starlink is in November verlede jaar beveel om sy internet-dienste in Namibië te staak omdat dit nie plaaslik gelisensieer is nie. Die maatskappy het toe aansoek gedoen vir ‘n lisensie, wat […]

Read More

Finansiële aansporings beplan om olieveld-ontwikkeling aan te help - June 26, 2025

Die regering beplan om finansiële aansporings in te stel om TotalEnergies se ontwikkeling van die Venus-olieveld te ondersteun. Planne is steeds dat Namibië binne die volgende vyf jaar ‘n olieprodusent word. Kornelia Shilunga, spesiale adviseur en hoof van die stroomop petroleumeenheid in die presidensie, het aan Bloomberg gesê die regering erken die kompleksiteite en hoë […]

Read More

Minder belasting goed vir beleggings, maar meer kan gedoen word - June 26, 2025

Beleggings in Namibië het spesiale aandag gekry by die onlangse VSA-Afrika Sakeberaad in Luanda. President Netumbo Nandi Ndaitwah het by ‘n sessie met die titel “Belê in Namibië”, die vermindering in korporatiewe belasting aangekondig. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Danny Meyer van SME Compete wat sê dis ‘n goeie strategie, maar moet met […]

Read More

Skoolsluiting, ministerie se stilte bekommer Lüderitz-burgemeester - June 26, 2025

Die burgemeester van Lüderitz, Phil Balhao, spreek in ‘n brief kommer uit oor die sluiting van die Bedrock Montessori-skool in die dorp deur die onderwysministerie. Hy sê talle pogings om adjunk-lynminister Dino Balotti en die ministerie te kontak is met stilte begroet, en die gebrek aan terugvoer is onrusbarend. Dit is veral omdat eksamens om […]

Read More

InnoSun gaan skoon energie-projekte uitbrei - June 26, 2025

Een van Namibië se baanbrekers in hernubare energie, InnoSun Energy Holding, sê hulle mik daarna om die nasionale teiken van 70-persent hernubare energie-opwekking teen 2030 te oorskry. Die maatskappy is bekend vir sy vroeë aanvaarding van skoon energie-oplossings. Nangula Geingos van Innosun sê hulle beplan om sonkrag- en windkragprojekte uit te brei ter ondersteuning van […]

Read More

ANC het Vryheidsmanifes verraai: Giwusa - June 26, 2025

Die vakbond Giwusa sê die ANC het meer as 70 jaar lank die revolusionêre aspek van die Vryheidsmanifes verraai. Vandag is die 70ste herdenking van die Vryheidsmanifes wat in 1955 in Kliptown, Soweto, aanvaar is. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê die ANC het dit verraai deur die sosialistiese betekenis te ontken en neo-liberalisme saam […]

Read More

Hegseth gaan nuwe inligting gee oor aanvalle op Iran - June 26, 2025

Die Amerikaanse minister van Verdediging, Pete Hegseth, gaan vandag op ‘n nuuskonferensie nuwe inligting verskaf oor die uitwerking van aanvalle op Iranse kernaanlegte. Dit volg ná ‘n hewige geskil oor hoe groot die terugslag was ná die Amerikaanse bombardering van Teheran se kernprogram. Amerika het drie belangrike Iranse kernaanlegte aangeval ná Israelse aanvalle op kern- […]

Read More

Britse en Ierse Leeus-span verander drasties - June 26, 2025

Rugby: Dan Sheehan van Ierland sal die Britse en Ierse Leeus aanvoer in sy eerste wedstryd vir die span wanneer hulle Saterdag teen Western Force speel in Perth, Australië. Die afrigter, Andy Farrell, het 13 veranderings aangebring aan die span wat verlede week in Dublin teen Argentinië verloor het. Garry Ringrose, James Lowe, Joe McCarthy […]

Read More

Groot brand by Khorixas geblus - June 26, 2025

Die Khorixas-brand is suksesvol geblus en is nou onder beheer, wat broodnodige verligting aan inwoners bring na dae van onsekerheid. Brandbestrydingspanne, ondersteun deur plaaslike vrywilligers en streeksowerhede, het onvermoeid gewerk. Geen beserings is aangemeld nie, en skadebepalings is nou aan die gang. Kosmos 94.1 Nuus het met Johnson Ndokosho, die direkteur van bosbou gepraat.

Read More